275
3. Internasionale sakeomgewing
Besoek die webtuiste van die International Feed Industries Federation (IFIF)
– www.ifif.org
AFMA-lede voer meer as 75% van hul plaaslike vraag na Soja-oliekoek
in weens ontoereikende plaaslike voorsiening en gehalteprobleme.
Invoersyfers, internasionale handel en tariefkwessies word in die
Voorsittersverslag behandel (kry dit by www.afma.co.za).
Die uitvoer van veevoer is normaalweg beperk tot die naburige lande omdat
dit moeilik is om sulke grootmaatprodukte oor lang afstande te vervoer. In
sommige gevalle moet die voer aan spesifieke vereistes voldoen aangesien
die diereprodukte wat in die voer voorkom, na Europa en ander lande
uitgevoer word.
4. Plaaslike sakeomgewing
Inligting oor die AFMA- bedryf kan gekry word onder die “Resources & links”- opsie
by www.afma.co.za.
• Die veevoerbedryf is verdeel in die formele veevoerbedryf (lede
van AFMA) en die ander sluit in voerkrale, kleiner voermeulens en
tuismengers.
• Boere verkoop die meeste van die graansoorte via SAFEX, maar
sommige onderhandel ook met voermeulens vir vooroeskontrakte.
• Daar is ’n gevestigde ruilhandelbeginsel waarvolgens boere mielies
na voermeulens neem. Dit is ’n manier waarop hulle geld kan
bespaar omdat hulle slegs betaal vir die maalproses, mengproses en
ander grondstowwe. Boere kan ook kommersiële konsentrate van
voerverskaffers koop om by mielies in te meng wat hulle self gemaal het.
6. Belanghebbendes
Maatskappye wat betrokke is
Veevoervervaardigingsvereniging (AFMA)
Tel: 012 663 9097
www.afma.co.za
AFMA
verteenwoordig
die
veevoerbedryf
op
verskeie
platforms waar dit nodig is om die
belange van die veevoerbedryf te
bevorder of te beskerm. Daar word
aandag geskenk aan sake van belang
vir die bedryf, insluitend om op die
hoogte te bly van veranderinge en
ontwikkelinge, die identifisering
van bedreigings en geleenthede,
veevoerverkoopstatistieke,
tegnologie-oordrag deur die AFMA
MATRIX, ’n kwartaallikse tydskrif,
simposia en die AFMA FORUM,
’n driejaarlikse kongres en
landboukundige handelsverdrae.
AFMA is ’n lid van die Internasionale
Veevoerbedryffederasie (IFIF).
Troeteldierkosbedryfvereniging
Tel: 033 343 2874
www.petwise.co.za
Opleiding en navorsing
• Die groter veevoervervaardigers laat gewoonlik hul navorsing by
een van die universiteite of by die Landbounavorsingsraad (LNR)
doen. Landboukolleges onderneem ook navorsing op die gebied van
veevoere.
• Universiteite en Landboukolleges bied opleiding in veevoer of
verwante kursusse wat van waarde in die veevoerbedryf kan wees.
Dit is gewoonlik die drie- of vierjaargraad- of -diplomakursusse, maar
kort kursusse word ook aangebied. Besonderhede is te vinde in die
hoofstuk oor Landbou-onderwys en -Opleiding.
Party van die rolspelers:
LNR-Instituut vir Diereproduksie
www.arc.agric.za
SANS 898, Goeie vervaardigingspraktyk om self voer te meng in
die lewende hawe-bedryf.
Opleiding oor die onderwerp dierevoeding is beskikbaar by die LNRInstituut vir Diereproduksie in die vorm van kort kursusse. Skakel me.
Annetjie Loubser by 012 672 9153.
Die standaard dek die eie meng van voer en aanvullings in voedsel
vir lewende hawe om te verseker dat die produkte konstant aan die
regsvereistes vir menslike- en dieregesondheid en omgewingsveiligheid
voldoen. U kan óf die Suid Afrikaanse Buro van Standaarde by 012 428
7911 óf die Red Meat Industry Forum by 012 667 1189 skakel vir inligting
oor die standaard.
Die instituut is danksy sy hulpbronne in ’n posisie om veevoere te toets
en ondersoek tans die gebruik van ’n verskeidenheid neweprodukte uit
landbou en die voedselverwerkingsbedryf op verskillende plaasdierspesies
vir die kommersiële vervaardiging van voere ten einde arm boere van
noodsaaklike hulpbronne te voorsien.
5. Nasionale strategie en regeringskontakte
Voeding vir
herkouende
diere:
Dr. F. Nherera – 012 672 9253 (suiwelvoeding)
Mnr. M. Muya – 012 672 9342 (suiwelvoeding)
Dr. Roger Pambu – 012 672 9304 (kleinveevoeding)
Mnr. M. Ratsaka – 012 672 9306 (voerkraalstelsels)
Mnr. K-J Leeuw – 012 672 9320 (voerkraalstelsels)
Mnr. D.B. Nkosi – 012 672 9300 (kuilvoer,
landbouneweprodukte)
Monogastriese
voeding:
Dr. A.T. Kanengoni – 012 672 9355 (varkvoeding)
Me. P Pitsane – 012 672 99272 (varkstelsels)
.
Me. S.E. Coetzee – 012 672 9302 (pluimveevoeding)
Kry die “Feeds, Stock Remedies, Pesticides en Fertilizers” -opsie by www.daff.gov.za.
Aansoekvorms, riglyne en kontakte is beskikbaar by die Departement van Landbou,
Bosbou en Visserye. Kry ook die “Acts & legislation”- opsie by www.afma.co.za
Registrateur: Wet No. 36/1947
Tel: 012 319 7303
Ingevolge die Wet op Bemestingstowwe, Plaasvoere, Landbougeneesmiddels
en Veegeneesmiddels, 36 van 1947 en sy regulasies moet alle
veevoergrondstowwe, behalwe mielies en heelgraan, by die Registrateur
van hierdie Wet geregistreer word voordat dit op die mark verkoop kan
word of in veevoerproduksie gebruik. Alle veevoer wat te koop aangebied
word, moet ingevolge hierdie Wet geregistreer wees.
Indien die wetsontwerp, die Fertilizers and Feeds Bill [B41-2012] Bill, as ‘n
Wet geprogulmeer word, sal dit beteken dat dele van Wet 36 van 1947
vervang sal word.
Noordwes-Universiteit
(Mafikeng kampus)
Dale Beighle Centre
www.nwu.ac.za
Universiteit van die Vrystaat
Sentrum vir Volhoubare Landbou
en Landelike Ontwikkeling en
Voorligting
www.uovs.ac.za/censard
Departement Vee-, Wild en
Weidingkunde
Prof. H.J. van der Merwe
www.ufs.ac.za/animal