Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 299

297 Koelkamers • Koelkamers gebruik groot hoeveelhede krag. Deur egter ’n paar eenvoudige stappe te neem, kan die verlies aan koue beperk word en kan elektrisiteitsuitgawes verminder word. • Elektrisiteit word bespaar deur die deure van koelkamers behoorlik geseel te hou. As die deure oopgemaak word slegs wanneer dit nodig is, word voorkom dat koue na omliggende areas “lek”. Onthou ook dat oorvol koelkamers minder doeltreffend verkoel. Lug vloei nie so maklik tussen en onder goedere in oorvol kamers nie. Gevolglik neem dit langer om die goedere af te koel en word meer elektrisiteit benodig om bergingstemperatuur te bereik. • Kondensators moet goed geventileer wees om die beste werkverrigting te lewer. Die beste resultate word verkry as die kompressorkamers en kondensators aan die suidekant van ’n gebou ingerig word waar dit nie deur direkte sonlig geraak word nie. Filters en pype moet gereeld nagegaan word om te sorg dat dit skoon bly. Sorg ook dat daar genoeg gas in die lugversorgingseenheid is. Die korrekte gebruik van luggordyne sal ook die verlies aan verkoelde lug verminder. Die vermindering van die energiebehoeftes in dierebehuising • Die vermindering van die onkoste vir dierebehuising begin by die gebou self. Goeie isolering in die dak verseker ’n koel omgewing die hele jaar deur sodat minder geld aan bykomende energie spandeer moet word om temperature te reguleer. As ’n dak silwer geverf word, word meer hitte van die struktuur af weggekaats. • As u dierebehuising bou, moet die lang mure noord en suid front en die kort mure wes en oos. Dit sal help voorkom dat hitte bedags binne geboue opbou. • By die gebruik van natuurlike ventilasie in dierebehuising moet geboue nie wyer as 12 meter wees vir die optimale benutting van windverkoeling nie. Die verhoging van energiedoeltreffendheid by dierevoerverwerkingsaanlegte • Dierevoerverwerkingsaanlegte bevat gewoonlik ’n groot aantal elektriese motors. Die installering van ’n kondensatorbank verhoog die elektriese doeltreffendheid van ’n aanleg. ’n Aanleg kan sodanig bestuur word dat skoonmaakwerk en ander bedrywighede wat min elektrisiteit vereis gedurende spitstye gedoen word, terwyl die werklike bedrywighede buite Eskom-spitstye plaasvind. Die isolering van kweekhuise • Wanneer kweekhuise gebou word, moet dubbel geïsoleerde plastiekbedekking gebruik word omdat dit die hitte in kweekhuise beter terughou. As lug- en grondtemperature met behulp van isolasie konstant gehou word, word minder energie benodig om hitte in die kweekhuisomgewing te genereer. Boerdery met alternatiewe energiebronne • Boere kan die afval wat van die gewone boerderybedrywighede afkomstig is, ben WB