261
Geleidelike groei
• Doen soveel moontlik in die eerste seisoen. Bestee soveel as wat u
kan bekostig in die eerste seisoen aan insette en verhoog u uitgawes
in die tweede seisoen (byvoorbeeld werk eerste op 1 ha of minder en
verdien genoeg geld en doen genoeg ervaring op om in die tweede
seisoen tot 2 ha of meer uit te brei).
Bron: www.sansor.org – A Crop Guide for Emerging Farmers.
6. Nasionale strategie en regeringskontakte
• Die saadverbeteringsbedryf word gereguleer deur die Wet op
plantverbetering, 1976 om ordelike saadhandel te verseker. Die
wet maak voorsiening vir die registrasie van persele vanwaar die
verkoop, skoonmaak en verpakking van saad onderneem kan word,
en om voorskrifte te gee vir die omstandighede onderworpe aan
saadverkope. Voorsiening vir die ontwikkeling van sertifikasie en ander
skemas is ingesluit en voorsiening word ook gemaak vir die aanwysing
van ’n owerheid wat die magte, funksies en pligte sal uitvoer wat aan
hulle opgedra is.
• Die wet op Planttelersregte 1976 (Wet15 van 1976) beskerm die
intellektuele eiendomsregte van persone wie nuwe variëteite van
plante geteel of ontwikkel het. Die houer van die planttelersregte is
geregtig om patenthouersaandeel vir die gebruik van nuwe variëteite
by ander persone te bekom.
• Die wet op geneties gemanipuleerde organismes, Wet no 15 van
1997 beheer die produksie en gebruik van geneties gemanipuleerde
organismes. Hierdie Wet vereis dat risiko-assesserings uitgevoer word
voordat enige GMO’s vrygestel word.
Saadtoetsing het in die laat-1940’s in Suid-Afrika begin. Die Amptelike
Saadtoetsingstasie (ASTS) is by Roodeplaat. Die ASTS se doel is om
die fisiese en fisiologiese kwaliteit van saad te verseker. Sy funksies sluit
in die ontwikkeling van beleid en riglyne vir die fisiese en fisiologiese
kwaliteit van saad asook die beheer, ondersoek en handhawing van
saadkwaliteit. ’n Sisteem is in stand gebring waardeur privaat- en
maatskappylaboratoriums wat saadtoetstoegelaat word om te registreer
en toetse vir eie gewin te doen, om saad te toets vir sertifikasiedoeleindes
en ook om hulle toetsdienste teen ’n bedrag te adverteer. Tans is 24
sodanige laboratoriums geregistreer asook die toetsing van ongeveer 35
000 saadmonsters op ’n jaarlikse basis. Dit stel die ASTS in staat om
ooreenkomstig die wetgewing hul aandag grotendeels aan die amptelike
lewering van ’n diens te wy.