Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 179

177 • Die instandhouding van ’n omheining kan duur wees en vereis konstante werk. • Omheinings versteur die beweging van wilde diere. Dit kan hulle afsny van kos, beskutting en hul aanteelmaats. Belanghebbendes kan raad gee waar heinings die doeltreffendste sal wees. Kontakbesonderhede is in die hoofstuk oor omheinings. ’n Plan vir ’n roofdierbestande heining kan verkry word van dr Bool Smuts, tel 083 324 3344. Pootstrikke Boere word afgeraai om pootstrikke te gebruik omdat baie onskuldige diere hierin trap. Pootstrikke is veral onwenslik wanneer hulle nie gereeld ondersoek word nie. Valhokke of valstrikke As ’n bestuursintervensie is valstrikke toestelle wat bloot diere in bedwang hou sonder om enige ernstige beserings tot gevolg te hê. Hierdie is die aanbevole manier om van enige dier in ’n area ontslae te raak – valstrikke wa B