Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 140

138 hulpbronne en goeie landboupraktyk hulpbronne en goeie landboupraktyk Natuurlike bouwerk Organiese boerdery 1. Oorsig 1. Oorsig Raadpleeg die opskrif “Konstruksie” in die hoofstuk oor permakultuur Natuurlike bouwerk is die enige bousisteem wat die hoogste waarde heg aan sosiale en omgewingsvolhoubaarheid. Die uitgangspunt van natuurlike bouwerk is om die omgewingsimpak van ons behuisings- en ander boubehoeftes tot die minimum te beperk en terselfdertyd gesonde, pragtige, gemaklike en spiritueel inspirerende huise daar te stel. Natuurlike materiale soos klip, hout, strooi en grond is nie alleen nietoksies nie, dit verryk ook die mens se lewe. Daar gaan ’n positiewe gevoel van natuurlike bouwerk uit wat moeilik is om te beskryf. Selfs al is ons gekondisioneer om alles wat nuut, blink en presies is te verkies, reageer ons op ’n diep vlak op ongeprosesseerde materiale, op idiosinkrasie, en op die individuele denke en sorg wat in vakmanskap en handvaardigheid uitgedruk word. Bron: aangepas uit www.networkearth.org en www.greenbuilding.co.za. 2. ’n Paar rolspelers Huise wat met tradisionele grondtegnologie en met die aanwending van inheemse kennis gebou word, maak die grootste deel uit van die informele behuisingsektor in Suid-Afrika. Berg en Dal Ecovillage info@berg-en-dal.co.za www.berg-en-dal.co.za McGregor Alternative Technology Centre www.mat.org.za Opleiding in die natuurlike bouwerk Oudrif verskaf Tel: 027 482 2397 www.oudrif.co.za InSynch Sustainable Simply Sustainable Technologies Tel: 072 487 1733 Tel: 076 668 8877 www.simplysustainable.co.za www.insynch.co.za 3. Publikasies en webtuistes • Die Kaapse argitek Etienne Bruwer was die voorloper in die gebruik van hierdie materiaal in Suid-Afrika en het dit gebruik om sy kantore in Constantia, Kaapstad, te bou. Sedertdien is ’n aantal projekte in SuidAfrika gebou, insluitende ’n gastehuis in die Sederberg. Besoek www. oudrif.co.za vir ’n fotoalbum en beskrywing van die projek. • Vir verdere inligting oor strooibaalkonstruksie sien - Straw Bale Construction Basics – www.i4at.org/lib2/strwbale.htm en www.strawbale.com - die International Journal of Straw Bale and Natural Building – www. thelaststraw.org • Die volgende materiale word op www.strawbalecentral.com bespreek (kies die “Techniques & Bibliography”-kieslysopsie): lewende dak, natuurlike pleister en afronding, papierblokke, saamgeperste grond, herwonne boumateriaal, strooibaalkonstruksie, dekgras, wattel en smeersels, hout, kleisteen, bamboes, strooiklei, saamgeperste grondblokke, sandsakke, grondvloere, “earthships”, gemengde strukture, ligte strooiklei (Leichtlehm), hennep en ander vesels. • www.shelterpub.com. Shelter Online illustreer selfs meer verbeeldingryke maniere om ’n dak oor jou kop te kry. • www.greenhomebuilding.com – “building today for tomorrow” Waaroor handel organiese boerdery? Organiese boerdery het daarmee te doen dat goedere in harmonie met die natuur, en nie in stryd daarmee nie, geproduseer word. Die oogmerk is om die gebruik van skadelike chemikalieë uit te skakel deur die natuur se natuurlike hulpbronne doeltreffend te gebruik. Alle organiese produkte is ook vry van geneties gemanipuleerde organismes (organismes waarvan die basiese geenstruktuur gemanipuleer is deurdat eksterne organismegene bygevoeg is). Wat is organiese boerdery? Organiese boerdery is ’n produksiestelsel wat die gesondheid van grond, ekostelsels en mense in stand hou. Dit steun op ekologiese prosesse, biodiversiteit en siklusse wat aangepas is by plaaslike toestande, eerder as op die gebruik van insette met nadelige effek. Organiese boerdery kombineer tradisie, innovasie en wetenskap om tot voordeel te wees van die gedeelde omgewing en billike verhoudings en ’n goeie kwaliteit lewe vir almal wat betrokke is te bevorder. Voorbeelde van organiese boerderymetodes sluit die volgende in: • Die rotering van gewasse tussen landerye. Dit help dat plae nie vermeerder nie en verbeter die vrugbaarheid van die grond. • Die aanplant van sekere kruie- en blomsoorte om insekte te lok wat ongewenste plae sal verdryf. • Die gebruik van biologiese insekdoders en pogings om plae se natuurlike vyande in te span om plae te beheer. Organiese boerdery produseer voedingryke, vrugbare grond wat die plante voed. Deur chemikalieë weg te hou van die grond, word die watergehalte en die wildlewe beskerm. Dit behels ook dat die welsyn van diere bevorder word deurdat alles van die teel, grootmaak en hantering, tot die voer van diere streng gereguleer word en ’n vrylopende leefstyl geïmplementeer word. Die grond Organiese boerdery verwys na ’n stelsel as ’n totale entiteit in ekologiese balans. Grondvrugbaarheid word bevorder deur kompos, dekgewasse, die afwisseling van gewasse, groenbemesting, minimum grondbewerking, blaarbedekking en deur biodiversiteit te waardeer en sintetiese chemiese insette te vermy. Die beginsel is om die grond met respek te behandel in die wete dat grond die basis van lewe op aarde is. Organiese boerdery berus dus daarop om die grond, en nie die plant direk te voed nie. Organiese stof is hierdie “voeding”. Die organiese boer stel daarin belang om grondprosesse te balanseer en konsentreer nie soveel op die balansering van getalle as ’n gevolg van grondanalise nie. ’n Goeie organiese grondstruktuur kan groot volumes stikstof, fosfor, kalsium, yster en ander mikrovoedingstowwe hou wat noodsaaklik is om plante van ’n gebalanseerde dieet vir gesonde groei te voorsien. ’n Goeie grondstruktuur sal waterinfiltrasie en -retensie optimaliseer en is ook belangrik vir die beheer van erosie deur wind en water. Organiese vleis Organiese dierverskaffers moet streng protokolle volg wat die menslike behandeling van hul beeste insluit en hulle toelaat om natuurlik volwasse te word. Hulle word toegelaat om natuurlik te wei in ’n plaasomgewing wat stres verminder en hoëgehaltevleis produseer wat vry van besoedelende stowwe is. Dit kos meer om sulke vleis te produseer, aangesien die diere stadiger op natuurlike weiding groei en gevolglik is meer grond nodig en hoër rentekoste word opgeloop. Die gesertifiseerde plaas moet 90% van die voer op die plaas produseer. Gesertifiseerde organiese vleis is ’n waarborg dat vleis vry van bymiddels,