Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 235

233 Silobag Systems Tel: 083 570 1574 www.silobag.co.za Stargate Scientific Tel: 011 675 7433 www.stargatescientific.co.za Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) Tel: 012 428 7911 www.sabs.co.za Lees hulle artikel in die Read article in “Biotegnologie en plantteling” hoofstuk. Plaagdoderresidutoetsing vir gehaltebeheer en navorsings- en ontwikkelingsdoeleindes. 4. Publikasies en webtuistes Grain Handling, Storage & Drying Handbook is ’n uitstekende gids waarmee u ’n silobergingskompleks kan beplan. Dit is een van daardie dinge wat ’n verwerker of boer die een of ander tyd doen. Dit is by ABC Hansen beskikbaar (kontakbesonderhede onder opskrif 3). ABC Hansen publiseer ook elke maand ’n elektroniese nuusbrief en die webwerf, www. abchansenafrica.co.za, het baie nuttige inligting. Bel 012 842 4017 of stuur `n e-pos aan [email protected] die volgende pamflette wat beskikbaar is van die LNR in Silverton: • Bou van permanente sloot- en bunkersilo’s • Building of permanent trench and bunker silage silos • Hamermeul handleiding en toetsverslag 1997 • Handleiding vir die konstruksie van graansilo’s vir plaasopberging • Manual for the construction of grain silos for farm storage Die gradering van mielies en berging is twee onderwerpe wat ingesluit is in die uitstekende bemarkingsdokument Field Crop Marketing op www.daff. gov.za (kies die “Publications”- en dan die “ General Publications”-opsie). Dit is deel van ’n opleidingsreeks. Daar is ook ’n eenvoudiger Info Pak wat oor graanberging handel.. Daar is ook ’n “Infotoon” oor graanberging. Besoek www.agis.agric.za/ efarmer. Daar is ook ’n Info Pak by www.daff.gov.za (kies die “Publications”opsie). Groot hoeveelhede voedsel word in sub-Sahara Afrika vermors as gevolg van ontoepaslike opbergruimtes. ‘n Gesamentlike verslag wat deur die VN se Voedsel en Landbou Organisasie (FAO) en die Wêreldbank bekendgemaak is, getiteld: Missing Food: The Case of Postharvest Grain Losses in Sub-Saharan Africa, skat dat die waarde aan graanverliese in sub-Sahara Afrika ongeveer $4 miljard per jaar is. Die verslag doen ‘n beroep vir investering in na-oes tegnologieë om die verliese te verminder en die vasteland se voedselsekuriteit ‘n hupstoot te gee. Die verslag is op www.polity.org.za Ons dank aan Dirk Kok van Graan Silo Industrie wat terugvoering gegee het oor die konsephoofstuk. insette Hernubare energie Sien ook die hoofstukke oor energie; biobrandstowwe; en brandstowwe en smeermiddels. 1. Oorsig Die hernubare-energiesektor is een van die snelgroeiendste sektore in die wêreld. Vir Suid-Afrika kan dit werkskepping, volhoubare ontwikkeling en ’n verminderde las op Eskom meebring. Dit is ook ’n logiese reaksie op aardverwarming. Omdat hernubare energiebronne deurlopend aangevul word, bied hierdie bronne voorsieningsekerheid. Nadat die aanvangskoste aangegaan is, word energie van die wind, golwe, son, aardhitte (geotermiese hitte), biomassa en riviere verkry. Die tegnologie wat ingespan word vir die benutting van hierdie hulpbronne (renewable energy technologies – RETs) funksioneer sonder besoedeling en word dus “skoon tegnologie” genoem. ’n Groter verskeidenheid energiehulpbronne is in die beste belang van nasionale en internasionale sekuriteit. Die aanvraag na hernubare energie neem wêreldwyd toe en bied gevolglik ’n weg na volhoubare ekonomiese groei en potensiële uitvoere. Die gebruik van hernubare energie kan tans in ons energiebehoeftes voorsien en verseker dat daar vir ons kleinkinders skoon lug en voldoende energie sal wees. Bron: Earthlife (aangepas) 2. Biogas Sekere landboubyprodukte (diere-afval, gewasreste, ens) wat aanvanklik bloot as afval beskou is, word al meer as ’n nuttige byproduk en waardetoevoegende hulpbron beskou. In die hedendaagse kompeterende landbouomgewing moet boere meer aandag skenk aan die afval wat hulle weggooi en seker maak dat hulle nie potensiële kostebesparing of inkomste wegdoen nie. Biogas is ’n gas wat uit ongeveer 50–70% metaan (CH4) en 30–50% koolstofdioksied (CO2) bestaan. Sinonieme vir biogas is woorde soos rioolgas, moerasga