257
insette
Sade en saailinge
Verwys ook na die “Biotegnologie en plantteling” hoofstuk
1. Oorsig
Saad is waar alles begin. Sal u ’n waardeketting hê sonder saad?
3. SAOG sakeomgewing
Die gebruik van verbeterde saad onder kleinskaalse boere is laag en oorskry
selde 10 persent in meeste van die SAAE lidstate en tog produseer die
boere tot 80 persent van die stapelvoedselgewasse in die streek. Verder
word die verskuiwing van saad van een na die ander land in die streek ook
vererger deur gefragmenteerde regulasieraamwerke.
Met die kennisname hiervan is die geharmoniseerde regulerende stelsel
HSRS aan die einde van 2007bekragtig by die SAOG ministersraad. Na
aanleiding van die onderskrywing word daar nou van lidmaatstate verwag
om hul nasionale wetgewing te wysig in lyn met die sisteem.
Die SAOG HSRS poog om die getal beskikbare variëteite wat aan boere
beskikbaar gestel word te vermeerder, belegging in die saadsektor te
bevorder en om dit makliker en goedkoper te maak vir saadondernemings
om saadvariëteite aan ander SAOG lidstatebekend te stel.
As u die groot persentasie mense op die Afrika kontinent wat op landbou
staatmaak vir ’n bestaan in gedagte hou, sal u besef dat saad die potensiaal
het om die transformasionele bedryf in Afrika te word.
Die SAOG HSRS bestaan uit drie komponente, naamlik SAOG gewasvariët
eitvrystellingsisteem, SAOG saadsertifikasie en gehalteversekeringsisteem
en SAOG kwarantyn en fitosanitêre maatstawwe vir saad.
Bron: Tom Adlam van die Africa Seed Investment Fund (ASIF) en www.sansor.
org.
• Die SAOG Variëteitvrystellingsisteemmaak voorsiening vir ’n korter
tydperk van toetsing en stel variëteite vry.
• Die SAOG saadsertifiserings en gehalteversekeringsisteem stel die
gebruik van algemene tegnologieë standaarde, prosedures, seëls,
etikette en die sertifiseringskema voor ten einde die produksie en
verkoop van hoë kwaliteit saad oral in die streek te waarborg.
• Die SAOG fitosanitêre maatstawwe vir saadstelsel bevorder die veilige
verskuiwing van saad wat peste en siektes betref.
2. Plaaslike sakeomgewing
Suid-Afrika het ’n betreklik goedontwikkelde saadsisteem wat behartig
word deur plaaslike en multinasionale saadondernemings in samewerking
met informele operateurs.
Kry die nuutste Jaarverslag op www.sansor.org vir meer inligting oor wat in
Suid-Afrika gebeur. Verslae wat deur die Voorsitter en Algemene Bestuurder
gegee is word hierby ingesluit vir landboukunder, tuinboukunde, nasionale
saadsertifisering, planttelersregte-lisensies ensovoorts.
Ten einde die implementering van die streeks HSRS SAOG te fasiliteer,
met die ondersteuning van internasionale samewerkende vennote, is die
SAOG saadsentrum gestig by die SAOG plantgenetiese hulpbron sentrum
in Lusaka, Zambië.
Daar word verwag dat die sentrum ’n groot rol gaan speel in die
implementering van die HSRS, want dit sal die werking van die stelsel