210
Ander faktore wat die kliënt moet verstaan en waarvan hy/sy bewus
moet wees voordat daar met boorwerk begin word:
• Die boorkontrakteur kan nooit waarborg dat hy water sal vind nie,
daarom is dit die kliënt wat aan risiko blootgestel word ten opsigte van
die koste van die boorgat, ongeag of water gevind word al dan nie.
• ’n Moderne boortoring is groot en swaar en kan in ’n stedelike gebied
’n mate van onvermydelike skade aan grasperke en swak motoropritte
berokken – iets waarvoor die boorkontrakteur nie redelikerwys
verantwoordelik gehou kan word nie. Boortorings maak ’n lawaai, en
’n mens behoort die bure vroegtydig te waarsku.
• Die plaaslike munisipaliteit/stadsraad kan toestemming vereis om te
kan boor. Dit is egter gewoonlik bloot ’n formaliteit.
• Daar kan nie van die kontrakteur verwag word om vooraf te sê wat
die boorgat altesaam gaan kos nie, omdat te veel onbekende faktore
’n rol speel, byvoorbeeld die finale diepte van die boorgat, die bedrag
wat vereis word en die tyd wat nodig gaan wees om die boorgat te
ontwikkel.
• Die minimum spesifikasies van die meeste banke in Suid-Afrika vir die
toestaan van ’n verband op ’n eiendom wat nie van hoofleidingwater
voorsien is nie (bv. plaashuise en kleinhoewes), is dat ’n erkende
pompinstalleerder ’n leweringsertifikaat moet verskaf wat verklaar dat
die boorgat op die eiendom ’n konstante vloei van minstens 1 500 liter
per 24 uur kan lewer. Daar moet ook bewys gelewer kan word dat die
water higiënies veilig vir menslike verbruik is.
Omvattender inligting kan van die Boorgatwatervereniging bekom word.
3. Van gemeenskaplike belang
Daar is drie vereistes waaraan daar by die oprigting van windaangedrewe
watervoorsieningskemas voldoen behoort te word:
• Sosiologies. Daar moet by die installasieterrein ’n waargenome
behoefte aan skoon, drinkbare water bestaan. Daarsonder sal enige
watertoevoerskema misluk. Dit is die belangrikste vereiste van windmeulewatervoorsiening, maar dit word alte dikwels verontagsaam.
Reël een is dus dat die plaaslike bevolking self daarvan oortuig moet
wees dat hulle skoon, drinkbare water nodig het.
• Wind. Winddata is in die meeste wêrelddele beskikbaar – selfs in
afgeleë landelike gebiede. Windmeule kan so ontwerp word dat hulle
water in selfs die ligste en die sterkte wind kan pomp. In areas met ligte
wind sal die pompkoste verhoog word. In die algemeen is die koste van
windmeule die laagste in gebiede met ’n windspoed van meer as 10km
per uur vir meer as 8 uur per dag.
• Water. Ondergrondse water is in die meeste wêrelddele op
wisselende dieptes beskikbaar. Windmeule is in staat om water uit
oppervlakwaterbronne oor lang afstande of uit groot dieptes van tot
200 meter te pomp, en met gespesialiseerde toerusting nog verder
en dieper. Windmeule-pompskemas behoort so ontwerp te word dat
hulle nooit meer as 70% van die getoetste bronopbrengs onttrek nie.
5. Belanghebbendes
Verenigings en wetteregtelik
Boorgatwatervereniging van
Suider-Afrika
Tel: