203
insette
permanente oppervlakbedekking en gediversifiseerde gewasse bevorder
om te sorg vir gesonder en produktiewer grond. Dit strek ook tot die
samelewing se voordeel omdat minder atmosferiese koolstofdioksied
vrygestel word.
Bewaringslandbou
Bewaringslandbou (soos omskryf deur die Voedsel- en Landbou-organisasie
van die Verenigde Nasies, FAO) word deesdae as die oorkoepelende
term om landboukundige boerderypraktyke te beskryf wat die ekologiese
stelsels sal bewaar. Die mees algemene vorme van bewaringslandbou
is
geengrondbewerking,
bewaringslandbou,
direkte
besaaiing,
rifbewerking, beitel-en-skottelploegbewerking, skeur-op-rybewerking en
deklaagbewerking.
Ons vasteland is besig om dood te bloei: megatonne bogrond spoel elke
jaar in die see in as gevolg van die degenerering van die grondstruktuur deur
ploegwerk.
Bewaring en die doeltreffende benutting van natuurlike hulpbronne
op nasionale, streeks- en plaasvlak is nie meer ’n luukse nie, maar ’n
noodsaaklikheid, en die aanwending van bewaringsboerderypraktyke is ’n
noodsaaklike komponent van goeie boerderypraktyk.
1. Oorsig
Bewaringslandbou is ’n kostedoeltreffende, omgewingsvriendelike metode
van boer wat nie gewone ploegwerk en bewerking gebruik nie, maar
Bewaringslandbou
word
in
die
Verenigde
State
van
Amerika
Om te ploeg of nie te ploeg nie – ou en nuwe paradigmas in gewasproduksie
Ou paradigmas
Grondbewerking is noodsaaklik vir ’n opbrengs
• Begrawe plantreste met grondbewerkingsimplemente
• Onbedekte grond vir weke en maande
• Grondtemperatuur-uiterstes as gevolg van direkte bestraling
• Verbranding van oesreste toegelaat
• Sterk klem op chemiese prosesse in grond
• Eerste opsie - chemiese plaagbestryding
• Groen mis bedek gewasse; wisselbou opsioneel
• Gronderosie word deur uitermate hoë reënval veroorsaak
Gevolge van grondbewerking en onbedekte grond
1
2
3
4
Wind- en watererosie is onvermydelik
Verminderde waterinfiltrasie in die grond
Grondwater minder beskikbaar
Organiesemateriaalinhoud van grond en gevolglik grondgehalte
onvermydelik verlaag
5 Grondkoolstof verlore as koolstofdioksied in die atmosfeer wat
tot aardverwarming bydra
6 Grondagteruitgang (chemies, fisies en biologies)
7 Gewasproduktiwiteit verlaag
8 Bemestinggebruik en produksiekoste hoog
9 Oorlewing van die familieplaas bedreig (laer opbrengste, produksie
sonder winsgewendheid, onvoldoende inkomste)
10 Landelike armoede > verstedeliking > verhoogde druk op
stedelike infrastruktuur en werkverskaffing > stedelike armoede
> krotbuurte > misdaad > maatskaplike konflik > politieke
onbestendigheid
Gevolge van gronderosie weg van plaas
• Sedimentasie van riviere, damme, mere, ens.
• Verlaagde waterkwaliteit en verhoogde suiweringskoste
• Probleme in hidroëlektriese kragsentrales
• Sedimentasie van paaie
• Hoër koste vir die regering en vir gemeenskap weens gevolge van
gronderosie weg van plaas
Resultaat:
• Volhoubare grondgebruik is nie moontlik nie (ekologies, maatskaplik
en ekonomies).
• Uitbuiting van grondhulpbron
Bron: After Derpsch 2004.
Nuwe paradigmas
Grondbewerking is nie noodsaaklik vir ’n opbrengs nie
• Oesreste bly op die grondoppervlak as deklaag
• Grond is nooit onbedek nie - permanente grondbedekking
• Deklaag dien as buffer vir grondtemperature
• Verbranding van deklaag verbied
• Klem op biologiese prosesse in grond
• Eerste opsie - biologiese plaagbestryding
• Groen mis bedek gewasse; wisselbou noodsaaklik
• Gronderosie word deur wanbestuur van grond veroorsaak
Gevolge van geen grondbewerking en permanente gronddekking
1 Wind- en watererosie naby zero
2 Verhoogde waterinfiltrasie in die grond
3 Grondwater meer beskikbaar
4 Organiesemateriaalinhoud van grond en gevolglik grondgehalte
gehandhaaf of verbeter
5 Koolstof word in die grond geïsoleer wat grondgehalte verhoog en
aardverwarming verminder
6 Grondverbetering (chemies, fisies en biolog Y\