287
Op COP17 in Durban, 2011, het regerings van die Kioto-protokol-partye
besluit dat ’n tweede verbintenistydperk, van 2013 af, op die einde van die
eerste tydperk moet volg. ’n Ooreenkoms moet teen 2015 opgestel wees
en teen 2020 in werking tree. ’n Goeie webwerf om meer oor die Durbanplatform (soos dit bekend geraak het) te lees is www.iisd.ca/climate/
cop17/
Kry bywerkings op http://unfccc.int, die webwerf van die VN se
Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering.
Die wetenskap sê vir ons dat ons vrystellings teen 2020 sy hoogtepunt
behoort te bereik en dan vinnig af te neem indien ons ’n redelike kans
wil hê om weghol-klimaatsverandering te vermy, maar dit is moontlik
dat die nuwe ooreenkoms slegs daardie jaar eers heeltemal in werking
gestel sal word. Soos dinge tans is, lyk dit of die planeet afstuur op ’n
temperatuurstyging van eerder vier grade as twee grade waarby die
onderhandelinge ons wil hou. Dit lyk steeds redelik erg.
Nie dat ons hoef te wag vir ’n wêreldooreenkoms om in 2020 in
werking te tree nie. Binnelandse optrede kan baie regkry om dinge te
verander. Party lande in die Europese Unie gaan hulle vrystellings met
tot 40% oor die volgende paar jaar snoei. Selfs China, die wêreld se
topkoolstofvrysteller, beoog om sy energie-intensiteit met meer as 40%
oor die volgende vyf jaar te snoei, en belê swaar in hernubare produkte.
Bron: vertaalde uittreksels uit A dummy’s guide: Making sense of COP17, wat op
www.mg.co.za gekry kan word.
5. Koolstofverhandeling en die Skoonontwikkelingsmeganisme (CDM)
Die Skoonontwikkelingsmeganisme (“Clean Development Mechanism”,
CDM) is ’n reëling wat kragtens die Kioto-protokol getref is. Dit stel
nywerheidslande wat tot die vermindering van kweekhuisgasvrystellings
verbind is, in staat om te belê in projekte wat vrystellings in ontwikkelende
lande verminder as alternatief vir duurder inkortings in hul eie lande. Dit
het aanleiding gegee tot die ontwikkeling van ’n aktiewe koolstofverhande
lingsmark. Verhandeling vind plaas in die vorm van koolstofkrediete of die
hoeveelheid koolstof wat deur middel van die gebruik van doeltreffender,
skoner tegnologieë bespaar word.
Afrika is traag om beleggings te bekom deur die koolstofneerslagprogam
van die VN se CDN. Teen Januarie 2012 het die vasteland slegs 2,12% van
die 3 776 CDM-projekte wat wêreldwys geregistreer is, gehad
Finansies sal ’n sleutelrol speel in die ondersteuning van groen, laevrystellings-, klimaatveerkragtige ontwikkeling. Geïdentifiseerde uitdagings
is die volgende:
• toegang tot nuwe en vernuwende bronne van klimaatsfinansies
• die bevordering van sinergieë tussen ontwikkelings- en
klimaatsfinansies
• die gebruik en lewering van beperkte bronne staatsfinansies om
klimaatkapitaal te kataliseer.
Finansies is beskikbaar uit bronne soos die Aanpassingsfonds van die Kiotoprotokol, die VN se CDM en die Groenklimaatsfonds, maar beloftes om tot
die fonds by te dra kom stadig. Nogtans het die Wêreldbank in Mei 2012
berig dat koolstofmarkverhandeling ’n rekordbedrag van $176 miljard die
vorige jaar behaal het.
Besoek die Klimaatsfonds-webwerf se “Info” vir meer besonderhede oor die
verskillende fondse – www.climatefund.info.
6. Leniging: Wat kan ons doen om die proses te
vertraag?
Leniging behels alle menslike intervensies wat die bronne van kweekhuisgasse
verminder of reservoirs verbeter (aangepas uit die IPCC-definisie).
Die verhoogde kweekhuiseffek kan vertraag word deur die volgende twee
riglyne te volg:
(a) voorsien meer reservoirs
(b) verminder die bronne van kweekhuisgasse
Die oprigting van ’n reservoir is ’n metode om kweekhuisgasse uit die
atmosfeer te verwyder. Deur byvoorbeeld ’n boom te plant waar daar nie
tevore een was nie, word ’n koolstofdioksiedreservoir geskep omdat die
boom dit vir fotosintese aan die atmosfeer onttrek.
Die energiesektor is die grootste enkele bron van kweekhuisgasse in SuidAfrika. Geïntegreerde energiebeplanning op nasionale vlak behoort ’n
optimale mengsel van energiebronne te verseker. Skoonsteenkooltegnologieë word op die middeltermyn as deel van die st Ʌѕ