235
’n Gebied van 70km x 70km sou uit gekonsentreerde sonkrag (concentrated
solar power – CSP) in al Suid-Afrika se elektrisiteitsvereistes kon voorsien.
Die opwekking van krag uit sonenergie is die snelgroeiendste
elektrisiteitsbron, wat sy uitset elke twee jaar verdubbel.
Sonkrag is verreweg die mees oorvloedige en geredelik toeganklike bron van
hernubare energie in Suid-Afrika, aangesien Afrika geseënd is met sonskyn
regdeur die jaar. Daar is twee maal soveel sonlig in Afrika as in Europa,
waar sonkrageenhede in sommige lande soos Switserland verpligtend is,
beskikbaar. In Europa is daar die sogenaamde sonkragplase waar “boere”
geld verdien deur oortollige sonkrag aan die nasionale netwerk te verkoop,
eerder as om op die tradisionele manier te boer.
Daar is twee duidelike maniere waarop ons sonkrag kan benut, hetsy deur
die hitte van die son te gebruik (sontermiese krag) of deur sonlig deur
middel van fotovoltaïese panele in elektrisiteit te omskep. Afgesien hiervan
is daar “passiewe sonkrag” (passive solar) – geboue word op so ’n manier
ontwerp dat hulle die hitte van die son absorbeer (deur noord te front), wat
sodoende verhittingskoste verminder.
Sonkrag vir plase in afgeleë gebiede is ’n lewensvatbare opsie omdat daar
nie regstreekse toegang tot netwerkverskafde elektrisiteit is nie en dit baie
gaan kos om die elektrisiteit by die plase te kry – wat plaaseienaars dan sal
moet betaal. Sulke elektrisiteit sal teen ’n veel hoër tarief as dié in stedelike
gebiede verskaf word.
Bronne: www.solardome.co.za en www.solar-panel.co.za
Belanghebbendes (sien opskrif 12)
• African Alternative
Technologies (AAT)
• All Power
• Association for Renewable
Energy Cooking Appliances
(AFRECA)
• Aurora Power Solutions (APS)
• Bundu Power
• Davy Pumps
• Divwatt (Pty) Limited
• Earth Power
• Gunda Imports and
Distribution
• Jabula Holdings
• JLinx
• Kabi Energy
• Lindon Renewables
• LNR-Instituut vir Landbouingenieurswese
• Mainstream
Renewable Power
• MBB Consulting Engineers
• Nuon RAPS Utility
• Olivia Energy Solutions
• Plan my Power
• Renergy Technology
(Rentech)
• Secur-a-lite
• Selected Energy
• Solardome SA
• Solar Heat Exchangers
• Solar World Africa
• Solien
• Sonnenkraft
• South African Photovoltaic
Industry Association (SAPVIA)
• Sun Africa
• Sun Electricity
• Sustainable Energy Society of
Southern Africa (SESSA)
• Suntank Solar
• Tasol
• Tenesol Manufacturing
• ZM Pompe
8. Waterenergie
Energie in die vorm van bewegingsenergie of temperatuurverskille in water,
kan ingespan en gebruik word. Aangesien water ongeveer ’n duisend maal
swaarder is as lug, kan ’n stroom water wat stadig vloei groot hoeveelhede
energie vrystel.
Hidro-elektrisiteit, ’n hernubare energiebron wat uit bewegende water
verkry word, verskaf ongeveer een sesde van die wêreld se elektrisiteit. Met
sewe groot riviere (Nyl, Niger, Kongo, Senegal, Oranje/Gariep, Limpopo en
Zambezi) het Afrika, wat oor ongeveer 10% van die wêreld se potensiële
hidro-energie beskik, en ’n uiters lae per kapita energieverbruik het, tot
dusver slegs ’n klein gedeelte van sy vermoë benut.
Weens die hoë kapitaalkoste en die omgewings- en sosiale impak van
groot damme, word hernubare hidro-ontwikkelings tans toenemend
op kleinskaalse projekte (minder as 10 MW) gerig. Sulke kleiner hidroaanlegte beïnvloed nie oewer-ekosisteme nie, en deur plaaslike tegnologie
en vaardighede te gebruik, kan so ’n kleinskaalse hidro-aanleg ook in die
omgewing tot werkverskaffing bydra.
Visiongain, ’n onafhanklike inligtingverskaffer, raam die waarde van die
globale hidrokragmark op 56.51 miljard VS-dollar. Die Hydropower Market
2011-2021-verslag is beskikbaar by www.visiongain.com.
Hidro-elektrisiteit kan ook in die see gegenereer word as marine-energie
of marine-krag.
Belanghebbendes (sien opskrif 12)
• African Alternative
Technologies (AAT)
• Bethlehem Hydro
• Earth Power
• MBB Consulting Engineers
• Vortex Hydro Systems
• ZM Pompe
9. Windenergie
Teen 2030 sal 42% van die nuwe kragprojekte in Suid-Afrika op hernubare
energie steun, waarvan ongeveer die helfte deur windenergie aangedryf sal
word.
Danksy die uitgestrekte kuslyn, het Suid-Afrika die potensiaal vir grootskaalse
elektrisiteitsopwekking deur middel van windenergie. Volgens Hermann
Oelsner (African Wind Energy Association – AfriWEA) het Suid-Afrika die
potensiaal om, met behulp van die wind, meer elektrisiteit op te wek as sy
huidige nasionale kragverbruik – en boonop sonder die skadelike gevolge
vam fossielbrandstof en kernkragopwekkingsaanlegte.
Die World Wind Energy Association (WWEA) glo dat die klein windenergiemark
oor die potensiaal beskik omm sy markaandeel aansienlik te vergroot in die
nabye toekoms – tienvoudig in 2020 – en ’n volwasse industrie te word. Die
Small Wind Report 2012 is beskikbaar by www.wwindea.org.
Gaan lees gerus oor die Windatlas vir Suid-Afrika by www.wasaproject.info
Belanghebbendes (kyk opskrif 12)
• African Alternative
Technologies (AAT)
• African Wind Energy
Association (AfriWEA)
• Bundu Power
• Darling Wind power
• Divwatt (Edms) Bpk
• Earth Power
• Genesis Eco-Energy
• Innowind
• JLinx
• Kestrel Wind Turbines
• Lindon Renewables
• MetroWind Van Staden’s Wind
Farm
• Palm Tree Power
• Winglette
• ZM Pompe
10. Internasionale sakeomgewing
“We may have taught China to drive, eat, and buy its way to ruin; China may
yet