236
Na aanleiding van die Fukushima Daiichi-kernramp in Japan in 2011, beplan
Duitsland om kernkrag ten volle uit te faseer teen 2022. Duitsland is reeds
vir jare aan die voorpunt van hernubare-energie-tegnologieë, en is goed
geposisioneer om die eerste land te word wat ten volle na “groen” krag
oorskakel.
Die wêreldmark vir windturbines het in 2011 ’n rekord van 41 GW gelewer
– ’n verbetering op die 37.6 GW wat in 2010 behaal is, met China wat
meer as 40% van die nuwe kapasiteit bydra. Die grootste markte op hierdie
gebied is China, die VSA, Indië, Duitsland en Kanada.Vir meer inligting,
besoek die webwerf van die World Wind Energy Association (WWEA) by
www.wwindea.org.
Die wêreld se sonkrag-opwekkingskapasiteit sal in die volgende vyf jaar
met tussen 200% en 400% toeneem, met Asië en ander ontluikende
markte wat Europa se leiding neem. Duitsland, die wêreld se grootste
mark vir fotovoltaïese energie (PV market), sal waarskynlik wêreldwyd
die hoofdryfveer wees in 2012, gevolg deur China, die Verenigde State en
Japan. Luidens die verslag word die vinnigste PV-kapasiteit-groei verwag in
China en Indië, gevolg deur suidoos-Asië, Latyns-Amerika, die Midde-Ooste
en Noord-Afrika.
Bronne: ESI-Africa.com-nuusbrief, 2 Februarie 2012, European Photovoltaic
Industry Association (EPIA), Mei 2012
11. Nasionale strategie en regeringskontakte
Die generering van hernubare energie word beskou as ’n moontlike
katalisator vir verhoogde ekonomiese voordele en industriële ontwikkeling,
deur verskeie doelwitte in Suid-Afrika te bereik:
• werkskepping
• verbeterde uitvoermededingendheid
• ondersteuning aan Suid-Afrika om sy verbintenis tot ’n kleiner
koolstofvoetspoor na te kom (eie vertaling)
• uitvoere te vrywaar van moontlike koolstoftariewe en -belastings
• daarstel van energiesekuriteit
Hernubare energie speel ’n noodsaaklike rol om Suid-Afrika te ondersteun
in sy verbintenis om kweekhuisgasvrystellings teen 2020 met 34 persent
te verminder, met die potensiaal om meer as 50 000 werksgeleenthede
te skep en ongeveer 55 miljard VS-dollar in “groen” beleggings oor die
volgende vyftien jaar te genereer.
IPAP (die regering se industriële aksieplan) erken Suid-Afrika se potensiaal
om ’n streeksvervaardiger en -dienstekern toegespits op hernubare
produkte te word, deur elemente van die globale waardeketting te lokaliseer
vir die opwekking van wind- en sonkrag. Dit vereis egter ’n geïntegreerde
en koherente strategie wat ’n plan vir hernubarekragopwekking kombineer
met ’n toepaslike finansieringsmodel en ’n gesonde strategie vir industriële
ontwikkeling.
Danksy industriëlebeleidingrypings is daar die laaste paar jaar vordering
gemaak met betrekking tot die ontwikkeling van “groen” industrieë in SuidAfrika.
• Die Renewable Energy Independent Power Producer Programme (REIPP) is
in Augustus 2011 van stapel gestuur, met die doel om ’n kapasiteit van
17.8 gigawatt hernubare energie te genereer teen 2030. Die webtuiste
van die Renewable Energy Independent Power Producer Procurement
Programme kan besigtig word by www.ipp-renewables.co.za
• Toenemende vlakke van plaaslike inhoud is bewerkstellig deur die
.
REIPP
• Nuwe regulasies oor die verpligte vermenging van biobrandstowwe is
in die Staatskoerant gepubliseer.
• In November 2011 het die Energy Efficient Building Regulations in
werking getree en is die Industrial Energy Efficiency Programme van
stapel gestuur.
• Tot op datum is 215 000 sonwaterverwarmers geïnstalleer.
Die volgende areas is ook in die IPAP-dokument geïdentifiseer as areas vir
verdere ontwikkeling in “groen” industrieë in Suid-Afrika:
• Die wes- en suidkus, sowel as areas in die binneland van Suid-Afrika, is
ekonomies lewensvatbaar vir die ontwikkeling van windenergie.
• Sonkrag bied ’n aanloklike geleentheid vir verdere ontwikkeling (veral
ten opsigte van gekonsentreerdeson- termiese (CST) krag.
• Energiedoeltreffendheid kan verbeter word deur nuwe elektrisiteitbes
paringstegnologie bekend te stel, bestaande tegnologieë aan te pas en
energie te bewaar deur die behoefte aan elektriese krag wat deur die
elektrisiteitsnetwerk voorsien word, te verminder.
• Doeltreffende afvalbestuur is geïdentifiseer as ’n belangrike
komponent van ’n “groen” ekonomie in Suid-Afrika – veral
industriële ontwikkelingsgeleenthede in herwinning, vermindering van
energieverbruik en waterbesoedeling.
• Wat sonwaterverwarmers betref, is die doelwit dat daar teen 2014 ’n
totaal van een miljoen stelsels geïnstalleer moet wees.
Bron: Tralac e-Nuusbrief, 25 April 2012, ’n artikel deur Willemien Viljoen
Belanghebbendes (kyk opskrif 12)
• Departement van Energie
• Departement van Handel
en Nywerheid
• Nasionale Tesourie
• Departement van
Ekonomiese Ontwikkeling
• Nasionale Beplanningskommissie
12. Belanghebbendes
Verenigings en niestaatsorganisasies
• African Wind Energy Association (AfriWEA) www.AfriWEA.org
• Association for Renewable Energy Cooking Appliances (AFRECA)
www.afreca.org
• Association for the Study of Peak Oil and Gas (ASPO) – South
Africa www.aspo.org.za
• Earthlife Africa www.earthlife.org.za
• Southern Africa Bioenergy Association (SABA) www.saba.za.org
• South African Institute of Agricultural En v