Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 211

209 Steriele-insek-tegniek vir plaagbestuur Die steriele-insek-tegniek, algemeen afgekort tot SIT, is een van die mees ekologies versoenbare metodes van plaagbestuur wat daar is. Dit is in werklikheid niks anders as geboortebeperking vir insekte nie. Van geskikte plaaginsekte word daar miljoene per week geteel. Die mannetjies word met gammabestraling gesteriliseer en weekliks in groot getalle in die teikengebiede vrygelaat. Die steriele mannetjies paar met die wilde vroulike insekte, wat daartoe lei dat onvrugbare eiers gelê word. Indien al die prosedures korrek uitgevoer word, neem die wilde populasie dan met opeenvolgende geslagte af tot subekonomiese vlakke. In sekere omstandighede is uitwissing selfs moontlik. • LNR-Infruitec-Nietvoorbij Dr. Brian Barnes 083 629 5922 www. arc.agric.za • SIT Africa Stiaan Kotze 082 447 4077 www.sitafrica.co.za • Suid-Afrikaanse Suikernavorsingsinstituut Dr. Des Conlong 031 508 7400 www.sasa.org.za/sasri • Universiteit Stellenbosch Matthew Addison 082 774 1757 www. cons-ent.com • Xsit Sampie Groenewald 022 921 2993 www.xsit.co.za 6. Publikasies en webtuistes • Soek die “Feeds, Stock Remedies, Pesticides and Fertilizers”-opsie by www.daff.gov.za. Hier word geregistreerde insekdoders, bioinsekdoders, swamdoders en bioswamdoders gelys, en aansoekvorms en kontakpersone by die DLBV is beskikbaar. • Skakel 011 025 4388 of besoek www.kejafa.co.za vir die publikasie Weeds, Control without Poison deur Charles Walters. • Madumbi Sustainable Agriculture bring ’n e-nuusbrief uit genaamd Biopulse. Om dit te ontvang stuur ’n e-pos aan: megan@madumbi. co.za. • Soek “Integrated Pest Management” en ander interessante opsies by www.toxipedia.org • Biocontrol Science and Technology bied oorspronklike navorsing en oorsigte op die terrein van biologiese plaag-, siekte- en onkruidbestryding. Vir meer besonderhede oor hierdie vaktydskrif, besoek www.tandf.co.uk/ journals/authors/cbstauth.asp • Pesticides Health Risks for South African Emerging Farmers is verkrygbaar by die Surplus People Project. Dit staan geïntegreerde plaagbestryding (IPM) en landbou-ekologie voor. Besoek www.spp.org.za of bel 021 448 0105. • Die Pesticides Action Network (PAN) is ’n netwerk wat in meer as 90 lande werk om die gebruik van skadelike plaagdoders deur ekologies veilige en sosiaal geregverdigde alternatiewe te vervang. Besoek www. pan-international.org • Soek die aantekeninge oor plaagbestuur op https://attra.ncat.org/pest. html, die webtuiste van die National Sustainable Agriculture Project van die VSA. • Die Departement van Waterwese se “Working for Water”-webtuiste by www.dwa.gov.za/wfw. • The Garden Guardian’s guide to environmentally-responsible garden care ’n publikasie deur Johan Gerber en uitgegee deur Aardvark Press, is steeds relevant en beskikbaar. Besoek www.gardencare.co.za. • Besoek www.gardencare.co.za en www.biologicalcrophealth.co.za vir skakels na ander internasionale webtuistes wat met plaaginligting en biologiese bestryding gemoeid is. Besoek die LNR se Navorsingsinstituut vir Plantbeskerming (NIPB) onder “Plant Protection Research Institute (PPRI)” by www.arc.agric. za. Plakkate, CD-ROM’s, publikasies en ander materiaal is verkrygbaar by die webtuiste (klik op “Shopping”) of by die Navorsingsinstituut vir Plantbeskerming. Die NIPB se elektroniese nuusbrief bevat die jongste inligting oor biobestrydingsnavorsing. Skryf aan [email protected]. Tersaaklike publikasies (net in Engels beskikbaar): • PPRI Leaflet Series: Weeds Biocontrol en Vir dossiere oor biologiese bestrydingsmiddels wat beskikbaar is om ’n mens met die bestryding van uitheemse plante te help – tree in verbinding met Hildegard Klein, tel: 012 356 9841; e-pos [email protected] Ons dank aan Hildegard Klein by die LNR-NIPB vir die aantekeninge wat sy vir hierdie projek beskikbaar gestel het. Ons dank ook aan Michelle Paterson vir haar terugvoering oor die konsephoofstuk. insette Boorgate en windpompe 1. Oorsig ’n Groot gedeelte van die landelike bevolking in die ontwikkelende lande het nie toegang t