175
bedryf tensy ’n lisensie daarvoor uitgereik is nie.
hulpbronne en goeie
landboupraktyk
Kragtens Skedule 1 is bepaalde gelyste aktiwiteite gespesifiseer waarvoor
óf ’n basiese evaluering (GN R 544 en R 546) óf ’n omvangbepaling en
omgewingsimpakbepaling (GN R 545), soos uiteengesit in die omgewingsimpakbepalingsregulasies (sien opskrif 3) die aansoekvorm vir die
afvalbestuurslisensie moet vergesel.
Die gelyste aktiwiteite wat van toepassing is op voorgestelde verwikkelinge
of verbeteringe in die landbousektor, is:
• (3) Die berging, insluitende tydelike berging van algemene afval in
strandmere;
• (9) Die biologiese, fisiese of fisikochemiese behandeling van algemene
afval by ’n fasiliteit wat oor die kapasiteit beskik om meer as 10 ton
algemene afval per dag te verwerk;
• (10) Die verwerking van afval by biogas-installerings met ’n kapasiteit
om meer as vyf ton bio-afbreekbare afval per dag te verwerk;
• (11) Die behandeling van afvalwater of riool met ’n jaarlikse
deursetkapasiteit van meer as 2 000m3, maar minder as 15 000m3;
• (17) Die berging, behandeling of verwerking van dieremis by ’n fasiliteit
met ’n kapasiteit om meer as een ton per dag te verwerk;
• (18) Die oprigting van fasiliteite vir aktiwiteite wat gelys is in kategorie
A van hierdie skedule (nie in isolasie van geassosieerde aktiwiteit nie);
• (19) Die uitbreiding van fasiliteite of veranderinge aan bestaande
fasiliteite vir enige proses of aktiwiteit wat ’n nuwe permit of lisensie,
of ’n wysiging aan ’n bestaande permit of lisensie, vereis ingevolge
wetgewing wat die vrystelling van besoedeling, riool of afvalwater
reguleer; en
• (20) Die uitdiensstelling van aktiwiteite wat in hierdie skedule gelys is.
Hierdie aktiwiteite word deur die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur:
Afval geklassifiseer as kategorie A-aktiwiteite, dus moet ’n basiese
evalueringsproses uitgevoer word as deel van die aansoek om ’n
afvalbestuurlisensie.
Die volgende aktiwiteite word deur die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur:
Afval geklassifiseer as kategorie B-aktiwiteite, dus moet ’n proses van
omvangbepaling en omgewingsimpakbepaling uitgevoer word, soos
uiteengesit in die omgewingsimpakbepalingsregulasies:
• (2) Die herbenutting en herwinning van gevaarlike afval;
• (3) Die herwinning van gevaarlike afval, insluitende die suiwering,
benutting of medeverwerking van afval by ’n fasilite