Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 260

258 koördineer en verseker dat die doelwitte van die stelsel effektief bereik word. 5. Vir die nuwe toetreder Omgewing Bron: ’n verkorte weergawe van die artikel: “Southern Africa intensifies efforts to address seed supply challenges in the region” wat by http://zambianeye.com gekry kan word. • Maak seker dat die grond geskik is vir die bepaalde gewasse. Neem gronddiepte, tekstuur, suurgehalte en soutgehalte in aanmerking. • Bestudeer die reënval- en temperatuurpatrone oor die verskillende seisoene wanneer u besluit watter gewas suksesvol op verskillende tye van die jaar gekweek kan word. 4. Internasionale sakeomgewing Plantdatums Die Jaarverslag, wat beskikbaar is op www.sansor.org, bied die nuutste inligting. • Maak seker wat die korrekte plantdatums van elke gewas en vir elke streek is. Svalbard wêreld saadkelder Kultivar Die Svalbard wêreld saadkelder lê diep in ’n sneeubedekte berg op ’n afgeleë eiland in Svalbard argipel wat halfpad tussen Noorweë en die Noordpool lê. Dit is ’n onfeilbare supermoderne saadstoringsfasiliteit wat gebou is om standvastig te wees teen tyd en natuurlike en kunsmatige rampe. Die doel van die kelder is om duplikate van saadmonsters van die wêreld se gewasversamelings te stoor. Ysgrond en dik rots maak seker dat die saad gevries bly selfs in die geval van ’n kragonderbreking. Die kelder kan dus beskou word as die primêre versekeringspolis vir die wêreld se voedselvoorsiening. Dit sal miljoene sade wat elke belangrike gewas variëteit wat hedendaags in die wêreld beskikbaar is verteenwoordig vir eeue of langer. • Maak seker dat die kultivar wat geplant gaan word aanpasbaar is vir die heersende toestande. Oorweeg opbrengspotensiaal, toleransie vir droogte en suurheid, lengte van groeiseisoen, siekte- en insekweerstand, omval, uitloping, oorvloedigheid (veelvuldige koppe) en voorgenome gebruik. In sommige gevalle kan die rotasie van kultivars egter gebruik word om die risiko van ’n totale oesverlies weens investering te versprei, asook om ’n hoë biologiese diversiteit te verkry. Nota: Die gebruik van gesertifiseerde saad word sterk aanbeveel. Raadpleeg ’n kundige, ’n saadhandelaar of die plaaslike koöperasie om inligting te verkry oor kultivars wat vir ’n bepaalde gebied aanbeveel word. Bron: http://www.croptrust.org/main/arcticseedvault.php?itemid=842 Voorbereiding van saadbedding Die African Seed Trade Association, verteenwoordig die saadbedryf in Afrika en die eilande in die Indiese oseaan. Dit is ’n niewinsgewende, niepolitieke vereniging met ’n missie om die ontwikkeling van die saadbedryf en nasionale saadverenigings te bevorder. Dit sal die boere se toegang tot verbeterde variëteite fasiliteer. Besoek www.afsta.org. Lees meer oor die Forum for Africa Seed Testing (FAST) op die VN se Food And Agriculture (FAO) webtuiste, www.fao.org. Die Alliance for A Green Revolution in Africa (AGRA), in bondgenootskap met die African Agricultural Capital Group, het Africa Seed Investment Fund (ASIF) in 2009 bekendgestelom in sowat twintig klein- en mediumgroottesaadondernemingsin suidelike en oostelike Afrikate belê. Besoek www.agraalliance.org en www.aac.co.ke vir meer. Ander streeks- en internasionale liggame is onder andere: • International Seed Federation (ISF) – www.worldseed.org • International Seed Testing Association (ISTA) – www.seedtest.org • Global Crop Diversity Trust – www.croptrust.org • ’n Ploeg of getande implement kan vir primêre verbouing gebruik word. Ploeg word egter nie aanbeveel vir sanderige grond wat vatbaar vir erosie is nie. • Winderosie is ’n belangrike faktor wat altyd in berekening gebring moet word. In gebiede waar wind ’n probleem is, word bewaringsvoorbereiding (geen of min verbouing en gebruik van stoppels of molmdeklaag) aanbeveel. • Die saadbed moet ferm en onkruidvry wees. In gevalle waar winderosie ’n probleem is, moet die saadbedding nie te fyn wees nie. Plantspasiëring en -diepte • Plantdiepte word bepaal deur die klamheidstatus van die grond asook die kleifraksie en die grondtipe. • Oor die algemeen kan sade wat groter is, dieper geplant word, en kleiner sade word vlakker geplant. • Die spasiëring tussen plante is groter in gebiede met ’n laer reënval. Hoëveld Middelveld Laeveld Noord-Kaap & GrootKaroo KwaZulu-Natal Middellande Oos-Kaap & Klein-Karoo Saaidiepte (cm) Saad(kg/ ha) Spasiëring Spasiëring in rye (cm) tussen rye Bambaragrondbone Okt middelNov Okt–Nov N.v.t. Okt–middelNov N.v.t. 5 50 15 90 Swartbekbone Okt–Jan Okt–Jan Okt–Jan Okt–Des Okt–Jan Okt–Jan 4–5 40 15 90 Katoen N.v.t. middelOkt–Nov middelOkt–Nov middelOkt–Nov N.v.t. N.v.t. 4–5 20–25 15–20 100 Droëbone Nov–Des Jan-Feb Mrt–April 20 Des–15 Jan 15 Des–15 Jan Des–15 Jan 5 60–75 7,5 75–90 Grondbone 20 Okt–20 Nov 20 Okt–20 Nov 15 Okt–30 Nov 20 Okt–30 Nov 20 Okt–30 Nov N.v.t. 5–7 50 7,5 90 Mielies Okt–Nov Nov–Des N.v.t. Nov–Des Okt–Nov Okt–Nov 4–5 6–12 30 90–230 Sonneblomme Okt–Nov Okt–Jan N.v.t. N.v.t. Okt–Nov Okt–Nov 5 3 30 60–90 Sojabone Okt–Nov Nov Okt N.v.t. Okt–Nov N.v.t. 3–5 65–80 20 90 Koring Mei–Aug Mei–Jul N.v.t. Mei–Jul Mei–Jun Jun–Jul 4–5 70–130 20 30–45 Bron: www.sansor.org - A Crop Guide for Emerging Farmers.