202
6. Internasionale sakeomgewing
Besoek die volgende webtuistes:
• International Commission on Irrigation and Drainage (ICID) –
www.icid.org
• Irrigation Association Australia – www.irrigation.org.au
• Irrigation Association (US) – www.irrigation.org
• International Water Management Institute – www.iwmi.org
7. Publikasies en webtuistes
Besoek die webtuistes van die betrokke maatskappye en verenigings.
SABI Magazine/Tydskrif word tweemaandeliks deur SABI gepubliseer. Dit
is die enigste tydskrif gemik op die besproeiingsbedryf in Suid-Afrika en
word na meer as 50 000 besproeiingsboere en professionele persone in die
bedryf gestuur. SABI Magazine/Tydskrif bevat eerstehandse inligting en berig
oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe van toepassing op besproeiing. Dit
sluit ook artikels oor tegniese aspekte van besproeiing in. Besoek www.sabi.
co.za vir verdere inligting en om op die tydskrif in te teken.
Newsjet is SABI se nuusbrief. Besoek die webtuiste vir ’n uitgawe daarvan.
Irrigation Design Manual – Dié handleiding is gewoonlik deel van die kursus
vir Besproeiingsontwerp. ’n Afskrif is by SABI beskikbaar.
Die Waternavorsingskommissie het verskeie publikasies oor besproeiing
die lig laat sien. Een van dié publikasies is Irrigation water measurement
– Guidance for water user associations. Watergebruikersverenigings sal
groot baat vind by hierdie rig