164
hulpbronne en goeie
landboupraktyk
Voëls en boerdery
Sien ook die “Voëlwild, watervoëls en ander pluimvee” hoofstuk
gedoen word om die produk te vind wat die taak met die kleinste uitwerking
op die lang duur sal verrig. Bioafbreekbaarheid, gebruiksfrekwensie, die
uitwerking op ander organismes, en akkuraatheid van toediening is alles
belangrike faktore om te oorweeg wanneer ’n keuse gemaak word. As die
produk eers gekies is, moet die gebruiksaanwysings noukeurig gevolg word
en daar moet tot elke prys gepoog word om enige uitwerking op ander
organismes, ook bekend as nieteikenspesies, te verhoed. Insekdoders is veral
gevaarlik en leweransiers en vervaardigers moet deeglik oor bogenoemde
kwessies uitgevra word.
Die boerdery en voëls kan saam bestaan
1. Oorsig
Dalende winsmarges by boerdery-ondernemings en ander kwessies
kan lei tot meer intensief en in nuwe gebiede te boer. Dit plaas druk op
natuurlike stelsels en die voëls en ander diere wat die gebiede bewoon.
Die invloed op biodiversiteit kan negatief wees.
’n Groot aantal voëls op ’n plaas dui nie outomaties ’n gesonde
voëlbevolking aan nie. Die voëls wat so volop op die plaas voorkom is
miskien as gevolg van ’n spesifieke bron of gewas. Wat van die voëlspesies
wat nie in die kategorie inpas nie? Daar kan miskien sommige wees wat
natuurlik in die gebied voorgekom het wat se getalle dramaties of geheel
en al gedaal het.
Net soos ’n mens die lewensiklusse van die plae moet ken om hulle te kan
bestry, kan ’n mens – deur die voëls se gedrag, voeding- en nesgewoontes te
leer ken – nuwe ontwikkelings en algemene boerderypraktyke ontwerp om
hul welstand te bevorder. As bewaarders van die aarde en die biodiversiteit
daarvan is dit ons plig en nie ’n luukse nie.
Bronne: Dr. At Kruger, dr. Pete Irons, Denokeng Bird Bash, Seringveldse Bewaringsgebied,
Gautengse Bewaringsgebiedvereniging
2. Twee voordelige voëls
Uile
Plase met verskeidenheid is voëlvriendelike plase
Ongeag watter tipe boerdery beoefen word is daar maniere waarop
die impak op voëldiversiteit verminder kan word. Dit is belangrik om
nuwe lande of enige ander ontwikkelinge wat die natuurlike habitat sal
verander, te beplan. ’n Goeie beginsel is om ’n mosaïek van verskillende
grondgebruike op ’n plaas te handhaaf. Selfs al word ’n groot deel van die
plaasoppervlakte benut, sal verskillende tipes grondgebruik verseker dat ’n
groter verskeidenheid voëls uit die plaas voordeel kan trek.
Boer goed om verandering aan die habitat te verminder
Alternatiewe vir die aanlê van nuwe landerye moet gesoek word, soos
doeltreffender boerderymetodes om groter opbrengs uit die bestaande
landerye te verkry. Oor die algemeen bevorder goeie boerderymetodes die
welstand van die natuurlike hulpbronne en is dit gewens. Selfs ’n eenvoudige
voorbeeld soos die oorbeweiding van ’n veld en veldbrande wat te dikwels
voorkom sal tot habitatverandering lei, en onvermydelik tot ’n vermindering
van sekere voëlspesies.
Voëls benodig ook deurgange
Hoewel voëls kan vlieg, sal baie van hulle nie van een afgesonderde
stuk natuurlike plantegroei na ’n ander vlieg nie; hulle sal egter wel met
’n natuurlike deurgang langs beweeg. Sulke korridors van natuurlike
plantegroei behoort tussen landerye en tussen geboue behou te word om
die beweging van voëls en ander diere moontlik te maak. Beweging in die
rigting van water behoort ook aangemoedig te word deur korridors van
natuurlike plantegroei wat na waterbronne lei, te behou. Terwyl ’n mens
die beweging van voëls ondersoek, moet jy ook na algemene vlugroetes
kyk voordat jy hoë heinings, kragdrade en telefoondrade oprig asook
telefoonlyne, windturbines en sonpanele. Groot voëls, insluitende talle
bedreigde voëls, word dikwels beseer of gedood as hulle in prominente
strukture vas vlieg. Waar hoë strukture opgerig word, veral in gebiede waar
daar meer beweging van voëls is, moet die strukture sigbaarder gemaak
word deur byvoorbeeld kragdrade te merk met flappe of soortgelyke
toestelle.
Gebruik die regte bestrydingsmetodes korrek
Plae en onkruid is ’n feit van boerdery wat ter wille van doeltreffende
produksie bestry moet word. Bestryding beteken nie uitroeiing nie, en
bestryding op ’n aanvaarbare vlak moet oorweeg word. Natuurlike laeimpakmetodes moet waar moontlik gevolg word. Die ideaal is biologiese
agente wat met sorg uitgekies is. Trouens, voëls kan juis so ’n biologiese
bestuurshulpmiddel wees, soos die bosveld se bosluisvoëls, wat jaarliks
groot getalle bosluise van beeste en ander groot diere pluk en vreet. Uile kan
soortgelyk ook gebruik word as ’n biologiese beheermetode vir knaagdiere.
Die oprig van uilbokse sal help om uile aan te trek op die eiendom (sien 2)
Indien die gebruik van chemikalieë nodig is, moet daar deeglik navorsing
Boere word aangemoedig om na die welstand van uile, ’n natuurlike
roofdier van graanpeste soos muise, om te sien Uile (en vlermuise) is ’n
koste-effektiewe en omgewingsvriendelike manier om peste te beheer. ’n
Volwasse kerkuil sal omsien na twee knaagdiere per nag en ’n vlermuis sal
op een slag insekte eet van meer as 50% van sy liggaamsgewig.
Die probleme:
• Talle uile is slagoffers van sekondêre of toevallige vergiftiging deur
die opbou van insekdoders in die uil se liggaam en deur die gebruik
van rottegif. Die gif in rotte se liggame veroorsaak dikwels die dood
van uile. Dit is belangrik om te besef dat enige gif wat in die tuin of
op die plaaswerf gebruik word, ook voordelige diere, soos uile, kan
benadeel. Daar is gifblokkies (bv. Racumin-blokkies – nie pasta nie)
wat nie tot sekondêre vergiftiging lei nie. Tree in verbinding met die
Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaagbestryding (besonderhede in die
hoofstuk “Wildlewe op plase”).
• Kuikens behoort gelaat te word waar hulle gevind word, sodat die
ouers kan voortgaan om hulle te versorg. Die meeste uilkuikens wat
op die grond gevind word, is nie deur hul ouers verlaat nie en in die
meeste gevalle is die beste optrede om die voël net daar te los.
Hoe om uile aan te lok
• Hou die gebied so natuurlik moontlik.
• Vermy alle soorte gif.
• Verskaf veilige broeikaste: dit kan dalk hul broeisukses verhoog
Kry inligting bywww.deltaenviro.org.za/deltaowl.htm (die bron van gedeeltes
van die inligting hierbo) Rolspelers soos die EWT, Eco Solutions, Charles
veterinary Group, Urban Owl Nest projek en die Afrika Roofvoëlreservaat
kan u ook help. Kry hul besonderhede onder opskrif 5.
Die rooibek-bosluisvoël
Die rooibek-bosluisvoël kan op wild- en beesplase een van ’n boer se
grootste natuurlike bondgenote wees, en daarom is dit uiters belangrik dat
boerderypraktyke hierdie voël die beste kans op oorlewing bied. Bosluise
moet daarom met d ie korrekte produkte en bestuursprotokolle bestry
word.
Die dip van lewende hawe teen bosluise het die rooibek-bosluisvoël
in Suid-Afrika feitlik uitgewis. Gelukkig het die bekendstelling van
omgewingsvriendelike chemikalieë, piretroïed en amidienmytdoders,
nuwe hoop gebring vir bosluisvoëls. Vir meer inligting oor hoe om na
bosluisvoëlvriendelike dipstowwe oor te skakel, en daarna die afhanklikheid
van die dipstowwe te verminder deur die bosluisvoël in te faseer, asook oor
hoe om die Oxpeckers, Ectoparasiticides and Farmers Manual te bestel, tree
in verbinding met Arnaud le Roux, selnommer 082 325 6578, of skryf aan
[email protected].
Gebruik bosluisvoëlvriendelike dipstowwe.