286
nasionale kwessies
Aardverwarming en
klimaatsverandering
1. Oorsig
Aardverwarming
Verskeie gasse in die atmosfeer vang sonenergie vas – en verwarm die aarde.
Sonder hierdie “kweekhuiseffek” sou lewe nie op die planeet moontlik
gewees het nie. Ons aktiwiteite oor die afgelope tweehonderd jaar, veral
die brand van fossielbrandstowwe soos steenkool en olie, het die opbou
van kweekhuisgasse in die atmosfeer laat toeneem. Meer sonenergie word
vasgevang en die aarde word warmer. “Aardverwarming” verwys na hierdie
verhoogde kweekhuiseffek.
• Die beskikbaarheid van mensehulpbronne. Klimaatsverandering
kan lei tot ’n toename in vektors en vektordraende siektes omdat
temperatuurstygings en groter humiditeit ideale toestande skep vir
siektes soos malaria, slaapsiekte en ander oordraagbare siektes. Dit
sal die beskikbaarheid van mensehulpbronne vir die landbousektor
regstreeks raak.
Die impak van hierdie nadelige klimaatsveranderinge op die landbou word
in Afrika vererger deur die gebrek aan aanpassingstrategieë, en deur die
feit dat strategieë wat wel bestaan, belemmer word weens ’n tekort aan
institusionele, ekonomiese en finansiële vermoë.
Die feit dat Afrika so blootgestel is aan klimaatsverandering, en ook nie
die vermoë het om daarby aan te pas nie, is potensieel rampspoedig vir
die landbousektor, wat die belangrikste bron van lewensonderhoud vir die
grootste deel van die bevolking is. Dit is dus uiters belangrik dat ons die
potensiële impak van huidige en voorspelde klimaatsverandering op die
landbou van Afrika moet verstaan, en dat ons maniere moet vind om hierdie
nadelige impak te probeer bekamp.
Bron: www.ceepa.co.za/Climate_Change
3. Suid-Afrika
Klimaatsverandering?
Ons planeet gaan deur natuurlike veranderingsiklusse wat honderde jare
duur. Oor so ’n lang tyd kan plante en diere aanpas. Die manier waarop die
mensdom ontwikkel het egter klimaatsverandering versnel, wat minder tyd
vir aanpassing oorlaat en ons ekostelsels in gevaar stel.
Meer inligting oor klimaats- en atmosferiese verandering in Suid-Afrika word
verstrek in die National State of Environment Report by www.environment.
gov.za
Hoekom ’n hoofstuk onder “Nasionale kwessies” in die Agri
Handboek vir Suid-Afrika?
Van al die lande op die kontinent van Afrika is dit net Suid-Afrika wat sulke
hoë volumes kweekhuisgasvrystellings het dat ’n algemene strategie vir die
vermindering van CO2 in die atmosfeer geregverdig is.
Op ’n tydstip wat landbou die uitdagings van die dramatiese verhoging van
voedselproduksie ten einde die verwagte 9 miljard mense teen 2050 te
voed, die hoof moet bied, dreig klimaatsverandering om dit was die landbou
tans produseer te verminder. Klimaatsverandering is ’n wêreldwye kwessie,
nie slegs ’n nasionale kwessie nie.
Suid-Afrika produseer 1,4 % van die wêreld se totale CO2, maar ons CO2vrystelling per persoon is meer as twee keer soveel as die wêreldgemiddelde,
hoofsaaklik as gevolg daarvan dat ons goedkoop energie gehad het en ons
gevolglike ondoeltreffende gebruik daarvan.
2. Afrika
Klimaatsverandering wat langdurige droogte tot gevolg het, is een van
die ernstigste klimaatsrisiko’s vir die landbousektor in Afrika. Omdat die
meeste landbouaktiwiteite in Afrika-lande gesaaides behels, kan enige
nadelige klimaatsverandering rampspoedige gevolge vir daardie sektor van
die landbou, asook vir die lewensonderhoud van die grootste deel van die
bevolking hê.
Vyf van die belangrikste aandrywers van klimaatsverandering, te wete
temperatuur, presipitasie, styging in seevlak, koolstofmonoksied in die
atmosfeer en natuurrampe, kan die landbousektor op die volgende maniere
raak:
• Afname in oesopbrengs en landbouproduksie. Daar is al meer
bewyse dat oeste in tropiese en subtropiese gebiede, waar gesaaides
reeds die maksimum toleransie bereik het, waarskynlik weens
temperatuurstygings sal afneem.
• Toename in plae. Temperatuurstygings sal waarskynlik lei tot groter
proliferasie van plae, wat saaiboerdery sal benadeel.
• Beperk die watervoorraad. Daar word verwag dat die beskikbare
water in die meeste dele van Afrika weens klimaatsverandering sal
afneem. Daar sal veral ’n groot afname in reënval wees in lande in
suidelike Afrika en in die droë dele van die lande om die Middellandse
See.
• Langer droogteperiodes. Daar word voorspel dat temperatuurstygings
en klimaatsverandering meer droogtes in die streek sal meebring.
• Afname in grondvrugbaarheid. Temperatuurstygings veroorsaak ’n
afname in grondvog, die kapasiteit om grondvog te berg, asook die
gehalte van die grond, wat beteken dat gesaaides minder noodsaaklike
voedingstowwe bekom.
• L