171
Die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne 25 van 1999
Die doel van hierdie wet is om Suid-Afrika se natuurlike en kulturele erfenis
te beskerm. Dit kan die beskerming van ’n landskap, natuurlike kenmerke
en voorwerpe, of plekke van kulturele betekenis, historiese belangrikheid of
argeologiese/geologiese waarde insluit. Volgens die wet mag geen gebou van
ouer as 60 jaar enigsins sonder geskrewe toestemming van die provinsiale
erfenisowerheid (bv. KZN Amafa) gewysig word nie.
The National Environmental Management: Biodiversity Act 10 van
2004 (slegs in Engels beskikbaar)
Hierdie wet is daarop gerig om spesies en ekosisteme te beskerm, en om
die volhoubare verbruik van inheemse biologiese hulpbronne te bevorder.
Ingevolge die wet is die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Biodiversiteit
(SANBI) tot stand gebring, wat die implementering van programme vir die
rehabilitasie van ekosisteme koördineer.
The National Environmental Management: Protected Areas Act 57
van 2003 (slegs in Engels beskikbaar)
Die bedoeling van hierdie wet is om ekologies lewensvatbare gebiede en
die natuurlike landskappe daaraan verbonde, te beskerm en te bewaar.
Voorbeelde van hierdie soorte gebiede is:
• wildreservate, natuurreservate en beskermde omgewings
• wêrelderfenisterreine
• woudgebiede wat in die besonder beskerm word
• bergopvanggebiede
Grondbesitters word aangemoedig om hul grond onder formele beskerming/
bewaring te laat plaas, en met die oog daarop word tariefverminderings aan
betrokkenes beskikbaar gestel.
Die Wet op Bergopvanggebiede 63 van 1970
Hierdie wet het dit ten doel om die bewaring, gebruik, bestuur en beheer
van grond wat in bergopvanggebiede geleë is, te beheer.
Ander wette en wetgewing
Die Wet op die Wêrelderfeniskonvensie 49 van 1999 bepaal dat
wêrelderfenisterreine onder die bestuursowerheid en die relevante
munisipaliteit val.
Die Strandwet 21 van 1935 en die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne
18 van 1998 sluit definisies van estuariese en binnelandse water in.
Wetgewing deur provinsiale en plaaslike owerhede kan spesifiek op
bepaalde instansies in hul regsgebied van toepassing wees. Dit behoort in
elke afsonderlike geval in aanmerking geneem te word.
3. Regulasies aangaande omgewingsimpakbepaling
(OIB)
Kragtens Afdeling 24 van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur is om
gewingsimpakbepalingsregulasies kragtens GN R 543 (2010) uitgevaardig,
en hierdie regulasies spesifiseer sekere gelyste aktiwiteite waarvoor
óf ’n basiese evaluering (GN R 544 en R 546) óf ’n omvangbepaling en
omgewingsimpakbepaling (GN R 545) nodig is.
Daar is verskeie gelyste aktiwiteite wat op voorgenome ontwikkelinge
of verbeteringe in die landbousektor betrekking het. Dit sluit aktiwiteite
in wat verband hou met die teel van lewende hawe, verpakkingskure,
brandstofberging, uitvloeiseldamme, die verwydering van inheemse
plantegroei deur ploeëry, oprigting van brûe/ keerwalle, wateronttrekking
en -opgaring in damme, kunsmis- en afvalbestuur, die vrystelling van
geneties gemanipuleerde organismes en die onderverdeling van grond. Dit
word hieronder uitvoeriger uiteengesit.
Kragtens GN R 544 moet daar ten opsigte van die volgende aktiwiteite ’n
basiese evaluering (assessment) uitgevoer word (vrye vertaling):
• Deel 3: Die oprigting van fasiliteite of infrastruktuur vir die slag van
diere met ’n produkdeurset van (i) meer as 50 stuks pluimvee per dag;
of (ii) meer as 6 eenhede wild en rooivleis per dag.
• Deel 4: Die oprigting van fasiliteite of infrastruktuur vir die
saamgroepering van diere vir die doel van kommersiële produksie in
digthede wat meer is as
- 2 m2 per grootvee-eenheid en meer as 500 eenhede per fasiliteit;
- 8 m2 per kleinvee-eenheid en (a) meer as 1 000 eenhede per fasiliteit,
met die uitsluiting van varke waar (b) van toepassing sal wees; (b) meer
as 250 varke per fasiliteit, met die uitsluiting van varkies wat nog nie
gespeen is nie;
- 30 m2 per krokodil op enige produksievlak, met die uitsluiting van
krokodille jonger as 6 maande
- 3 m2 per haas en meer as 500 hase per fasiliteit op enige tydstip
- 250 m2 per volstruis of emoe en meer as 50 volstruise of emoes per
fasiliteit per jaar, of 2 500 m2 per teelpaar
• Deel 5: Die oprigting van fasiliteite of infrastruktuur vir die
saamgroepering van:
- (i) meer as 1 000 stuks pluimvee per fasiliteit in ’n dorpsgebied, met
die uitsluiting van kuikens jonger as 20 dae; of
- (ii) meer as 5 000 stuks pluimvee per fasiliteit buite ’n dorpsgebied,
met die uitsluiting van kuikens jonger as 20 dae.
• Deel 8: Die oprigting van ’n broeihuis of agri-industriële infrastruktuur
buite industriële komplekse waar die ontwikkelingsvoetspoor ’n
oppervlakte van 2 000 m2 of meer beslaan.
• Deel 11: Die oprigting van (i) kanale, (ii) waterlope, (iii) brûe, (iv) damme,
(v) studamme, (x) geboue wat groter as 50 m2 is, (xi): infrastruktuur of
strukture wat 50 m2 of meer beslaan, waar sodanige oprigting binne
32 meter van ’n waterloop voorkom (van die kant van die waterloop
af gemeet).