Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 157

155 byvoorbeeld in die laerliggende dele en langsaan riviere. Daarenteen kom suurveld-grasse in oop gebiede voor. Hoekom is soetveld vatbaar vir oorbeweiding? In die verlede was oppervlakwater baie skaars in gebiede met soetveld (veral gedurende die winter) en daar was gevolglik yl verspreiding van weidiere. Soetveld is nie aangepas vir voortdurende weiding nie, maar eerder vir kort periodes van weiding deur diere wat migreer. Hierdie gebiede is ook meer geneig tot droogtes, byvoorbeeld die Karoo. Gedurende droogtes, wanneer die veld reeds in ’n strestoestand verkeer, word die meeste skade deur oorbeweiding veroorsaak. 3. Gras en veldbrande Sien die hoofstuk oor vuur Dongas Met die herwinning van erosieslote of -dongas word daar gepoog om die spoed van wegspoelwater in die slote te breek en om sediment te versamel. • Die goedkoopste manier is om ’n klipmuur in die sloot te pak. Hierdie muur vang die sediment op, maar laat die water toe om stadig deur te syfer. Klippe word dikwels in draadmandjies (skanskorwe) gepak en vir hierdie doel aangewend. • Takke kan in slote gepak word om sediment te vergader. • Parallelle rye kuskusgras of gewone riete kan oor die sloot geplant word. Hierdie grasse vang sediment op en ’n natuurlike muur word mettertyd gevorm. • Riete kan ook aan die bokant van die muur (waar sediment versamel) geplant word om die sediment te stabiliseer en water te filtreer. Grasse en veldherwinning Gebrande gras wat uitspruit is baie smaaklik en word maklik oorbewei. Veld wat gebrand is moet verkieslik rus totdat die gras weer gegroei het tot minste 150mm. Dit sal die gras kans gee om genoeg blaarmateriaal te produseer sodat die hele plant kan fotosinteer. In die geval van veld wat deur wild bewei word wat nie beheer kan word nie, is dit raadsaam om te verseker dat gedeeltes wat gebrand is groot genoeg is om die weidingsdruk te verlig. Grasse wat vir veldherwinning gebruik word, moet aangepas wees by die klimaat van die onmiddellike omgewing. Die neiging is om meerjarige grasse te gebruik, want hulle is dikker en dek meer grond. Smaaklike grasse moet vermy word, veral waar vee wat wei nie uit die gebied verwyder kan word nie. ’n Paar effektiewe inheemse grasse is: Eragrostis curvula, Andropogon gayanus, Cynodon dactylon, Stipagrostis uniplumis, Aristida canescents, Eragrostis lehmanniana, Eragrostis superba en Hyparrhenia hirta. Skape moet so gou as moontlik ná die brand toegelaat word om te wei, want as hulle lang gras moet vreet, mag hulle kondisie agteruitgaan. As veld kort op die hakke van ’n brand bewei word, moet daar gewoonlik voorsiening gemaak word vir ’n volle seisoen van rus in die weidingsiklus (een keer in drie jaar of twee keer in vyf jaar) sodat die gras ten volle kan herstel. Source: Guide to Grasses of South Afica. Frits van Oudtshoorn; Early survival and growth of vegetatively propogated indigenous grasses in a clear-felled timber plantation in KwaZulu-Natal, South Africa. J.C.O. du Toit, African Journal of Range and Forage Science, Vol 26(2), bl. 97-102. Bron: Guide to Grasses of SA. Frits van Oudtshoorn; Veld and Pasture Manag