301
Party internasionale rolspelers
• www.afdb.org – die African Development Bank (AFDB) het die
befondsing van projekte in Suid-Afrika goedgekeur. Die Eskom-lening
is die grootste wat nog deur die AFDB goedgekeur is.
• Clean Energy Insight (CEI), proponent van kernenergie in NoordAmerika – www.cleanenergyinsight.org
• Vind die mees onlangse World Energy Outlook verslag by www.eia.gov,
webwerf van die VSA se Energy Information Administration (EIA).
• Energy Watch Group – www.energywatchgroup.org
• European Nuclear Education Network (ENEN) – www.enen-assoc.
org
• International Atomic Energy Agency – www.iaea.org
• International Energy Agency – www.iea.org
• International Institute for Energy Conservation (IIEC) – www.iiec.org
• World Energy Council – www.worldenergy.org
• World Nuclear Association – http://world-nuclear.org
Die volgende is sommige van die rolspelers in die voorsiening van elektrisiteit
in sub-Sahara Afrika:
• Empresa National de Electricidade (Angola) – www.ene.co.ao
• Botswana Power Cooperation – www.bpc.bw
• Societe National d’Electricite (Demokratiese Republiek van die Kongo)
– www.snel.cd
• Electricity Supply Commission of Malawi (ESCOM) – www.escom.mw
• Electricidade de Mozambique, Hydro Cahora Bassa en Mozambique
Transmission Company (Mozambique) – www.edm.co.mz and www.
motraco.co.mz
• Copperbelt Energy Corporation en Zambia Electricity Supply
Corporation Limited
• NamPower (Namibië) – www.nampower.com.na
• Swaziland Electricity Company – www.sec.co.sz
• Tanzania Electric Supply Company Limited – www.tanesco.co.tz
• Zimbabwe Electricity Supply Authority (ZESA) – www.zesa.co.zw
– wat gaan verander na die National Grid Service Company (NGSC)
• Eskom (South Africa) – www.eskom.co.za
• Ethiopian Electric Power Corporation – www.eepco.gov.et
• Kenya Electricity Generating Company (Kengen) – www.kengen.co.ke
• Kenya Power – www.kplc.co.ke
• Power Holding Company of Nigeria – www.phcnonline.com
• Electricity Company of Ghana – www.ecgonline.info
12. Publikasies en webtuistes
• Besoek die webwerwe wat vroeër in die hoofstuk gelys is.
• www.esi-africa.com – die “online power journal of Africa”
• Teken in op die daaglikse Energy Insight eNewsletter van www.
engineeringnews.co.za.
• Die publikasie, Saving Electricity in a Hurry, aangevra deur die
International Energy Agency (IEA), is ’n kort gevallestudie wat lig werp
op die lesse wat geleer kan word van onlangse elektrisiteitstekorte in
Chile, Japan, Nieeu-Seeland, Suid-Afrika en die Verenigde State. Kry
dit by www.iea.org.
• Vind die Energy Access Situation of Developing Countries verslag van
die Verenigde Nasies Ontwikkelingsprogram en die Wêreldgesondh
eidsorganisasie by www.polity.org.za. Vind ook die verskeie verslae
en dokumente oor energie bv. Mozambique’s gas holds promise for
SA’s energy security, Stable policy implementation needed to encourage
renewable energy investment.en Nuclear Energy: The light and dark sides
• www.openinnovation.eskom.co.za – Eskom’s Open Innovation
Platform: Ons roep alle innoveerders en probleemoplossers!
• www.greenpeace.org/africa/en/, NGO Greenpeace Africa het sy
verslag The advanced energy [R]evolution – a sustainable energy outlook
for South Africa bekendgestel in Mei 2011. Dit bevorder die saak vir
’n kernenergie-vrye elektrisiteitsmengsel en ’n groot hernubare
opgradering waarin 140 000 werksgeleenthede geskep sal word.
• Energy and Capital – www.energyandcapital.com
• Vind die artikel Study: Solar power is cheaper than nuclear by http://
theenergycollective.com
• Die prysetiket vir ses nuwe kernreaktors beoog in Suid-Afrika se energiepadkaart kan strek van ’n beskeie R322 miljard tot ’n verbysterende
R1,4 triljoen. Vind die artikel “South Africa’s nightmare nuclear bill” by
www.mg.co.za waarin drie kenners hulle eie berekeninge maak.
• Vind die besprekingsdokument How Policy Changes Affect Shareholder
Wealth: The Case of the Fukushima Daiichi Nuclear Disaster by http://
elpub.bib.uni-wuppertal.de/ (Bergische Universität Wuppertal).
• Vind die energie kieslysopsie by www.africa-adapt.net (klik op “Explore
themes”).
nasionale kwessies
Grondhervorming
Verskeie hoofstukke hou met hierdie een verband, byvoorbeeld “Ondersteuning
aan opkomende boere”, “Die belangrikheid van landelike ontwikkeling”,
“Swart ekonomiese bemagtiging” en “Finansieringsdienste vir ontwikkeling”
1. Oorsig
Eiendomsregte en sekuriteit van eiendomsreg skep ’n sin van sekerheid
en bestendigheid wat belangrik vir mense, hulle beskawings en ekonomieë
is. Dit is waar ongeag of u ’n plaasbewoner, plaaseienaar of ’n persoon is
wat geld in ’n onderneming wil belê. Hoe kan ons dus grondhervorming
bespoedig terwyl ons werkskeppingsteikens vir landbou bereik en steeds
voedselsekuriteit en beleggersvertroue behou?
Die blaam vir die stadige pas van grondhervorming wat ervaar word, kan
drieledig uitgedeel word:
• die amptenary betrokke en personeeltekorte wat aanleiding gee tot ’n
gebrek aan regeringskapasiteit om die proses uit te voer
• beperkte fondse en betreklik beskeie begrotings om beskikbare grond
te koop
• die gewillige-koper-gewillige-verkoper-beginsel wat blykbaar die
grondmark verdraai aangesien die prys styg sodra die staat die mark
betree
Dit is al een honderd jaar sedert 1913 toe die Swart Grondwet aangeneem
is. Dit is ’n nasionale prioriteit om die nalatenskap van koloniale en apartheid
se ongelyke grondverdeling ongedaan te maak en die voortgesette
produktiewe gebruik van landbougrond wat in swart besit oorgeplaas is,
te verseker.
2. Die drie grondhervormingsprogramme
Die drie omvattende en verreikende grondhervormingsprogramme is:
• Grondherstel (grondrestitusie)
• Grondherverdeling
• Eiendomsreghervorming
Grondherstel
Die parlement het die Wet op die Herstel van Grondregte 22 van 1994 in
werking gestel om persone te vergoed vir grond of om die regte op grond
wat hulle verloor het weens die sosiaal diskriminerende wetgewing wat op
19 Junie 1913 goedgekeur is, te herstel.
Grondherstel kan beteken dat dieselfde grond teruggegee word, of dat
alternatiewe grond of finansiële vergoeding aangebied word of dat daar ander
vorme van vergoeding beskikbaar gestel word. Die manier van grondherstel
hang van die omstandighede van elke eis af. Alternatiewe vergoeding is van
toepassing indien die eiser dit verkies of as dit nie meer moontlik is om die
oorspronklike grond terug te gee nie. Die eisers is altyd betrokke by die
onderhandeling van ’n skikkingsooreenkoms. Individue, gemeenskappe en
hulle naasbestaandes wat grondregte weens diskriminerende wetgewing en
praktyke op of na 19 Junie 1913 verloor het, kwalifiseer vir grondherstel.
Voorbeelde van wette wat op grond van ras diskrimineer het, is die
Swart Grondwet van 1913, die Swart Administrasiewet van 1927, die
Ontwikkelingstrust en Grondwet van 1936, die Wet op Grondbesit van Asiate
van 1946, die Groepsgebiedewet van 1950 en 1966, die Wet op Landelike
Kleurlinggebiede van 1963 en die Wet op Gemeenskapsontwikkeling van
1966.
Grondherverdeling
Die doel van die herverdelingsprogram is om toegang tot grond aan armes
vir behuising of produksie te voorsien om sodoende hulle lewensbestaan
te verbeter.