Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 141

139 soos chemikalieë, antibiotika en hormone is en apart in die aanvoerketting na die verbruiker gehou is. 2. Sertifisering – U kan nie by verstek “organies” wees nie Aangesien net natuurlike, biodegradeerbare produkte gebruik word, word water en die omgewing skoner. Boere en hul werkers geniet gesonder werksomstandighede. Organiese diere word in harmonie met die aarde, die omgewing en inheemse wildlewe geproduseer. Dit kan net goed wees vir toekomstige geslagte. Die internasionale vraag na organiese produkte groei toenemend, met Europa, die VSA en Japan aan die spits. Verbruikers en kleinhandelaars wil egter verseker wees van voedselveiligheid en egte organiese metodes. Wat antibiotika betref: Die standaarde (EU 2092/91 en die konsep DAFFregulasies) laat “twee behandelingskursusse met chemies gesintetiseerde allopatiese veeartsenykundige medisinale produkte of antibiotika toe binne een jaar of meer as een behandelingskursus as hul produktiewe lewensiklus minder as een jaar is”. As vee meer as dit ontvang, mag hulle en hul produkte nie as organiese produkte verkoop word nie en die vee moet weer deur die omskakelingsproses gaan. Aanhaling uit die EU 2092/91-standaarde. Siektes en plae Die organiese boer se benadering tot plae en siektes is om hulle te beskou as simptomaties van wanbalanse in die vrugbaarheid en gesondheid van die grond. Daar is te veel plae en siektes asook remedies om op te noem. Die plant, soos enige lewende organisme, ontwikkel ’n natuurlike weerstand teen die aanvalle van plae en siektes. Hierdie weerstand hang af van die organisme se voeding. Die gesondheidsvoordele Die gevare wat d ie verbruik van produkte wat besmet is met skadelike insekdoders vir die mens se gesondheid inhou, is onder andere verhoogde kankergevaar, voortplantingsprobleme en neurologiese skade. Organiese produkte is vry van chemiese reste, het ’n baie hoër vitamien- en mineraalinhoud en is gewoonlik geuriger (dit is waarom toprestaurante verkies om organiese bestanddele te gebruik). Sertifisering Daar is twee vlakke van organiese klassifikasie: Organies sertifisering en Organies in omsetting. Soek die aantekening oor die Deelnemendewaarborgstelsels (Participatory Guarantee Systems – PGS) later in hierdie hoofstuk. ’n Gesertifiseerde organiese produk beteken dat die produk en die boerderyproses oor ’n tydperk deur ’n onafhanklike, spesialissertifisering sagentskap geïnspekteer is ten einde organiese egtheid aan die verbruiker te verifieer. Hierdie proses vind gewoonlik oor ’n tydperk van ongeveer drie jaar plaas. Tydens hierdie proses kan vervaardigers kommunikeer oor produkte wat hulle “organies in konversie” (soos gewoonlik op sommige belangrike kleinhandelaars se produkte verskyn) het. Hierdie sertifiseringsorganisasies bestaan werklik net om aan verbruikers die versekering te bied dat produkte en organisasies wat daarop aanspraak maak dat hulle organies is, werklik aan organiese standaarde voldoen. Enige sertifiseringsprogram behoort hul standaarde op versoek te kan gee en sal gewoonlik aan die internasionale organisasie, die International Organisation of Organic Agriculture Movement (IFOAM) se standaarde voldoen. Wees op die uitkyk vir die sertifiseringseël of naam van die sertifiseringsagentskap se etiket. Indien u sodanige aanspraak sien, beteken dit dat • geen skadelike chemikalieë vir ten minste die voorafgaande drie jaar toegedien is nie • die boer en die verwerker jaarliks sertifiseringsondersoeke ondergaan • hulle volledige rekord van hul praktyke hou en ’n opgetekende ouditspoor het • hulle gebruik maak van ekologies vriendelike metodes en bestanddele om die grond te verbeter en plae te beheer Bron: hoofsaaklik gegrond op inligting van www.go-organic.co.za met insette van ander belanghebbendes Organiese boerdery kan werksgeleenthede skep vir miljoene kleinboere, asook vir vroue- en jeuggroepe, en hou boonop ekonomiese en finansiële voordele in. Die doel van die sektor se National Policy On Organic Production-besprekingsdokument is om die plan uiteen te sit wat organiese boerdery ’n werklikheid kan maak. Waarom moet u sertifiseer? • Produkte lyk dieselfde as konvensionele produkte. • Verbruikers het die reg om te weet dat produksie organies was (veral as hulle meer daarvoor betaal). • Dit beskerm boere wat die reëls nakom teen die slegte reputasie van diegene wat dit nie nakom nie. • Dit verleen toegang tot hoëwaardemarkte in Suid-Afrika en in die buiteland. Sertifisering is ’n manier om te verseker dat produkte in ooreenstemming is met plaaslike en internasionale standaarde. Elemente van ’n sertifiseringstelsel • Standaarde – waaraan u moet voldoen • Kontrakte – u belowe om organiese metodes te handhaaf • Inspeksie – word jaarliks gedoen • Sertifisering – goedkeuring van u plaas en die metodes wat u gebruik • Bestuur – van dieselfde plae en siektes, maar sonder chemikalieë (daar moet planne hiervoor wees); dit sluit ook vrugbaarheidsprogramme in • Etikettering – waarop die verbruiker kan vertrou • Inligtinguitruiling – dit vestig die ouditspoor wat organiese status verseker van die saad na die tafel, omdat dit aanvanklik nie maklik is nie en daar baie is om te leer Wat moet u dus doen? • Vra sertifiseerders na inligting en die standaarde. • Stuur ’n aansoekvorm in met basiese inligting. • Vra ’n beraming vir inspeksie en sertifisering vir ’n jaar (maak seker dit dek al die stappe van die proses). • Bestudeer die vereistes (daar is baie hieroor op die internet). • Verstaan die omskakelingskwessies. • Ontwikkel ’n plan om grondvrugbaarheid, plae, siektes en onkruidbeheer te hanteer. • Praat met ander organiese boere. • Vestig u mark. • Praat met konsultante. • As alles goed lyk, kies ’n sertifiseerder en betaal om die sertifiseringsproses aan die gang te kry. Inspeksies wat betrokke is Die inspeksie is ’n bevestiging van inligting wat deur die aansoekdokumentasie verkry is. • Produksiestelsel – Is dit werklik organies? • Operateur – Weet hy/sy genoeg om organies te bestuur? Is hy/sy daartoe verbind? • Omgewing/besoedeling – Sal u bure se gewassspuitstof op u lande waai? Is daar goeie biodiversiteit? • Lande – Het drie jaar verloop sedert chemikalieë laas gebruik is? Lyk plante en diere gesond? • Vee – Word dierewelsyn gerespekteer? Watter veeartsenykundige behandelings is algemeen? • Materiaal en saad wat ingebring is – Is hulle ook organies? Is hulle ook GMO-vry? Hoe weet u? • Plaag- en onkruidbeheer – Hoe word dit bereik? • Vrugbaarheidsbestuur – Is daar werklike pogings om grondvoeding op te bou? • Berging en verwerking – Is dit moontlik dat organiese produkte per ongeluk met konvensionele produkte deurmekaar kan raak? Dit behoort die moontlikheid van vermenging, vervanging en besoedeling uit te skakel. • Dokumentasie – Is rekordhouding goed genoeg om te toon dat net organiese metodes gebruik is? Is naspoorbaarheid seker? • Verkope, etikette – Het u net dit verkoop wat u geproduseer het?