Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 148

146 Relatiewe ligging Elke element moet multifunksioneel wees Plaas elemente in u stelsel waar hulle die doeltreffendste is. (Elemente is enige komponent in u ontwerp: ’n huis, ’n skuur, beeste, tuine, ekstensiewe oeste, ensovoorts.) Deur die elemente te plaas waar dit die nodigste is, verminder ons die hoeveelheid werk en energie wat ons moet inspan. Hierdie beginsel lei ook tot die skepping van verhoudinge tussen ontwerpelemente om produktiwiteit en doeltreffendheid te verhoog. ’n Goeie voorbeeld is om water uit akwakultuurdamme te gebruik om voedselproduksiegebiede te besproei. Elke element wat gekies word moet minstens drie funksies lewer, byvoorbeeld, windskerms bied skuiling aan diere wat plae beheer, dien as ’n bron van wilde voedsel en bevat ’n bosagtige laag wat ook plaagbeheer verskaf. Doeltreffende energiebeplanning Elke element in ’n permakultuurstelsel moet geplaas word waar dit die doeltreffendste funksioneer. Dit staan as sone-, sektor- en hellingbeplanning bekend. Sonebeplanning Elemente word in sones geplaas op grond van hoe gereeld u dit benodig en besoek, asook die hoeveelheid insette wat dit benodig. Areas wat daagliks besoek moet word om te oes of in stand te hou, soos groentetuine, kwekerye, hoenders, ’n herwinningsarea, ensovoorts, behoort naby die huis geplaas te word om maklike toegang te verseker sodat hierdie stelsels behoorlik waargeneem en in stand gehou kan word. Plekke en stelsels wat minder dikwels besoek word, word verder weg van die hoofsentrum van aktiwiteit geplaas, soos boorde, stapelvoedselstelsels, houtplantasies, dierestelsels, ensovoorts, omdat hierdie plekke minder aandag verg en minder dikwels geoes of ingesamel word. Die ontwerp word dus verdeel in sones wat uitwaarts van die aktiwiteitsentrum beweeg, byvoorbeeld: • Sone 0 – Huis of onderneming • Sone 1 – Intensiewe groentetuine, kwekerye en klein dierestelsels • Sone 2 – ’n Boord of gemengdevoedselgebied (meerjarige spesies); en stapelvoedselstelsels (graansoorte en knolle). • Sone 3 – Dit kan grootskaalse semibeheerde stelsels soos plantasies; grootdiervoerstelsels en akwakultuur inkorporeer. • Sone 4 – Semibeheerde wildestelsels van hoofsaaklik inheemse spesies wat vir medisynes ingesamel word, inheemse vrugte en vuurmaakhout. • Sone 5 – Onbeheerde wildestelsels van inheemse spesies wat as ’n veilige hawe vir natuurlewe dien en ’n plek is waar ons die natuur kan waarneem. Hellingbeplanning Hellingbeplanning behels om u perseel vanuit ’n syaansig of -perspektief waar te neem, en hellinghoeke en hoogte in ag te neem. Dit help ons om damme, wateropgaartenks, paaie en voetpaaie, dreine en afloopverleggings op die regte plekke te plaas, sodat ons helling op ons grond tot ons voordeel kan inspan. Ons plaas, byvoorbeeld damme en wateropvangkonstruksies aan die bokant van die huis en tuin, sodat ons gravitasie in plaas van ’n meganiese pomp kan gebruik om water te laat vloei. Hellingbeplanning beteken ook dat ons kontoere vir tuinmaak kan gebruik om erosie te verminder en waterretensie te verhoog. Sektorbeplanning Beplan u perseel om maksimaal gebruik te maak van energie wat daardeur beweeg, of om hierdie energie af te lei. Sektorbeplanning hanteer “wilde-energie” wat van buite na die eiendom beweeg. Dit beteken dat ons ontwerpe die volgende in ag neem: brandgevaar, sterk of skadelike winde; om ongewenste uitsig af te sper; winter- en somersonhoeke; vloedgevaargebiede, ensovoorts. Dit lei tot die plasing van huise, windskerms, brandstroke en waterstelsels. Sektore kan ook tot die verandering van soneplasing lei. Elke funksie moet deur baie elemente gedien word Plaagbeheer, grondvrugbaarheid, wateropvangs en -besproeiing, deklaagen voedselvoorsiening, ensovoorts, moet deur meer as een element gedien word. Dit beteken indien een element misluk in sy taak om ’n diens te lewer (plaagbeheerhoenders word deur ’n hond opgeëet), moet daar minstens drie ander elemente as ondersteuning wees om volhoubaarheid te verseker (plante, eende en wildevoël beheerplae). Indien u hierdie beginsel toepas, sal die basiese behoeftes van u aangeplante ekologie konsekwent vanuit die stelsel bevredig word. Gebruik eerder b