147
Patrone
Wanneer ons oor patrone praat, verwys ons na die gebruik van vorme soos
kontoerlyne, spirale, vertakkingspatrone, ensovoorts, wat in die natuur
voorkom. Dit is nie so esoteries as wat die klink nie, maar hoogs prakties
wanneer dit korrek gebruik word.
Die natuur bestaan en groei deur patrone. Gebruik natuurlike patrone wat
die onderdele van die ontwerp (diere, wurms, voëls, insekte, grondsoorte,
son, water, ens.) in staat stel om in voordelige verhoudings te vloei en te werk.
Kontoere is ’n voor die hand liggende vorm van patrone wat doeltreffend
op enige landbouskaal gebruik kan word. Natuurlik word hierdie patrone
eenvoudiger wanneer dit op ’n groter skaal gebruik word, maar die beginsel
geld steeds. Gebruik dieselfde patroonbeginsels in u ontwerp wanneer u,
byvoorbeeld, beddings, waterbane, en geboue ontwerp. Die gebruik van
natuurlike patrone in ’n tuin sal die groei en vitaliteit van die stelsel verhoog
en dit interessanter, oorspronklik en pragtig laat vertoon.
Verhoog die gebruik van grense/rande
’n Grens of rand is waar twee om meer omgewings mekaar ontmoet
(byvoorbeeld grond en water) en waar die hulpbronne en energie van
twee of meer stelsels vir ons gebruik beskikbaar is. Grens/rand verhoog die
oppervlakskeidingsvlak in u tuine tussen verskillende stelsels (dam/vleilande
met groentetuine) en daar sal ’n hoë-energiebeweging tussen hulle en
dus meer geleenthede in ruimte en tyd wees. Skep ook soveel moontlik
oppervlakskeidingsvlakke vir plante en diere om te gebruik (golwende
beddings teenoor reguit beddings), wat ’n groter aantal spesies doeltreffend
in ’n kleiner area sal toelaat. Skep meer grense of rande in u tuine en die
energie in die ekologie sal gemaklik en energiek vloei, wat uiteindelik ’n
produktiewer stelsel tot gevolg sal hê.
Gebruik opeenvolging
Opeenvolging is ’n konsep wat aan die ekologie ontleen is. Dit beskryf
hoe plant- en diergemeenskappe met verloop van tyd evolusie ondergaan.
Wanneer ’n perseel versteur word, word dit gewoonlik gekoloniseer deur
geharde onkruid wat kortstondig is, maar ’n mikroklimaat skep waarin ander,
minder geharde spesies kan ontwikkel. Indien dit met rus gelaat word, sal
hierdie gemeenskappe in diversiteit en duur verhoog. Met die toename
in plantdiversiteit verhoog dier- en insekgemeenskappe ook. Uiteindelik
ontwikkel die stelsel in ’n klimaks- (stabiele) ekologie wat by plaaslike
toestande aangepas is. In sommige gebiede kan dit ’n woudekologie wees,
in andere ’n fynbosekologie. Ons gebruik hierdie opeenvolgingsfenomeen
in permakultuurstelsels om permanente landboustelsels te skep. Ons sal
egter ingryp deur die stelsel te verbeter deur geharde pionierstruike en
-bome (veral peulgewasse) te gebruik, waardeur die ontwikkeling van ’n
mikrokultuur wat produktiewe oeste sal ondersteun, versnel word.
Intensiteit
’n Primêre oorweging in permakultuur is dat ons ons impak moet minimaliseer.
Dit noop ons dus om intensiewe en produktiewe stelsels te ontwerp wat
so min as moontlik ruimte gebruik. Hierdie benadering word in werking
gestel deur driedimensionele ontwerpe te gebruik. Met ander woorde, ons
gebruik vertikale ruimte – mure, priële, latwerk, ensovoorts, om produksie
te verhoog. Die opstapeling van produkti