Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 298

296 nasionale kwessies Energie Toenemende pryse van energie is ’n aansporing om verbruik te verminder en om energie meer doeltreffend te gebruik. (sien opskrif 3: wenke aan boere oor hoe om dit te doen). Dit is ook ’n aansporing aan onafhanklike kragvoorsieners, veral dié met hernubare energiebronne, om krag op te wek. 3. Energiebesparende boerdery Kyk ook die hoofstukke oor hernubare energie, biobrandstowwe, brandstowwe en smeermiddels. ’n Boer is ’n sakeman en is net so gretig om bedryfskoste te beheer as om landerye, oeste en vee te bestuur. 1. Oorsig Boere is ook bewus van die stygende koste van energie wat bedryfskoste aansienlik verhoog. Deur hierdie koste te beheer, raak ’n mens meer bewus van energie en wyses waarop elektrisiteit doeltreffender aangewend kan word sonder om produktiwiteit in te boet. Energie is die lewensaar of krag wat jy nodig het vir als wat jy doen: van wakker word in die oggend en eet of drink tot loop, bestuur, dink en werk en selfs om pret te hê. Die energie wat ons nodig het om ons daaglikse take te voltooi kom van die son en die kos wat ons eet. Daar is nog ’n baie belangrike tipe energie waarsonder ons eenvoudig nie kan klaar kom nie. Dit is die tipe energie wat ons benodig om ons huishoudings aan die gang te hou, om ons werk by ons werkplekke te verrig en om die goedere wat ons benodig om van te lewe te vervaardig. Ons het dit nodig vir warm water; om kos mee te maak en elke keer wat ons ligte aanskakel of toebehore gebruik soos strykysters; wasmasjiene; verwarmers; televisies; rekenaars; kraggereedskap; industriële toerusting en vele meer. Energie is ’n sentrale element van die ekonomie en die lewe soos ons dit ken. Die agro-voedsel industrie is ’n elektrisiteit-sensitiewe bedryf en die konstante en bekostigbare verskaffing van energie is onontbeerlik tot die bedryf se volhoubaarheid en mededingendheid. Omdat hierdie selfde agro-voedselbedryf verseker dat ons as ’n nasie voedselsekuriteit geniet, is energie ’n nasionale kwessie. Bron: Notas van die National Energy Efficiency Campaign wat bestuur word deur die Government Communication Information System (GCIS); Agricultural Business Chamber. Terugvoering uit die BUSA vergadering met die Minister van Energie in 2011. Op die Afrika-vasteland word die tekort aan energie geïdentifiseer as ’n belangrike rede hoekom maatskappye nie kan uitbrei en dus nie nuwe werkers in diens kan neem nie. Om ’n elektrisiteitsverbinding in subSahara Afrika te bekom kos gemiddeld meer as enige ander plek op Aarde, volgens die African Economic Outlook Report van 2012. Dit het grootskaalse implikasies vir ’n vasteland met ’n groot werkloosheidsprobleem, veral onder jong mense. Bron: Die artikel “Renewable energy technologies could be Africa’s saving grace” Mail & Guardian 1 Junie 2012 2. Energie doeltreffendheid • Ons energie in Suid-Afrika kom tans hoofsaaklik van elektrisiteit wat geproduseer word by steenkool-aangedrewe kragstasies. Die prosesse laat kweekhuisgasse vry wat skadelik is vir ons omgewing. • Vanweë die aansienlike sosio-ekonomiese ontwikkeling wat in ons land plaasgevind het sedert 1994 moet baie meer elektrisiteit geproduseer word om aan die aanvraag van so baie mense en besighede te voorsien. Dit het daartoe gelei dat selfs meer van hierdie skadelike gasse in die omgewing vrygestel word. • Om energie effektief te gebruik beteken nie dat ons heeltemal moet ophou om energie te gebruik nie. Dit beteken bloot dat ons nie onnodige energie moet vermors nie, dat ons minder energie moet gebruik om dieselfde aktiwiteite te verrig en dat ons moet leer hoe om gebruik te maak van ander, hernubare bronne van energie wat vriendeliker is teenoor Moeder Aarde. Deur dit te doen red ons die omgewing vir komende gesla wFR