302
Grondhervorming kan nie tot voordeel van die land wees as armes,
sonder bystand, grond op die oop mark moet koop nie. Die regering help
behoeftiges dus om grond te koop en te ontwikkel, en voorsien ook die
nodige dienste aan hulle.
vervang sal word met die bepalings van artikel 25 om grondhervorming te bespoedig.
Die Kabinet het aan die einde van 2012 die vestiging van die Kantoor van die
Grondwaardeerder-generaal goedgekeur. Dit sal onder andere daarvoor verantwoordelik
wees om te besluit oor ’n billike prys is vir die grond wat vir herverdeling bestem is.
Die regering erken die noodsaaklikheid daarvan om openbare vertroue
in die grondmark te handhaaf terwyl die herverdeling geskied. Die
herverdelingsprogram het tot dusver hoofsaaklik transaksies tussen
vrywillige kopers en verkopers behels.
Die derde prioriteit van die Mediumtermyn Strategiese Raamwerk
(Medium Term Strategic Framework – MTSF) is, “Omvattende landelike
ontwikkelingstrategie wat verband hou met grond- en landbouhervorming
en voedselsekerheid”.
Persone wat vir die grondherverdelingsprogram kwalifiseer, sluit die
volgende in:
Die Groenskrif oor Grondhervorming is ’n voorstel oor hoe om
grondhervorming te verbeter (kry dit by www.ruraldevelopment.gov.za).
Dit bestaan uit ses werkstrome: 3-vlak grondbesitstelsel; Kantoor van die
Waardeerder-Generaal; Grondreg Beheerraad (Land Rights Management
Board); Grondbeheerkommissie; gemeenskaplike eiendomsreg; en
wysigings aan wetgewing. Die Nasionale Verwysingsgroep (NAREG) is in die
lewe geroep om met die regering gesprek te voer oor die inhoud van die
Groenskrif oor Grondhervorming. Kry bygewerkte inligting by www.agbiz.
co.za. Daar word verwag dat ten minste drie wette hierdie samesprekings sal
volg: ’n Wetsontwerp op Grondbeskerming wat die Grondbeheerkommissie
in werking sal laat tree, ’n Waardeerder-Generaalwetsontwerp asook die
reeds gepubliseerde Wetsontwerp op Sekerheid van Grondbesit.
• huurarbeiders
• vroue
• plaaswerkers
• opkomende boere
• stedelike en landelike armes
wat nie grond besit nie
Die herverdelingsprogram bestaan uit die volgende komponente of
subprogramme:
• Landbou-ontwikkeling – om grond vir landboudoeleindes aan mense
beskikbaar te stel
• Vestiging – om grond vir vestigingsdoeleindes aan mense te voorsien
• Nie-landboukundige ondernemings – om grond vir ondernemings,
soos byvoorbeeld ekotoerismeprojekte, aan mense te voorsien
Eiendomsreghervorming
Eiendomsreg op grond beskryf die wyse waarop mense grond bewoon of
besit. In Suid-Afrika is geregistreerde eienaarskap ’n meer gewaarborgde
manier van grondbesit as ander vorme daarvan. Apartheidswetgewing het
dit onmoontlik vir swart mense gemaak om geregistreerde eienaarskap of
enige ander regte tot grondbesit in enige dele van die land te bekom. Dit het
’n ernstige tekort aan grond vir swartmense geskep en baie mense het huise
opgerig in gebiede waar hulle geen wettige regte gehad het nie.
Eiendomsreghervorming moet:
• die probleme van onsekerheid, ongelykheid en wetteloosheid oplos
• ontwikkelingsknelpunte oplos
• eiendomsreggeskille, oorvleuelende regte en teenstrydige eise oplos
• groepsregte en individuele regte in balans bring
• aan alle reghebbendes, kragtens gemeenskaplike eiendomsregstelsels,
insluitend vroue, gelyke verteenwoordiging in besluitnemingsprosesse
gee
• ’n doeltreffende administrasiestelsel in werking stel om individuele en
gemeenskaplike grondregte te ondersteun
• voorsien in die daarstel van regstoepassingsagentskappe wat tydens
grondregdispute tussenbeide tree om ruimte te laat vir buigsaamheid,
verandering en wysiging
Fundamentele beginsels van eiendomsreghervorming
Die eiendomsklousule in die Grondwet is ook van toepassing op
eiendomsreghervorming. Dit bepaal: ’n Persoon of gemeenskap, wie se
besitreg van grond regsonseker is as gevolg van wette of praktyke van die
verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, is geregtig, in die mate
wat deur ’n parlementêre wet bepaal word, op óf besitreg wat regseker is,
óf gelykwaardige vergoeding.
Wie kwalifiseer vir eiendomsreghervorming?
Alle persone wat grond besit, maar die vorm van grondbesit bied nie aan
hulle dieselfde vlak van regsekerheid as dié van geregistreerde eienaarskap
nie, en dit sluit in die besonder die volgende persone in:
• plaaswerkers
• huurarbeiders
• mense wat in informele nedersettings woon
Verdere inligting hieroor is by http://lruraldevelopment.gov.za beskikbaar.
3. Nasionale strategie en regeringskontakte
Artikel 25 van die Suid-Afrikaanse Grondwet maak voorsiening vir die onteiening van
grond “vir ’n openbare doel of in openbare belang” en is “onderworpe aan vergoeding”.
Daar word verwag dat die gewillige-koper-gewillige-verkoper-benadering in 2013
Departement van
Landelike Ontwikkeling en
Grondhervorming (DLOGH)
Tel: 012 312 8911
www.ruraldevelopment.gov.za
Hoofgrondeisekommissaris
Tel. 012 312 9244
Die pos- en fisiese adresse van al
die kantore – nasionaal, provinsiaal
en distrik – is beskikbaar by www.
ruraldevelopment.gov.za.
Kontakbesonderhede vir DLOGH
provinsiale kommunikasiebeamptes
en streeksgrondeisekommissarisse
kan ook hier gekry word.
Departement van Landbou,
Bosbou en Visserye (DLBV)
Direktoraat: Smallholder
Development
Tel: 012 319 8495/6
www.daff.gov.za
Die oorhoofse doel van hierdie
direktoraat is om ondersteuning
aan boere te verskaf deur gron
dhervormingsprogramme
met
die doel om lewensvatbare en
volhoubare
landboukundige
ondernemings te ontwikkel. Kry
kontakbesonderhede vir, en inligting
oor, ander DLBV direktorate by
www.daff.gov.za.
Nasionale
Beplanningskommissie (NBK)
www.npconline.co.za
Grondprogramme
Een van die hoofdoelwitte van die grondhervormingsprogram deur die
herkapitalisering en ontwikkelingsprogram (RECAP) -inisiatief is
om landbouproduksie te verhoog, voedselsekuriteit te verseker, werk
te skep en kleinboere in kommersiële boere in die landbousektor te
omskep. Die DLOGH het homself verbind om meer as een duisend
onbewoonde en onproduktiewe plase te herkapitaliseer. Om die sukses
van hierdie projek te verseker, het die departement strategiese vennote
gekies wat tans self boere is, koöperasies wat voorheen wit boere
bygestaan het of kommoditeitsorganisasies wat ’n gevestigde belang in
die projekte het omdat die volhoubaarheid van hulle ondernemings van
landbou-opbrengs afhang. Hierdie strategiese vennote kom met hulle eie
hulpbronne en verseker begrip by die waardeketting of met die koop van
produkte by die boere.
Kry die toepaslike vorms en meer inligting by www.ruraldevelopment.
gov.za – neem die “Programmes” en “Land reform” opsies.
Die doel van Grondverkryging vir Volhoubare Nedersetting (Land
Acquisition for Sustainable Settlement – LASS) -program is tweeledig:
• Dorspgrond vir landbou-ontwikkeling: munisipaliteite word in staat
gestel om grond te verkry om dorpsgrond uit te brei of te skep, en om
skemas wat die produktiewe gebruik van die grondhulpbronne behels,
daar te stel.
• Stedelike nedersettings: munisipaliteite word in staat gestel om grond
vir residensiële ontwikkeling te verkry binne grense en voorwaardes
soos deur die DLOGH vasgestel.
Die toelae vir LASS kan aan munisipaliteite wat ’n dringende behoefte vir
grond vir nedersettingsdoeleindes het, beskikbaar gestel word. Munisipaliteite