Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 294

292 3. Soönoses: veesiektes wat mense kan affekteer nasionale kwessies Die woord soönose het ontstaan uit die Griekse woord zoon, wat dier beteken, en nosos wat siekte beteken. In 1959 is soönoses deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (World Health Organisation – WHO) se Komitee vir Soönoses gedefinieer as “those diseases and infections that are naturally transmitted between vertebrate animals and man”. Biosekuriteit Soönotiese siektes is ’n beroepsgevaar vir diegene wat met vee werk, insluitende boere en hul werkers, veeartsenykundige personeel, diegene in die slagpale- en melkerybedryf, en uiteindelik ook die verbruikers van diereprodukte soos vleis, suiwelprodukte en eiers. Mense dink nie aan die verreikende gevolge van ’n aksie soos om vrugte onwettig oor die grense se bring, of om ongemerke varke by ’n veiling te koop nie. Dit kan uit onskuld of onkunde wees dat biosekuriteitsmaatstawwe verontagsaam word, maar die inkomste wat verlore gaan kan biljoene rande beloop wat ’n hele sektor op sy knieë kan dwing en die bestaan van duisende ander kan bedreig. Die voorkoming van die oordrag van soönotiese siektes vanaf diere na mense rus op drie pilare: • Die eerste hiervan is om diere gesond te hou deur goeie bestuur, inentings en parasietbeheer. • Die tweede pilaar is persoonlike higiëne en gesonde werkstoestande in die vee-bedryf – veral wat betref die voorsiening van goeie ventilasie en toeganklike ablusieblokke. • Die derde pilaar is voedselhigiëne, die handhawing van ’n koue ketting en inspeksie en gehaltebeheer van diereprodukte vanaf die plaas na die tafel. 1. Oorsig Biosekuriteit analiseer en bestuur risiko’s in die sektore van voedselsekerheid, dierelewe en gesondheid en plantlewe en gesondheid Dit is in ’n land se belang om in sy kapasiteit om siekte te beheer en om sy voedselstelsels te beskerm te belê. Bronne: www.fao.org/biosecurity, www.arc.govt.nz en dr. Peter Oberem 2. Biosekuriteit en die veeboer Vir breedvoerige en spesifieke inligting oor die toepassing van biosekuriteitsbeginsels kan u u veearts of die relevante handelsorganisasie [bv. Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie (SAVPO)] raadpleeg. Aansteeklike siektes kan op die volgende wyses tussen aktiwiteite versprei: • die invoer van siek diere, of gesonde diere by wie die siekte in die inkubasiefase is • die invoer van gesonde diere wat van die siekte herstel het maar nou draers is • voertuie, toerusting, klerasie en skoene van besoekers of werknemers wat tussen kuddes beweeg • kontak met lewelose voorwerpe wat met siekte-organismes besmet is • karkasse van dooie diere waarmee daar nie op die korrekte wyse weggedoen is nie • voeding, veral hoë-risiko-voeding, wat met mis besmet kan wees • onsuiwer water (oppervlak-dreineringswater ens.) • die hantering van mis, asook mis in aërosolvorm en stof • ander diere behalwe vee (perde, honde, katte, wild, knaagdiere, voëls en insekte) Biosekuriteit behels drie belangrike komponente: Isolasie, Beheer oor beweging, en Sanitasie. • Isolasie: Die belangrikste stap in siektebeheer is om die beweging en vermenging van vee tot die minimum te beperk. • Beheer oor verkeer: Dit sluit verkeer op die boerderyperseel in, asook verkeerspatrone op die perseel. Dit is belangrik om te begryp dat verkeer meer insluit as bloot voertuie. Alle diere en mense moet in ag geneem word. Ander diere afgesien van vee sluit in honde, katte, perde, wild, knaagdiere en voëls. • Sanitasie: Dit het te doen met die ontsmetting van materiaal, mense en toerusting wat die perseel binnegaan, asook die sindelikheid van die mense en toerusting op die perseel. Bron: Aangepas uit Biosecurity Basics for Cattle Operations and Good Management Practices (GMP) for Controlling Infectious Diseases, gepubliseer deur die Institute of Agricultural and Natural Resources, University of Nebraska-Lincoln Extension Indien hierdie drie aspekte in ag geneem word, is die risiko om enige siekte van ’n dier aan te steek, baie klein – dan staan mens ’n groter kans om siektes van ander mense aan te steek! Voorkoming is egter beter as genesing; indien u vermoed dat u aan ’n soönotiese siekte ly, is dit raadsaam