Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 224

222 insette Dieretrekkrag: die gebruik van diere se krag Kyk ook na die hoofstuk oor donkies 1. Oorsig Die Dieretrekkragnetwerk vir Oos- en Suider-Afrika (Animal Traction Network for Eastern and Southern Africa – ATNESA) is in 1990 gestig om dieretrekkragspesialiste in die streek met mekaar in verbinding te bring. Daarna is nasionale dieretrekkragnetwerke in verskeie Afrika-lande gestig. In 1993 is die Suid-Afrikaanse Dieretrekkragnetwerk (South African Network of Animal Traction – SANAT) gestig om die gebruik van werksdiere, asook die tersaaklike navorsing, ontwikkeling en opleiding, te bevorder. Die Dieretrekkragsentrum (Animal Traction Centre – ATC) is terselfdertyd, en met behulp van die Nasionale en Oos-Kaapse Departemente van Landbou, by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap op die been gebring. Hierdie sentrum is tot stand gebring met die doel om ’n plek te voorsien waar opleiding in dieretrekkrag ontvang en navorsing oor dieretrekkrag gedoen kan word. 3. Plaaslike sakeomgewing Die jongste nuusbrief is by www.benbester.co.za/sanat/news.htm beskikbaar. Daar is enkele kommersiële boere in Suid-Afrika wat dieretrekkrag gebruik om hul trekkerbedrywighede aan te vul en bedryfskoste te verminder. Tipiese aktiwiteite behels die vervoer van plaasinsette, produkte en voer; die verspreiding van kunsmis en mis; en die skoffel van onkruid. Dieretrekkrag kan ’n belangrike rol speel in die ontwikkeling van opkomende boere wat tot die kommersiële landbou toetree. Die aanvanklike kapitaalbelegging is omtrent een derde van wat dit sou wees indien trekkeraangedrewe meganisering gebruik word en hou dus ’n veel laer beleggingsrisiko in, terwyl die bedryfskoste ook baie laer is. In plaas daarvan dat dit met die verloop van tyd en gebruik in waarde verminder, kan die gebruik van koeie vir kort tydperke wanneer trekkers gewoonlik gebruik sou word (veral by gewasproduksie), ’n alternatiewe bron van inkomste in die vorm van kalwers en melk bied. Die gebruik van donkies kan ook bykomende besparings of inkomste meebring as dit vir die vervoer van produkte en water ingespan word. Dit stel die opkomende boer in staat om teen grootskaalse kommersiële boere op die oop mark mee te ding. Dieretrekkrag is baie belangrik vir bestaansboere. Vir die meeste bestaansboere is dit moeilik om klein lappies grond met konvensionele ploeë, êe, planters en skoffelploeë te bewerk. Hierdie soort toerusting is gewoonlik ook te duur om aan te koop, wat hulle verplig om dit by plaaslike kontrakteurs te huur, wat op hul beurt voorskryf wanneer belangrike aksies, soos die aanplant van gewasse, moet plaasvind. SANAT het in 1994 ’n nasionale dieretrekkragopname in Suid-Afrika onderneem om die stand van dieretrekkrag te assesseer en om op die lang termyn die produktiwiteit van kleinboere te verbeter en die lewenstandaarde op die platteland te verhoog deur die gebruik van dierekrag vir vervoer en gewasproduksie. Die opname het getoon dat nagenoeg 60% van die boere in die plattelandse gemeenskappe regoor Suid-Afrika van dierekrag gebruik maak. Daar is verder aangedui dat die krag van diere op sekere grootskaalse kommersiële plase opnuut ingespan word om die hoë meganiseringskoste, voortspruitend uit stygings in brandstof- en masjineriepryse, te verlig. Wanneer meer volhoubare, kostedoeltreffende gewasproduksiestelsels soos bewaringslandbou ingespan word, kan die boere dit bekostig om die diere wat hulle nodig gaan hê, aan te koop. Hulle kan ook implemente wat reeds tot hulle beskikking is, gebruik of hulle bure s’n leen. SANAT en die ATC (waar SANAT tans geleë is) werk al sedert 1994 daaraan om begrip vir en die gebruik van dieretrekkrag regdeur die land uit te brei en om opleiding en navorsing in dieretrekkrag te doen. Talle bestaansboere is vroue wat deur kinders bygestaan word. Donkies (wat vroue en kinders makliker kan hanteer) en kleiner liggewigtoerusting word vir hierdie tipe boerdery benodig. Sodanige toerusting is al ontwikkel en word steeds ontwikkel, en word geleidelik aan bestaansboere in SuidAfrika beskikbaar gestel. 2. Internasionale sakeomgewing SANAT is ’n geaffilieerde lid van ATNESA en trek voordeel uit hierdie internasionale netwerk wat Suid-Afrika in staat gestel het om netwerke te vorm met al die lande wat nog steeds dieretrekkrag gebruik of wat daarna teruggekeer het. Dieretrekkrag het ’n baie belangrike rol in die ontwikkeling van die mensdom gespeel. Dit is vervang deur enjins en masjiene wat deur fossielbrandstof aangedryf word, wat in die meeste gevalle minder kostedoeltreffend en omgewingsvriendelik as dieretrekkrag is. Dieretrekkrag word egter steeds op groot skaal in talle derdewêreldlande regoor die wêreld gebruik en is besig om ook weer na baie eerstewêreldlande terug te keer. Dieretrekkrag word veral deur die Amiese Doopsgesindes in die Verenigde State van Amerika gebruik as die vernaamste bron van krag vir hul landboubedrywighede en vervoer. Dieretrekkrag in die Verenigde Koninkryk, Europa en Kanada word eerder as ’n stokperdjie bedryf, maar dit word al meer in sommige gebiede gebruik, veral in die bosboubedryf en vir karweiwerk oor kort afstande, byvoorbeeld vir melkaflewering en op die plaas self. Wanneer meer volhoubare, kostedoeltreffende gewasproduksiestelsels soos bewaringslandbou ingespan word, kan die boere dit bekostig om die diere wat hulle nodig gaan hê, aan te koop. Hulle kan ook implemente wat reeds tot hulle beskikking is, gebruik of hulle bure s’n leen. Insette is geredelik landwyd beskikbaar, veral toerusting wat by die inspan van osse of koeie gebruik word en gewasproduksietoerusting. Vervaardigers of verspreiders soos Afritac en INTTRAC (hulle kontaknommers word onder opskrif 5 gegee) kan vir inligting oor u naaste verskaffers gekontak word. 4. Nasionale strategie en regeringskontakte Departement van Vervoer Geïntegreerde implementasie-ondersteuning Tel: 012 309 3403 / 3129 www.transport.gov.za Die Departement van Vervoer het fondse beskikbaar gestel vir die verbetering en beveiliging van donkiekarre. Soek die opskrif “Animal drawn carts” by die kiesopsies, “Major projects” en “Non-motorised transport”.