234
Belanghebbendes (sien opskrif 12)
• Agama Energy
• Acrona Systems
• Biogas Power
• Biogas SA
• Cape Advanced
Engineering (CAE)
• EcoSecurities
• Humphries Boerdery
• Lindon Renewables
Vergassing: Benutting van biomassa as energiebron
• LNR-Instituut vir Landbouingenieurswese
• MBB Consulting Engineers
• Southern Energy
• Sunfuel Cleantech Group
• Trade Plus Aid (TPA)
• Ubuntu Energy Solutions
• Weltec
GROBLERSDAL, Suid-Afrika: By Thandeka Mabuza se kleinskaalse
suiwelboerdery, op die oewer van die Olifantsrivier, is daar min sprake
van die kenmerkende reuk wat ’n mens sou verwag van ’n florerende
suiwelboerdery. Die afwesigheid van ’n misreuk is egter slegs één van die
voordele van die plaas se baanbreker-biogasmelkery.
Deur kuipe te gebruik om die beesmis te verteer, en dan die metaan te
onttrek en te brand, genereer Mabuza nou elektrisiteit vir haar huis en
skure.
“Hierdie projek is ’n drievoudige wensituasie,” sê dié voormalige landbouontwikkelingsbeampte by die Departement van Landbou en Grondsake
(soos dit op daardie tydstip bekend gestaan het). “Ek kan bevestig dat ek
my elektrisiteitsrekening met ’n kwart verlaag het deur mis in energie
te omskep. Ek voorkom ook ontbossing deur die insameling van hout
vir brandstof (wat ’n vernietigende uitwerking op die omgewing het),
te verminder.” Laasgenoemde is ’n groot kragbron vir baie kleinskaalse
boerderye.
Die 12-hektaar-plaas is in Limpopo (’n provinsie in Suid-Afrika, sowat
150 kilometer of 94 myl noordoos van Pretoria) geleë en beskik oor 16
melkkoeie, wie se mis in drie anaerobiese verteerders gevoer word. Die
gas wat gevorm word, word gebrand om elektrisiteit op te wek.
Bron: aangepas uit die artikel “South African dairy goes green with manure
power”, wat beskikbaar is by www.trust.org/alertnet.
Vergassing is die onvolledige pirolise van koolwaterstofbiomassa.
Voerstof soos hout, mis, afvalpapier of steenkool kan omgeskakel word
om skoonbrandende sintetiese gas te vorm wat hoofsaaklik uit waterstof
(H) en koolstofmonoksied (CO) bestaan. Hierdie gas kan gebruik word
om diesel of petrol te vervang.
Vergassing is ideaal vir grootskaalse landbou-ondernemings, aangesien dit
produkte wat hoofsaaklik afval is, kan omskep in ’n omgewingsvriendelike,
skoonbrandende brandstof wat gebruik kan word om elektrisiteit te
genereer, asook vir verhittingsdoeleindes – veral in die kouer klimate.
Biogasaanleg-energieopbrengste kan verryk word deur die vastestowwe
en vloeistowwe te skei in verteerder-afval, en die vastestowwe te
vergas.
Prosesafval was nog altyd hinderlik vir die bestuur van groot kommersiële
ondernemings soos voerplekke (dieremis) en saagmeulens (afvalhout,
saagsels en houtstukkies). In die verlede is direkte verbranding van die
afval, vir verhitting, bevorder en geïntegreer met ’n redelike mate van
sukses. Die impak op die omgewing en op arbeid is egter eers onlangs
waargeneem.
Bron: Biogas Power
4. Geotermiese energie
Hierdie energie kom voor in verhitte rots en vloeistof wat uit die uiters
warm kern van die aarde opstyg en tot in die skeurtjies en openinge in die
aardkors deursyfer. Dit kan in die vorm van warm water, stoom of warm,
droë rotse voorkom. Om tot hierdie energie toegang te kry, word gate in
die aardkors geboor. Suid-Afrika het nie baie geotermiese hulpbronne nie –
slegs dié in die gebied rondom Aliwal-Noord en in die Kaapse Hoekberge.
5. Natuurlike gas
Sien die hoofstuk oor energie
3. Biomassa
Die term “biomassa” verwys gewoonlik na enige plant- of dieremateriaal.
Voorbeelde van biomassa as ’n regstreekse brandstofbron sluit die volgende
in: hout, munisipale afval, dieremis, makadamianeutdoppe, suikerriet-reste
en landbou-afval, veral in plattelandse gebiede.
Plantolies word ook uit biomassa geproduseer. Hierdie olies kan uit
sonneblompitte, sojabone, grondbone, groente en ander plante onttrek en
in brandstof omgeskakel word.
6. Opvullingsgas
Sien ook die hoofstuk oor afvalbestuur
Biogas is onder die vorige opskrif bespreek. Vir aantekeninge oor
biobrandstowwe (etanol en biodiesel, raadpleeg die afsonderlike hoofstuk
daaroor.
Opvullingsgas is ’n komplekse mengsel van verskillende gasse wat gevorm
is deur die bedrywigheid van mikro-organismes in ’n opvullingsterrein.
Hierdie gasse kan versamel en gebruik word om hitte of elektrisiteit voort
te bring. Landvullingsgasprojekte is nie net ’n belangrike energiebron nie
(wat ’n kreatiewe vorm van afvalbestuur!); hulle verminder ook kweekhui
sgasvrystellings.
Belanghebbendes (sien opskrif 12)
Belanghebbendes (sien opskrif 12)
• Biogas Power
• Cape Advanced Engineering
(CAE)
• ECCOFuels
• Energy & Densification
Systems (Edms) Bpk
• ENVIRO-LOG
• Enviroserv
• Lindon Renewables
• MBB Consulting Engineers
• Renewable Energy Solutions
• Scanwood Solutions (Edms)
Bpk
• Southern Energy
• Sunf uel Cleantech Group
• University of the
Witwatersrand
• Energy & Densification
Systems (Edms) Bpk
• Enviroserv
• Interwaste Environmental
Solutions
• MBB Consulting Engineers
7. Sonkrag
Een uur sonlig bevat genoeg energie om die wêreld ’n dag lank van energie
te voorsien.