Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 158

156 • Veld wat gerus het, bevat ’n hoë verhouding smaaklike spesies en voorsien uitstekende wintervoer. • Veld wat gerus het, bevorder groeikrag en die teruggroei van plante. Grondgebruikers kan die volgende maatreëls toepas om hul grond teen agteruitgang te beskerm: • Verminder die aantal vee wat op veld wei wat tekens van agteruitgang toon, of skuif die vee. • Gebruik ’n geskikte weidingsgewas om die natuurlike weiding aan te vul. • Indien enige deel van die veld tekens toon van winderosie, moet geskikte windheinings (óf meganies óf biologies) geskep word. Ontblote areas moet met takke, hooi, oorblyfsels van die oes wat rondlê of enige ander geskikte materiaal bedek word. Die rotasie van weiding word sterk aanbeveel. Omheining help met die indeling van kampe en word as ’n bestuursinstrument gebruik om veldtoestand te beheer. Die eiendom moet volgens veldtipes ingedeel word in bestuureenhede op grond van ekologiese beskouings soos die helling van die grond, die rigting waarin die helling wys, die plantdigheid, die afstand van ’n waterbron , of dit ’n vlei is en ander faktore. Hierdie veldtipe-eenhede moet die grondslag van alle bestuursbesluite vorm. Indien nodig kan heinings opgerig word om bepaalde veldtipes te skei en om te verhoed dat diere slegs op een tipe weiding (byvoorbeeld ’n noordelike helling) saamdrom en ander gebiede (byvoorbeeld die bergkruin of suidelike hellings) ignoreer. As omheining onprakties of onbekostigbaar is, kan verskillende veldtipes in suurveldgebiede op verskillende tye van die jaar gebrand word om diere aan te moedig om van die een gebied na die ander te beweeg. As vee deur ’n veewagter opgepas word, of as waterpunte en lekplekke geroteer word, kan dit ook meebring dat diere van die een gebied na ’n ander verskuif. As omheining baie duur is, kan die boer oorweeg om slegs klein, waardevolle gedeeltes van die eiendom (byvoorbeeld vleie of rivieroewers) te omhein. 6. Nasionale strategie en regeringskontakte Die regering het die grasveldbioom as ’n prioriteit vir bewaringsoptrede geïdentifiseer en sal die Nasionale Grasveldprogram in werking stel om die omgewing van agteruitgang te red. Departement van Omgewingsake (DEA) Tel: 012 310 3911 www.environment.gov.za Die Landbounavorsingsraad (LNR) is betrokke by weiveldmonitering. Kry besonderhede onder opskrif 7. Departement van Landbou, Bosbou en Visserye Direktoraat Grondgebruik en -bestuur Tel: 012 319 7686 www.daff.agric.za Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) Grasveldprogram Tel: 012 843 5000/99 www.grasslands.org.za 7. Belanghebbendes Verenigings en NRO’s Endangered Wildlif RG'W7@