Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 142

140 Moontlike resultate • Volle organiese status • Volle status met voorwaardes • Organies in omskakeling • Organies in omskakeling met voorwaardes • Sertifisering geweier Vind kontakbesonderhede vir sertifisering groepe onder opskrif 9. Ander sertifisering is verskaf deur die Control Union and BCS (Öko-Garantie GmbH). Kry ook baie nuttige aantekeninge by www.faithful-to-nature.co.za/OrganicCertification-sp-8.html Deelnemendewaarborgstelsels (Participatory Guarantee Systems – PGS) ’n Alt ernatiewe aanvangstrategie vir opkomende boere is PGS. • Kontak die Rainman Landcare Foundation by bystand om u eie PGS daar te stel (kontak besonderhede onder opskrif 9). • PGS werk slegs vir klein plaaslike markte. • Dit is ’n eenvoudige nie-burokratiese manier om te begin bou aan ’n kwaliteitsbestuurstelsel. Verwys na die afsonderlike biologiese boerdery en permakultuur hoofstukke 3. Biodinamika Biodinamika is ’n benadering tot volhoubare organiese landbou wat geïnspireer is deur die filosofie van antroposofie, soos ontwikkel deur Rudolf Steiner in die laat 19de en 20ste eeu in Europa. In die term “biodinamika” verwys die bio na die biologiese (organiese) aspekte van landbou (d.i. die fisiese grond, water, plante, diere, ens.); terwyl dinamika verwys na die kosmiese formatiewe kragte wat onderliggend aan die fisiese wêreld is. Biodinamiese landbou respekteer die feit dat die hele heelal, m.a.w. die planeet aarde en die hele omringende kosmiese ruimte met al sy hemelliggame, een onverdeelbare geheel uitmaak en as sodanig behandel moet word. Biodinamiese boere gebruik ’n reeks spesiaal geformuleerde kruie en/ of organiese preparate om grond, plant- en dierelewe, vrugbaarheid en lewenskragtigheid te bevorder. Hulle ontwikkel hulle plase tot unieke en onderskeibare entiteite wat die minimum eksterne insette gebruik. Hulle doelwit is om die hoogste gehalte kos, vesel en hout te produseer met geen of uiters beperkte negatiewe impak op die omgewing. In ’n poging om ’n harmoniese geheel te skep, werk die boer met die natuurlike en kosmiese siklusse, ritmes en kragte wat die lewe op aarde reguleer. Vir nadere inligting, stuur ’n e-pos aan die nasionale koördineerder by info@bdaasa.org.za of gaan na www.bdaasa.org.za. 4. Streng vegetaries organiese boerdery Die meeste boere is afhanklik van chemikalieë en die neweprodukte van diere – en selfs diegene wat in organiese boerdery spesialiseer, gebruik dieremis en die neweprodukte van slagplekke (beenmeel, kompos, ens.). Hoe moet mens te werk gaan om sonder diere of die neweprodukte van diere te boer? Gaan kyk by www.veganorganic.net. 5. Internasionale sakeomgewing Vir huidige statistiek oor organiese boerdery, raadpleeg www.fibl.ch en die ander webtuistes wat onder hierdie opskrif genoem word. Organiese boerdery het die afgelope dekades met rasse skrede uitgebrei – as kommersiële produksie en ook as omgewingsvriendelike produksiemetode. Meer as 10% van Switserland se plaasgrond is organies; Swede het 19% bereik in die jaar 2005; en sowat 13% van Oostenryk se plase is organies. ’n Aantal ontwikkelende lande neem organiese praktyke teen ’n noemenswaardige tempo aan. Daar was 1.8 miljoen produsente in 2009 – ’n styging van 31 persent sedert 2008 – hoofsaaklik as gevolg van ’n groot toename in Indië. Veertig present van die wêreld se organiese produsente is in Asië, gevolg deur Afrika (28 persent), en Latyns-Amerika (16 persent). Die lande met die meeste produsente is Indië (677 257), Uganda (187 893), en Meksiko (128 862). Ongeveer 32.2 miljoen hektaar is internasionaal gesertifiseer volgens organiese standaarde (data soos aan die einde van 2007). Op die vlak van geografiese streke, het die sterkste groei in Latyns-Amerika en Afrika plaasgevind. Australië is steeds vir die grootste gesertifiseerde organiese oppervlakte (12 miljoen hektaar) verantwoordelik, gevolg deur Argentinië (2.8 miljoen hektaar) en Brasilië (1.8 miljoen hektaar). Die grootste gedeelte van die globale organiese oppervlakte is in Oseanië (37.6 persent), gevolg deur Europa (24.1 persent) en Latyns-Amerika (19.9 persent). Wat gesertifiseerde grond onder organiese bestuur as ’n gedeelte van die nasionale landbougebied betref, is die Alpynse lande soos Oostenryk (13.4 persent) en Switserland (11 persent), die voorlopers. Bron: The National Policy On Organic Production discussion document (2012) Belanghebbendes International Federation of Organic Agricultural Movement (IFOAM) – www.ifoam.org. Internasionale sambreelliggaam vir organiese boerdery International WWOOF Association (World Wide Opportunities on Organic Farms) – www.wwoof.org. Hierdie vereniging is gerig daarop om hulle te help wat internasionaal as vrywilligers wil werk op organiese plase. Die doelwitte van WWOOF is om: • mense in staat te stel om eerstehandse ervaring op te doen oor organiesegroeitegnieke • om stadsbewoners in staat te stel om te bly op en te help op ’n plaas • om boere te help om organiese produksie ’n lewensvatbare alternatief te maak • om kommunikasie binne die organiese beweging te verbeter WOOFF Independents – www.wwoofindependents.org. Lysgashere in lande wat nie oor ’n nasionale WOOFF-vereniging beskik nie. UK Soil Association – www.soilassociation.org. Die Soil Association se simbool verskyn op ongeveer 70% van organiese voedsel wat in die VK geproduseer word. Webwerwe • www.qlif.org – Quality Low Input Food (QLIF) is ’n geïntegreerde projek wat deur die Europese Kommissie befonds word. • www.biotropic.com – spesialiste in die invoer en verkoop van organiese vrugte, groente en verwerkte voedsel wêreldwyd. • Rodale Institute is toegewy aan baanbrekerswerk op die gebied van organiese boerdery, deur middel van navorsing en uitreiking. Besoek www.rodaleinstitute.org. • www.fao.org/organicag – die Voedsel en Landbou-organisasie (Food and Agricultural Organisation) se Organieselandbouprogram (Organic Agriculture Programme)