170
hulpbronne en goeie
landboupraktyk
Wetgewing rakende die omgewing
1. Oorsig
Daar word dikwels aanvaar dat omgewingskwessies “groen” kwessies is
wat slegs met natuurlike hulpbronne soos diere en plante te make het.
In werklikheid egter is daar drie basiese aspekte wat ten opsigte van die
omgewing oorweeg moet word, naamlik die ekologiese, die ekonomiese
en die maatskaplike. Slegs wanneer hierdie drie aspekte gesamentlik beskou
word, kan die werklike toedrag van sake met betrekking tot die omgewing
noukeurig bepaal en verstaan word.
Ekologiese aspekte sluit plante, diere, lug en grond in. Maatskaplike kwessies
hou met menslike interaksie verband en sluit kwessies soos onderwys,
verkeer asook geraas- en visuele impakte in. Ekonomiese kwessies omvat
kapitaaluitleg, opbrengste op beleggings, en werkverskaffingsgeleenthede.
Wanneer die begrip “volhoubaarheid” in verband met die omgewing gebruik
word, word daar gepoog om bogenoemde drie aspekte van ons omgewing
te versoen, om seker te maak dat die bevrediging van toekomstige geslagte
se behoeftes gewaarborg word terwyl die omgewing terselfdertyd bewaar
word.
Hierdie hoofstuk is om twee redes ingesluit:
• Boere kan in die moeilikheid beland indien hulle nie met
omgewingskwessies vertroud is nie.
• Enige nasionale bewaringstrategie behoort die belangrike rol wat
boere in bewaring speel, in aanmerking te neem.
2. Wetgewing in verband met die omgewing
PLAASLIKE WETGEWING met betrekking tot die omgewing sluit die
volgende in:
Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108 van 1996
Elkeen het die reg om te verwag dat die omgewing beskerm sal word
kragtens wetgewing of deur ander middele, om
• ekologiese degradasie en besoedeling te voorkom
• bewaring te bevorder
• ekologies volhoubare ontwikkeling en hulpbronverbruik te verseker
Die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur 107 van 1998
Die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur is die oorkoepelende
omgewingswetgewing in Suid-Afrika, en handel oor ’n aantal kwessies wat
die volgende insluit:
• Volhoubare ontwikkeling. Wanneer volhoubare ontwikkeling toegepas
word, word maatskaplike, ekonomiese en omgewingsfaktore by alle
beplanning en besluitneming in aanmerking geneem.
• Die bewaring van ekosisteme en verlies aan biodiversiteit. Die versteuring
van ekosisteme en biodiversiteitverlies moet teengewerk of versag
word, en ’n versorgingsverpligting moet geld om beduidende
besoedeling en omgewingsdegradasie te voorkom.
• Vergoeding deur die besoedelaars. Volgens die beginsel van “die
besoedelaar betaal” word die koste van die omkering van
besoedeling, omgewingsdegradasie en die gepaardgaande nadelige
gesondheidsgevolge asook van die voorkoming, kontrolering en
minimalisering van verdere besoedeling, omgewingskade of nadelige
gesondheidsgevolge gedra deur diegene wat die omgewing beskadig
het.
• Die vaslegging van prosedures. Daar is bepaalde prosedures wat gevolg
moet word by die ondersoek, evaluering en bekendmaking van enige
aktiwiteit wat omgewingsmagtiging noodsaak.
Kragtens artikel 24 van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur word
spesifieke wetgewing kragtens omgewingsimpakbepalingsregulasies
ingesluit. Dit word uitvoeriger bespreek in afdeling 3 hieronder.
Die Nasionale Waterwet 36 van 1998
Suid-Afrika is onderworpe aan ’n aantal wette – sowel nasionaal as
internasionaal – met betrekking tot die omgewing.
Die doel van die Nasionale Waterwet is om Suid-Afrika se waterhulpbronne
en gepaardgaande ekosisteme asook hul biologiese diversiteit te bewaar.
(Sien die hoofstuk oor water.)
INTERNASIONALE OMGEWINGSKONVENSIES sluit die volgende in:
Die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne 43 van 1983
• Die Ramsar-konvensie. Dit is ’n interregeringsverdrag wat die
raamwerk daarstel vir internasionale samewerking met die oog op die
bewaring en verstandige gebruik van vleilande en hul hulpbronne, met
die klem op ekologiese, ekonomiese en maatskaplike uitvoerbaarheid.
• Die Konvensie oor Biologiese Diversiteit. Hierdie konvensie het
dit ten doel om biologiese diversiteit te bewaar en op volhoubare
wyse te gebruik, en om die billike deling van die voordele wat met die
verbruik van hulpbronne gepaardgaan, te bevorder.
• Die VN se Konvensie vir die Bevegting van Desertifikasie (United
Nations Convention to Combat Desertification). Dit verg dat lande op
gronddegradasie en die gevolge van droogte moet reageer deur middel
van onder meer rehabilitasie, bewaring en die volhoubare bestuur van
grond- en waterhulpbronne.
• Die Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling [New Partnership
for Africa’s Development (NEPAD)] Bewaring en die volhoubare
verbruik van natuurlike hulpbronne is een van die agt temas van hierdie
omgewingsinisiatief.
• Die Wêreldspitsberaad oor Volhoubare Ontwikkeling [The World
Summit on Sustainable Development (WSSD)] Die bevordering van
waterskeiding en die beskerming en herstel van waterhulpbronne om
die risiko van oorstromings in lande wat aan droogte onderhewig is, te
verklein.
Die doel van hierdie wet is om die oorbenutting van Suid-Afrika se
natuurlike landbouhulpbronne te beheer en die opbrengspotensiaal van die
grond te bewaar. Grond- en waterhulpbronne asook natuurlike plantegroei
word bewaar deur middel van die voorkoming en beheer van erosie,
die beskerming van oppervlak- en grondwater, en die voorkoming van
damverslikking en waterbesoedeling.
Die bestryding van onkruid en uitheemse indringerplante word gedek
deur Gewysigde Regulasie 15 en 16 van die Wet, wat op 3