Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 150

148 • Huise word ontwerp vir maksimale energiedoeltreffendheid, met inagneming van groen- en waterbesparingstrategieë. Dit behels ook dat water wat van dakke afloop, opgevang en geberg word vir eie gebruik. • Die plasing van wonings in ’n landskap, hetsy landelik of stedelik, is kritiek. • Die ontwerp van huise sodat sonenergie maksimaal benut word, verlaag ook die koste van verhitting en verkoeling aansienlik. Goeie ontwerp het ook ’n uitwerking op mense se verstandelike gesondheid. • Die konstruksie van wonings is arbeidsintensief, en vereis nie noodwendig hoogs geskoolde arbeid nie. Dit kan ruim tot werkskepping in Suid-Afrika bydra. 4. Opleiding en navorsing Mense dwarsoor die wêreld word in permakultuurontwerp opgelei, hetsy hulle geletterd is of nie. Baie kursusse moet ook in die moedertaal van betrokke studente vertaal word. Permakultuurontwerp-kursusse (PDC) ’n Volledige permakultuurontwerp-kursus behoort minstens 72 ure (ongeveer 12 dae) te duur en kerninligting te dek. Dit behoort intensiewe ontwerpopdragte in te sluit. Dit is ’n internasionaal erkende kursus. Energie en tegnologie Kort kursusse Groentegnologie is nog ’n belangrike komponent in permakultuurontwerpe. Ons individuele en kollektiewe impak op die planeet het ’n uiters negatiewe uitwerking. Eenvoudige tegnologie soos sonverhitting en -elektrisiteit kan ’n las van Suid-Afrikaanse energie-opwekkingsvereistes – wat grootliks afhanklik is van die ontginning en verbranding van steenkool – wegneem. Steenkoolontginning en -verbranding het ’n uiters negatiewe uitwerking op