Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 276

274 Mengproses insette Veevoer 1. Oorsig Die mengproses is belangrik in die voervervaardigingsproses want, as die voer nie deeglik gemeng word nie, sal die gekonsentreerde minerale en vitamiene nie gelykmatig versprei wees nie. As mens in gedagte hou hoe klein die verhouding in sommige gevalle is, byvoorbeeld 2,5kg voorafmengsel in 1000kg voer, kan mens verstaan dat deeglike vermenging uiters belangrik is. Gedurende die mengproses word al die vloeistowwe soos olie ook bygevoeg. Stoomproses (“Incorporator”) Die Veevoervervaardigingsvereniging (Animal Feeds Manufacturing Association – AFMA)-webtuiste is ’n omvattende bron van inligting oor hierdie bedryf. Besoek www.afma.co.za Die veevoermark het die afgelope twee dekades in Suid-Afrika en oorsee voortdurend gegroei. Dit is ongetwyfeld ’n belangrike deel van die SuidAfrikaanse boer se lewe. Sestig verskillende produkte, hoofsaaklik van landboukundige oorsprong, word gebruik om gebalanseerde voer vir pluimvee, skape en ander diere te vervaardig. AFMA-lede vervaardig veevoer vir 55-60% van die mark, terwyl die voerkrale, kleiner vervaardigers, die troeteldiervoedselbedryf en tuismengers die res uitmaak. Die totale nasionale voedselproduksie word hedendaags op ± 10.7miljoen ton en die netto waarde van die totale voedselproduksie op ± R22-25 biljoen ton per jaar beraam. Die groei in die veevoerbedryf in die volgende paar jaar hang volkome af van die groei in die diereproduktemark wat deur verbruikersbesteding bepaal word, veral die pluimvee-, bees-en-skaap- en suiwelbedryf wat groot verbruikers van veevoer is in die produksieketting. In hierdie stap van die proses word stoom bygevoeg by die verfynde massa om die hitte en vog te verhoog, anders kan die voer nie tot korreltjies (“pellets”) gepars word nie. Die byvoeging van die stoom help dat die bestanddele bind wanneer die korreltjies gepars word. Korrelpars Nou word die klam mengsel van grondstowwe, vitamiene en minerale deur die korrelpars gedruk waar dit deur ’n klein opening geforseer word (gewoonlik tussen 3,2 en 4,8mm) om korrels te vorm. Die temperatuur van die voer is ongeveer 80°C wanneer dit by die pars uitkom. Verkoeling Op hierdie stadium is die korreltjies nog te sag en te warm om geberg te word, en die temperatuur moet verlaag word. Dit word in die verkoeler gedoen en die temperatuur word drasties verlaag om die korreltjies hard te maak. Die korreltjievoer gaan dan deur ’n skudmasjien om van alle fynstof ontslae te raak, en nou is dit gereed om in sakke gegooi te word of om in ’n grootmaathouer geberg te word. Groei in die veevoerbedryf is goeie nuus vir graanprodusente. 2. Die maalproses van voer Grondstowwe Voer word gemaak uit ’n aantal grondstowwe wat alles in bepaalde verhoudings gekombineer word sodat al die voedingstowwe, minerale en vitamiene. Die voer bestaan grotendeels uit: o Mielies o Soja-oliekoek o Sonneblom o Koringsemels ’n Aantal ander grondstowwe word ook ingesluit, bv.: o Kalk o Melasse o Lisien o Vismeel (nie in alle voer nie) o Vitamiene o Minerale Die grootmaat-grondstowwe word in die silo’s geberg en die materiaal van laer volume (hoër digtheid) word plat op die vloer van die meule geberg. Maalproses Die graan word vervoer vanuit die silo’s na maalmasjiene in die meulens waar dit g