288
Die persentasie van landbou se bydrae tot klimaatsverandering word
betwis en wissel van 22% tot tussen 5% en 10%. Die grootste gedeelte
hiervan word toegeskryf aan vee (maar kyk na die aantekening oor die
Savory-instituut onder opskrif 10).
Klimaatslim landbou, ’n inisiatief aangedryf deur die Afrika-Unie en die
Nuwe Vennootskap vir Afrika se Ontwikkeling (NEPAD), word vi die
hele Afrika bespreek ten einde die uitwerking van klimaatsverandering
te hanteer wat sy tol eis van voedselproduksie en -sekerheid. Navorsing
toon dat landbou ’n baie groot potensiaal het om kweekhuisgasse
kostedoeltreffend te verminder deur middel van landboutegnologieë
en -bestuurspraktyke, veral in ontwikkelde lande. Klimaatslim landbou
sluit bewese praktiese tegnieke in wat including stoppelbewerking,
tussenverbousing, bewaringslandbou,
wisselbou,
geïntegreerde
gewas-vee-bestuur, agri-bosbou, verbeterde weiding en verbeterde
waterbestuur insluit.
Klimaatsveranderings skep risiko’s en onsekerheid met ernstige afwaartse
potensiaal. Sonder sterk aanpassingsmaatreëls kan klimaatsverandering
gewasproduksie met 10% tot 20% teen die 2050’s verminder, met erger
verliese in Afrika. Met die nege miljard mense wat die aarde na raming
teen 2050 sal bewoon, moet slegs Afrika se voedselproduksie volgens
kundiges verdrievoudig.
Bron: Vertaal en aangepas uit SANews van Desember 2011
7. Klimaatsverandering en Suid-Afrika se landbou:
Impakte en aanpassingsmoontlikhede
Boere sê hulle het die volgende strategieë gebruik om klimaatsverandering
te hanteer:
(a) Aanpassings in boerderybedrywighede
• Veranderinge is aangebring in die datums waarop sommige gewasse
aangeplant word.
• Gewasse met ’n korter groeiperiode, soos kool, asook kortseisoenmielies (120–140 dae).
• Daar word meer van wisselbou gebruik gemaak en van die vroeër
oes van sommige gesaaides. In KwaZulu-Natal, byvoorbeeld, verkies
boere om hulle suikerriet nou vroeër te oes om te voorkom dat dit in
latere groeistadia op die lande staan en uitdroog (as gevolg van hoër
temperature).
Met swaarder reënval wat tans binne korter tydperke gekonsentreer is en
vroeër begin (tevore vroeg September en nou in sommige provinsies eers
laat Oktober), reageer boere deur
• aanplanting uit te stel
• meer van moderne masjinerie gebruik te maak om aanplanting binne ’n
korter tydperk te voltooi
• reënwater te versamel deur vore naby die plante te grawe
• meer van besproeiing gebruik te maak
As reaksie op hoër temperature neem boere die toevlug tot die gebruik
van –
• hitteverdraagsame gewasvariëteite
• gewasvariëteite wat water doeltreffender gebruik
• gewasse wat wasdom vinniger bereik
• gemengde boerdery met gewasse en lewende hawe. As gevolg van
hoër temperature het suikerrietboere byvoorbeeld oorgeskakel na
boerdery met macadamianeute en tee, wat hulle meen makliker as
suikerriet besproei kan word
Veeboere het ook talle metodes begin volg om water en skaars voer
doeltreffender aan te wend. Daar is ’n algemene neiging om meer met
hitteverdraagsame rasse in plaas van die tradisionele rasse te boer, en die
meeste veeboere produseer nou ook hulle eie voer, soos lusern of mielies,
en berg dit vir gebruik gedurende die lang, droë seisoene. As antwoord op
die lang tye van droogte pas boere die veestapelintensiteit van hul vee aan
deur die diere jonger te verkoop. Nog ’n praktyk is om die tydsberekening,
duur en ligging van weiding aan te pas.
(b) Die toenemende gebruik van chemikalieë
• In die lig van hoër temperature en versnelde uitdamping neem boere
die toevlug tot die verhoogde toediening van chemikalieë soos Erian
om uitdamping te verlangsaam.
• Hulle dien ook meer plaasmisstof toe om die voggehalte en die
v