150
URBAN FARMER
In samewerking met Organic Food
Gardens
Tel: 022 448 1106 / 082 842 1579
[email protected]
Hulle lewer konsultasiedienste
oor voedselselsekuriteit en bied
opleiding aan op uitnodiging.
Hulle fokus hoofsaaklik op
groentetuine vir huishoudings en
stel permakultuur bekend in tuine
en as werktuig in die ontwikkeling
van landelike gemeenskappe se
vermoë om voedselsekuriteit en beheer te verseker.
www.Permaculture2012.co.za
Project Management & Sustainable
Development Consultants
Tel: 083 300 2385
www.permaculture2012.co.za
’n netwerk van hulpbronne
kan projekte onderneem in die
stedelike herskepping/vernuwing,
landhervorming
openbare/
sosialebehuising,
landelike
ontwikkeling, eko-dorp / agri-dorp
en organiese boerderysektore.
Wigley, Tim
Sel: 083 287 4308
[email protected]
http://khuladhamma.org
’n ervare natuurboerdery en per
makultuurfasiliteerder wat al vir
dekades in die Oos-Kaap werk.
Hy is gebaseerby Khula Dhamma
Ecovillage naby Oos Londen.
Zulu Organics
Ezio Gori – 083 300 2385
Faks: 086 671 8572
[email protected]
www.permaculture2012.co.za
Zulu Organics se visie is die
bevordering van die beginsels
van volhoubare landboupraktyke
wat op lae eksterne insette
gebaseer is. Dit is ’n bekostigbare
en ekologies gesonde manier
om kleinskaalboere te vestig wat
organies gekweekte tradisionele
en nisgewasse produseer, en op
hierdie wyse voedselsekuriteit en
plaaslike ekonomiese ontwikkeling
te bevorder
Demonstrasiepersele
Kontak asseblief die persele wat
hieronder genoem word indien
u permakultuur in aksie wil sien.
Hulle wissel van breëskaal- tot
stedelike persele.
• Berg en Dal – 028 551 1678
• Dovehouse – 033 330 3554
• Rainman Landcare Foundation
– 044 801 5017
• Siyakhana – 072 501 0756
• Spier – 072 174 1152
• Synergy Centre Sustainability
Project – 072 501 0756
• Tlholego Ecovillage and
Learning Centre – 072 118
7357
6. Publikasies en webtuistes
Die webtuistes van rolspelers is ’n bron van inligting.
Nuttige en verwante publikasies:
• Earth User’s Guide to Permaculture Rosemary Morrow
• From the Roots Permacore newsletter
• Introduction to Permaculture Bill Mollisson and Reny Mia Slay
• Making the most of indigenous trees Fanie and Julye-Ann Venter
• Natural Pest Management Henry Ellwell (Zimbabwe)
• Permaculture David Holmgren
• Permaculture: A Designers’ Manual Bill Mollisson
• Plant Propagation Mambo Press
• Production without Destruction Vukasin et al (Natural Farming Network,
Zimbabwe)
• South African Organic Agriculture Lindros
• The Permaculture Booklet Food & Trees for Africa
• The Permaculture Home Garden Linda Woodrow
U kan aanlyn by www.exacteditions.com/exact/magazine/409/460 inteken
op die Permaculture Magazine, die wenner van die Queen’s Award for
Enterprise 2008 in die kategorieë volhoubare ontwikkeling en verbintenis
tot die internasionale bevordering van volhoubaarheid (in die VK gebaseer).
U kan ook vir Tony Rollinson kontak by [email protected]; hy is
betrokke by die ondersteuning van projekte regoor Afrika.
www.ipcon.org – van die internasionale permakultuurkonferensie.
Kry die permakultuur opsies by www.planafrica.net.
Met dank aan Alex Kruger (Permaculture Education Africa) vir die
inligting, en aan Paul Cohen vir sy deeglike terugvoering.
hulpbronne en goeie
landboupraktyk
Uitheemse indringerspesies (UIS)
1. Oorsig
Uitheemse indringerspesies, eksoties of nie-inheemse spesies wat van
hul natuurlike reeks gevat is na ’n ander gebied of streek deur middel van
menslike ingryping. Ingevoerde spesies vind dikwels geen vyande in hulle
nuwe habitat nie en versprei dus maklik en vinnig. Uitheemse spesies wat
gevestig raak in hul nuwe omgewing vinnig toeneem en versprei op wyses
wat verwoestend/vernietigend vir biodiversiteit en/of menslike belange is,
word beskou as indringer inheemse spesies. Sommige spesies dring habitats
self in, maar mense se bewegings het die diversiteit en omvang van indringing
deur uitheemse spesies dramaties verhoog.
Die direkte koste verbonde aan die beheer van indringerspesies kan
miljoene rande beloop. Boonop sluit die koste vir die ekonomie hul indirekte
impak op die omgewing en ander nie-markwaardes in. Indringerspesies kan
byvoorbeeld veranderinge in ekologiese dienste meebring, insluitende:
• vloedbeheer en watervoorsiening
• afvalverwerking
• herwinning van voedingstowwe
• bewaring en vernuwing van grond
• oesbestuiwing
• saadverspreiding
2. Wetgewing
Daar is verskeie wette in Suid-Afrika wat deur die verskillende
staatsdepartemente geadministreer word en wat handel oor verskillende
aspekte van UIS. Wat boere betref is die relevantste dié van die Departement
Landbou wat handel oor onkruid en indringerplante, gewasplae en
veesiektes.
Die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne 43 van 1983
[Eng: CARA]
CARA bevat sekere bepalings wat die beheer van onkruid en indringerplante
reël. Dié Wet word tans hersien ten opsigte van regulasie 15 en 16, wat
besig is om te verander. Die huidige CARA sal dus bespreek word. Kragtens
regulasie 15 is daar drie kategorieë gereguleerde plante:
• Kategorie 1 – Verklaarde onkruid. Hierdie plante moet deur
alle grondgebruikers op grond- of wateroppervlakke beheer word.
Hulle mag nie meer geplant of geteel word nie, en alle handel in sade,
steggies of ander teelmateriaal is verbode. Hulle mag nie verplaas word
of toegelaat word om te versprei nie. ’n Boete kan op hierdie spesies
gehef word. Kategorie 1-plante sluit lantana, pom-pom-onkruid,
waterhiasinte, geel selonsrose, ensovoorts in. Die mees aggressiewe
spesies val in hierdie kategorie. Kategorie 2-spesies sonder ’n permit
word beskou as kategorie 1-spesies.
• 2Kategorie 2 – Verklaarde indringers (indringerplante met
kommersiële of geriefswaarde). Dit is indringerplante wat ’n
bedreiging vir die omgewing inhou maar nietemin gebruik kan word
vir timmerhout, vrugte, brandhout, medisinale plante, veevoer,
boumateriaal of skuiling, of om die grond te stabiliseer. Hierdie spesies
word slegs toegelaat om in afgebakende gebiede voor te kom en moet
’n permit hê. As die plante vir handelsdoeleindes gebruik word, moet
grondgebruikers ’n waterlisensie kry omdat die plante groot volumes
water verbruik. As die plante buite afgebakende gebiede voorkom,
moet hulle beheer word. Kategorie 2-plante sluit in swartwattel, sisal,
grys populier en treurwilger (nie te verwar met inheemse wilgers nie).
Die grondeienaar moet by die Departement van Landbou, Bosbou
en Visserye aansoek doen om ’n permit vir kategorie 2- spesies.
Die besluit om ’n permit uit te reik, berus by die Departement van
Landbou, Bosbou en Visserye.
• Kategorie 3 – Verklaarde indringers (indringerplante met
ornamentele waarde) kan indringers word, maar word beskou asof
hulle ornamentele waarde het. Kragtens Regulasie 15 van die Wet