Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 178

176 Korrekte benadering tot skadeveroorsakende wildediere a) Watter dier is verantwoordelik vir die skade? b) Hoeveel skade kan aan die wildedier toegeskryf word? c) In watter areas van die eiendom vind die meeste skade plaas? d) Watter versagtende maatreëls kan geïmplementeer word om skade te voorkom of te verminder? Is e) die voorgestelde bestuursmetodes ekologies aanvaarbaar en wetlik in terme van die toepaslike wetgewing? f) Is die voorgestelde bestuursmetodes menslik en eties aanvaarbaar? Bron: Co-operative Agreement between the Predator Management Forum (WesternCape) en die Kaapse Natuurbewaringsraad (handeldrywend as Capenature), Maart 2012. 3. Predasie: Beheermetodes • Al maak ’n mens in een nag 10 jakkalse dood, is dit nie te sê jy is ontslae van die een wat jou vee doodgemaak het nie. Sukses word gemeet aan kleiner verliese en ’n groter wins, nie aan hoeveel jakkalsvelle in jou skuur hang nie. • Halfhartige maatreëls is vergeefse moeite, want diere vermy swak gestelde strikke of ontsnap daaruit. Dikwels vererger dit net die probleem. • Skadelike wilde diere leer gou hoe ’n boer se strikke en slim planne werk. Selfs die beste strikspanner vang mettertyd al minder diere. As die strikspanner dieselfde strikke volgens dieselfde metode in ’n ander streek gaan span, sal hy weer baie vang. Daar is heelwat beheermetodes. Ons o