311
nasionale kwessies
Die jeug
Kyk die hoofstukke oor ”Landbou-onderwys en -opleiding”, en oor “Beroepe en
indiensneming in landbou”.
Die besprekingsdokument, Putting Young Africans to Work: Addressing
Africa’s youth unemployment crisis (September 2011 ) maak gebruik van ’n
reeks dialoë wat in Mei 2011 met die regerings van Zambië, Mosambiek
en Swaziland gehou is. Hierdie dialoë is saamgestel deur die Brenthurst
Foundation en het bestaan uit vooraanstaande kundiges van die Verenigde
State, Costa Rica, Argentinië, die Ivoorkus en Suid-Afrika almal wat tot
die volume bygedra het. Met hul diverse agtergronde in regering, sake,
implementering van beleid en akademie in Afrika, bring elke kundige ’n
unieke perspektief wat betrekking het op die kwellende aangeleentheid van
werkloosheid onder die jeug. Kry dit op www.polity.org.za.
Vind die International Youth Foundation se webtuiste by www.iyfnet.org.
1. Oorsig
3. Plaaslike sakeomgewing
Werkloosheid en ’n gebrek aan opvoeding onder die jeug is ’n bedreiging vir
die ontwikkeling van die land en ’n verkwisting van geleenthede. Uitdagings
waarvoor die jeug te staan kom, kan binne die bestek van tien tot twintig
jaar nasionale krisisse word. Terwyl die jeug aan die een kant die bedreiging
van sosiale oproer verteenwoordig, is dit tog ook waar dat hulle aan die
ander kant die geleentheid vir blywende verandering en transformasie
verteenwoordig.
Die potensiaal vir nuwe sieninge en benaderings tot ou probleme op ’n
manier wat nie deur ons huidige stelsels en instellings bereik kan word nie,
is in die jeug opgesluit. Hulle het die geleentheid om sistemiese foute in ons
wêreld permanent uit te wis, iets wat op geen wyse deur sosiale manipulasie
teweeggebring kan word nie. Die inherente gewilligheid van die jeug om
nuwe oplossings te probeer en eeue oue probleme in die oog te kyk, kan
gekanaliseer word na hoogs kreatiewe ontwikkelings in enige samelewing
wat bereid is om op die jeug te fokus.
Suid-Afrika gaan in die volgende vier dekades ’n opbloei in die
jeugbevolkingskromme beleef. Dit word ’n demografiese dividend genoem,
aangesien dit die grootte van die werkende bevolking verhoog en ’n
geleentheid bied om ekonomiese groei en innovasie uit te bou. Ná die
styging in die getalle van die jeug sal Suid-Afrika weer met ander uitdagings
te kampe hê en sal die land hopelik op daardie stadium genoeg krag opgebou
het om ’n groter deel van die ekonomie na tegnologie en kennis-intensiewe
aktiwiteite oor te beweeg.
Bron: Michael Stuart, medeskrywer van die National BEE Handbook
2. Internasionale sakeomgewing
Vind uit oor die VN se programme on Youth op www.un.org/youth
Afrikane tussen die ouderdomme 15 en 24 maak tans 60% uit van die
kontinent se werkloses – 22 miljoen van die 40 miljoen werklose jeug het
die soektog na werk laat vaar.
Die 2012 African Economic Outlook-verslag, wat aantekeninge oor 53
lande bevat, spoor Afrika-regerings aan om programme en aansporings
na te volg wat sal help met werkskepping en die verkryging van nuwe
vaardighede onder jong Afrikane. Daar word gesê dat die getal jong
Afrikane teen 1945 gaan verdubbel van 200 miljoen tot 400 miljoen.
Die 293-bladsy studie is gesamentlik opgestel deur die African
Development Bank (AfDB), die OECD Development Centre, die United
Nations Economic Commission for Africa (UNEA) en die UN Development
programme (UNDP).
Bron: die artikel “Africa needs programmes to boost youth employment – study” by
www.engineeringnews.co.za
Kry die International Labour Organisation se nuutste Global Employment Trends
for Youth verslag op www.ilo.org of www.polity.org.za. ILO raam dat tussen
80 tot 100 miljoen jeug wêreldwyd werkloos is. Die verslag identifiseer
korttermyn probleme soos sosiale risiko’s wat met werkloosheid en
onaktiwiteit oor ’n lang tydperk geassosieer word, en ook moontlike
langtermyngevolge met betrekking tot toekomstige lone en wantroue in die
politieke en ekonomiese stelsel.
Werkloosheid en die jeug
Om die globale gemiddelde arbeidsdeelnamekoers van 56 persent te kan
bereik, moet Suid-Afrika 18- miljoen mense aanstel – vyf miljoen meer as
tans. Werkloosheid onder die werkende ouderdom jeug van 25 jaar is die
mees dreigende vraagstuk – 50% van hulle is werkloos.
Dit is ’n uitdaging om werk te skep vir die bevolking wat ons nou het, en nie
vir diegene wat ons hopelik eendag gaan hê wanneer die onderwysstelsel in
groot mate verbeter is nie. Dit beteken dat daar op laeloon-aanvangsposte
en strategieë gekon sentreer moet word, en nie slegs op formele, hoër
betaalde indiensneming nie, ten einde vir die jeug en die ongeskooldes
toegang tot werk te verleen.
Wanneer mense vanaf ’n vroeë ouderdom reeds werkloos was, dra hulle
dikwels vir die res van hul lewe die letsels daarvan. Jongmense wat vir lang
tye by die arbeidsmag uitgesluit word, word van indiensopleiding ontneem,
wat veroorsaak dat hulle permanent met ’n gebrek aan vaardighede sit.
Aan die ander kant is jongmense vinnige leerders. Vaardighede wat hulle
as jongmense verwerf het, word diep by hulle ingewortel. Al kan ons nie
vir almal werk kry nie – en kom ons wees eerlik, ons kan nie – moet ons
nietemin op die jeug fokus.
Bronne: SAnews 23 Februarie 2012; uittreksels uit ’n dokument van die Centre
for Enterprise Development, onder die titel 5-Million Jobs, wat by www.cde.org.za
beskikbaar is.
’n Landbougeleentheid?
Die gemiddelde boer – en plaaswerker – is ouer as tevore en jongmense
kies ander loopbaanmoontlikhede bo landbou. Redes wat hieraan toegeskryf
word wissel van persepsies dat dit nie ’n aantreklike bedryf is nie, dat mens
werk hard vir lae opbrengste en dat die vergelykende sakeklimaat en
toekoms beter is elders .
Roelof Bezuidenhout, ’n boer in die Oos-Kaap het gewaarsku dat
veroudering in alle sektore van die landbou niks goed voorspel vir die
regering se planne vir landelike ontwikkeling nie – om nie eens te praat
van die land se voedselsekerheid nie. As dit jare neem vir ’n nuweling om
ondervinding op te bou en bedrewe te raak, moet ons onself afgevra van
waar die nuwe generasie van boere sal kom en hoe goed hulle sal wees.
Miskien is die hoë werkloosheidskoers onder die jeug ’n geleentheid vir
landbou.
Afrika maak swaar staat op landbou vir sy BBP (die gemiddeld is 35%). Dit
feit dat Afrika-staatshoofde die Maputo-verklaring onderteken het – waar
hulle hulself daartoe verbind het om 10% van hul jaarlikse begrotings in
landbou ontwikkeling en navorsing te belê, maak sin. Baie min het egter
hierdie mylpaal bereik.
Die privaatsektor sal verseker die leiding neem met belegging in landbou.
Bemagtigende beleid, markte wat goed funksioneer en ondersteuning
aan kommersiële en kleinskaalse boere sal sukses aanmoedig – asook
werkskepping. En hoe meer die jeug ’n florerende landbousektor sien hoe
aantrekliker sal dit vir hulle raak.
Nasionale Landbou-jeugskou
Die toekoms van die landbou lê by die jeug se ingesteldheid oor die landbou.
Die Agricultural Youth Society is ’n organisasie sonder winsoogmerk wat