Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 301

299 8. Aardgas Suid-Afrika voer ’n aansienlike hoeveelheid gas van Mosambiek af in en planne is onderweg om ’n gasaangedrewe kragsentrale met ’n kapasiteit van 140 MW te bou deur ’n gesamentlike onderneming tussen Sasol en Mosambiek se plaaslike kragvoorsiener. Groot hoeveelhede gasreserwes is ontdek naby die kuste van Tanzanië, Mosambiek en Namibië. Suid-Afrika het die geleentheid om gas by sy bure te koop, wat ook streeksamewerking en handel sal stimuleer terwyl dit die elektrisiteitsprobleem sal oplos. Belanghebbendes (sien opskrif 10) • South African Pipeline Gas Association (Sapga) • Sasol, wat sy (gas-tot-vloeistof) tegnologie wil uitbrei 9. Skaliegas Besoek www.treasurethekaroo.co.za Die US Energy Information Administration bereken dat daar omtrent 485 triljoen kubieke voet se skaliegas reserwes in die suidelike Karoo is. Deur tussen 4% (20 triljoen kubieke voet) en 10% (20 triljoen kubieke voet) van die beraamde skaliegas-hulpbronne te ontgin sal dit ’n ekonomiese impak van R80 – R200 miljard per jaar op Suid-Afrika se bruto binnelandse produk hê volgens Econometrix, die navorsingsverskaffer van ’n verslag aangevra deur Shell. Die gemiddelde omset sal tussen R35 – R90 miljard per jaar wees, en die proses sal 300 000 tot 700 000 nuwe werksgeleenthede oor die volgende 25 jaar skep, lui die verslag. Skaliegas-ontginning in die Karoo het, tot dusver, sterk opposisie teëgekom as gevolg van die brekingtegniek (fracking) wat gebruik word om die gas te ontgin. Breking, of hidroliese breking behels die inspuit van miljoene liters water, chemikalieë en sand in die Aarde in om holtes natuurlike gas te bevry. Die punte van teenkanting sluit in dat dis omgewingsimpak wat breking inhou word glad nie genoem nie. Indien akwifers in hierdie land besoedel word maak dit nie saak hoeveel geld jy daarvoor kry nie, jy kan dit nie regmaak nie. Dit is fisies onmoontlik om dit te verwyder, skoon te maak en dit terug te sit. Suid-Afrika is ’n droë land, en teen 2025 sal ons nie genoeg water hê nie. Belanghebbendes (sien opskrif 10) • Africa Earth Observatory Network (AEON) • Shell South Africa • Treasure the Karoo Action Group (TKAG) • Universiteit van die Vrystaat • Bundu Oil & Gas • Falcon Oil & Gas • Daar is ook belangstelling van ander olie-en gasmaatskappye soos Sasol, Sungu Sungu, Chesapeak en Statoil. 10. Belanghebbendes Verenigings, drukgroepe & NRO’s • Die landbou (Agri SA) word verteenwoordig op die National Electricity Response Team (NERT) deur Business Unity South Africa (BUSA). Besoek www.busa.org.za. • Energy Intensive User Group (EIUG) www.eiug.org.za • Nuclear Industry Association of South Africa (NIASA) www. niasa.co.za • South Africa’s Independent Power Producers Association (SAIPPA) www.saippa.org.za • South Africa National Energy Association (SANEA) www.sanea. org.za • South African Pipeline Gas Association (SAPGA) www.sapga. co.za • Treasure the Karoo Action Group (TKAG) www.treasurethekaroo. co.za • Women in Oil and Energy South Africa www.woesa.com