160
Voedsel uit die vleilande
Medisyne uit die vleilande
Benewens ondersteunende dienste wat tot ons lewensonderhoud bydra,
is vleilande vir baie mense ’n bron van inkomste. Dit is dikwels arm mense
veral in plattelandse gebiede, wat die meeste van die vleilande vir hulle
lewensbestaan afhanklik is.
In Suid-Afrika is tradisionele medisyne die voorkeurgesondheidsorgkeuse
van omtrent 70% van die mense. Elke jaar gebruik 28 miljoen SuidAfrikaners ongeveer 19 500 ton medisinale plantmateriaal. Vleilande bevat
’n groot verskeidenheid plantspesies, waarvan sommige vir tradisionele
medisyne gebruik word.
Voedsel, wild of gekweek, kan uit die vleilande geoes word. In baie dele
van die wêreld word klein soogdiere, waterslakke, geleedpotiges, insekte,
reptiele en amfibieë geëet. In Suid-Afrika is brulpaddas en rietrotte, ’n goeie
bron van proteïene, gewilde kos in baie gebiede. Rietrotte verkies semiakwatiese omgewings in moerasse en rietbeddings.
Vis is waarskynlik die vanselfsprekendste vleilandvoedsel en dra ook baie
tot mensegesondheid by. Altesame 21% van alle diereproteïene in Afrika
is van vis afkomstig, en in Suid-Afrika is baie gemeenskappe van vis uit
varswatermere en riviere asook riviermondings en kusgebiede afhanklik. In
Kosibaai in Maputaland is die hoogs produktiewe riviermondings oorkruis
met tradisionele rietviskrale waarin volwasse visse gevang word wanneer
die gety terugtrek. Ongeveer 40 000kg vis word jaarliks in hierdie gebied
gevang. Die meeste daarvan word in gesinne verbruik en die surplus word
verkoop.
Riviermondings is belangrike teel- en broeiplekke vir verskeie ekonomies
belangrike seevisspesies. Ongeveer 20 seevisspesies wat komm ersieel en
vir ontspanning benut word, is van hierdie ekostelsels vir veilige broeiplek
afhanklik en baie ander spesies is van riviermondings vir voeding en skuiling
afhanklik. Dit beteken dat baie van die multimiljoenrandvisbedrywe wat
aan duisende mense werk verskaf, indirek van kusvleilande afhanklik is
om die visvoorraad wat benut word, te onderhou. Hierdie vis is ook vir
bestaansvissers belangrik.
Daar is ook verskeie eetbare vleilandplante in Suid-Afrika.
Waterblommetjiebredie, wat hoofsaaklik in die Wes-Kaap geëet word,
word van die wit soetreukblomme van waterblommetjies, Aponogeton
distachyos, gemaak. ’n Ander inheemse groentesoort is die bolle van die
blouwaterlelie, Nymphae nouchali, wat soos ’n aartappel gerooster word.
Die wortelstokke van vleiriet, Typha capensis, word gedroog en gemaal en
soos graankos geëet. Moeraswoude bevat ook verskillende vrugte, neute
en blaargroentes.
Bestaansboerdery in vleilande
In baie plattelandse gemeenskappe help bestaansboerderyprodukte om te
verseker dat mense voldoende voeding ontvang. Groentes uit huistuine,
melk van vee en vleis van hoenders en bokke is dikwels die belangrikste
voedsel vir baie gesinne.
In plekke soos Maputaland, waar die grond sanderig is en voedingstowwe
ontbreek, voorsien die rante van vleilande organiese klam grond wat ideaal
is vir boerdery. Dieselfde geld vir plekke soos Craigieburn in Mpumalanga
waar gedwonge hervestiging in die 1960’s en 1970’s tot gevolg gehad het
dat talle mense op klein stukkies grond moes bly - dit het daartoe gelei
dat slegs vleilande vir bestaansboerdery beskikbaar was. Vir ongeveer 25%
van die plaaslike inwoners om Craigieburn is vleilande die enigste bron van
voedsel en inkomste en ongeveer 70% van die plaaslike bevolking gebruik
vleilande op die een of ander wyse. In hierdie uiters arm streek waar MIV/
vigs-infeksie baie hoog is, word die meeste huishoudings bestuur deur
vrouens wat elkeen tot nege kinders, van wie die meeste weeskinders is,
versorg. Rehabilitasie van die Craigieburn-vleilande dra by tot die verskaffing
van voedsel en lewensonderhoud in die gebied omdat die vleilande, wat vir
bestaanslandbou gebruik word, beskerm word.
Algemene gewasse soos kool word aan die rante van die vleilande gekweek
en plante soos amadumbe word in natter vleilande gekweek. Die bolle word
soos aartappels geëet en is inderdaad ’n smaakliker alternatief. Die blare
word soos spinasie geëet. Vleilande voorsien voedsel en voedsame voer vir
lewende hawe. Sommige vleilande kan vyf keer meer weiding voorsien as
gewone graslande. Dit is egter belangrik dat vleilande oordeelkundig bewei
word en teen vertrapping en degradasie beskerm word.
Baie Suid-Afrikaanse vleilande word vir laedigtheidbestaansboerdery en
sensitiewe weiding benut, maar die meeste is nie vir grootskaalse landbou
geskik nie.
Die vleilande van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal lewer die rivierpampoen,
Gunnera perpensa, wat gebruik word om geboortepyne te verlig en nieren blaasinfeksies te behandel. Die blare van die aronskelk, Zantedeschia
aethiopica, wat algemeen in die vleilande dwarsoor die land voorkom, word
gebruik om hoofpyn te behandel. Dit word ook as ’n genesingspap gebruik.
Die slanke pynappelblom, Eucomis comosa, word gebruik om rumatiek te
behandel, en die botterblom, Ranunculus multifidus, om hoes, hoofpyne,
urinêre probleme, keelswere, wonde en pyn te behandel. Manulea
parviflora (peper-en-sout) word as ’n natuurlike enema vir kinders met
ingewandsiektes gebruik. Die heuningdisa, Disa polygonoides, word langs die
oostelike kuslyn van die Oos-Kaap tot in suidelike Mosambiek gevind en
word gebruik om stemgebruik na siektes te herstel. Die giftige slangkop,
Urginea macrocentra, word in moerasagtige grond naby strome gevind en
word vir die behandeling van rondewurm en lintwurm gebruik.
Vleilande en siektes
In Suid-Afrika beskik 16 miljoen mense nie oor sanitasienetwerke nie en het
vyf miljoen mense geen toegang tot drinkbare water nie. Dit beteken dat
hierdie mense vatbaar is vir siektes wat met besoedelde water in verband
staan, waaronder diarree, cholera, disenterie en hepatitis A. Wêreldwyd
sterf 3 miljoen mense jaarliks aan siektes wat deur besoedelde water
veroorsaak word. Voorkombare watergevoerde siektes tas meestal kinders
onder die ouderdom van vyf jaar aan.
Rivierwatergehalte word as gevolg van besoedeling deur myne en
nywerheidsprosesse, landbou en rioolwater verswak. As gevolg van die
konsentrasie van die besoedeling en die vernietiging van waterbronne
soos vleilande kan die suiweringsprosesse van natuurlike stelsels nie meer
byhou nie. Waar die besoedelingskonsentrasie laag is, help die plante, grond
en mikrobes in vleilande om die organismes en besoedelingstowwe, wat
siektes veroorsaak, te bekamp. As belangrike watervoëlhabitats, verminder
vleilande die risiko van kontak tussen wilde en mak voëls, soos kuikens,
en daardeur word die moontlikheid van die verspreiding van voëlgriep
verminder.
Vleilande kan ook die bron wees van siektes wat met water in verband
staan. Vleilande bied die habitat vir spesies wat malaria en bilharzia oordra.
Die dreinering van vleilande kan help om malaria in sommige gebiede te
bestry, maar baie voordelige ekostelseldienste gaan in die proses verlore.
Ander siektebestuuropsies, soos die verskaffing van skoon water, verbeterde
sanitasie en die goeie bestuur van vleilande, behoort ook oorweeg te
word.
3. Die rehabilitasie van vleilande
Die gesondheid en welsyn van mense hang van die onderhoud van gesonde
ekostelsels af.
Vleilande is kwesbaar ten opsigte van verskeie negatiewe invloede wat die
voordele wat vleilande vir die mens inhou, drasties kan verminder. Direkte
invloede sluit in die dreinering van vleilande vir weiding en die aanplant
van gewasse, of die konstruksie van infrastruktuur soos paaie, wat die
watervloei verhinder of konsentreer. Daar is ook die voortdurende erge
uitwerkings van besoedeling en erosie in die opvangsgebiede, oormatige
wateronttrekking, verlies aan plantbedekking, klimaatsverandering en die
verandering in grondgebruik. In sommige belangrike opvangsgebiede is tot
60% van die vleilande as gevolg van mynbou, landbou, houtplantasies en
stedelike ontwikkeling reeds verlore of erg gedegradeer.
Almal word geraak as vleilande gedegradeer word. In stedelike gebiede kan
dit tot ’n verswakking in die watergehalte of selfs ’n kleiner watervoorsiening
beteken, asook die verlies aan infrastruktuur as gevolg van meer
vernietigende oorstromingsimpakte. In landelike gebiede kan diegene wat
vir hulle lewensbestaan op die vleilande staatmaak, belangrike voordele
verloor. Namate die plattelandse gebiede degradeer, word hierdie mense
gedwing om in die stede te hervestig. Baie watervoëlbevolkings, soos die
lelkraanvoël, het as gevolg van vleilanddegradasie afgeneem.