137
hulpbronne en goeie
landboupraktyk
LandCare
4. VeldCare
VeldCare bevorder die beste weidingsisteme en erosievoorkomingspraktyke om produksie te verbeter. Die program ontwikkel en hou landbouaktiwiteite ingevolge die beginsels van ekologies-volhoubare ontwikkeling in
stand. Ekonomiese en sosiale ontwikkelingsgeleenthede word gerealiseer
deur weidingsgebiede te verbeter en lewensvatbare weidingsgebiede oor
landelike gemeenskappe heen in stand te hou.
1. Oorsig
5. SoilCare
Die National LandCare Programme (Nasionale Grondversorgingsprogram) is
’n inisiatief wat die regering se steun geniet en regoor die land in werking
gestel word. Die bedoeling is dat dit deur vennootskappe en samewerking
van die openbare en die privaatsektor bedryf word.
SoilCare moedig landelike boere aan om nuwe, oorspronklike strukture te
bou om gronderosie te beveg en om die uitputting van die vrugbaarheid
en suurgehalte van grond, wat produksiepotensiaal beperk, te verminder.
Deur die SoilCare-program word volhoubare landbouproduksiesisteme
soos diversifikasie, bestuur van insette en grondbewerking vir bewaring aan
die gang te sit
Dit is ’n gemeenskapsgebaseerde program wat daarna streef om
• ons hulpbronne te bewaar
• hulpbronne op volhoubare wyse te gebruik
• ’n bewaringsetiek deur onderrig en bewusmaking te skep
• deur projekte vir die rehabilitasie van natuurlike hulpbronne,
verbeteringsprojekte en bewaringsprojekte werk te skep en armoede
te verlig
Projekte is in al nege provinsies deur die LandCare Conditional Grant op
grond van die jaarlikse Wet op die Verdeling van Inkomste van stapel
gestuur en provinsies implementeer projekte onder bepaalde voorwaardes.
Inisiatiewe vir waterversorging, veldversorging, grondversorging en jeug
grondversorging maak alles deel van hierdie program uit.
LandCare is gemoeid met die optimering van produktiwiteit en die volhoubare
gebruik van natuurlike hulpbronne wat sal lei tot verhoogde landbouproduksie,
voedselsekuriteit, werkskepping en ’n beter lewensgehalte vir almal.
2. LandCare
Waarom is grondversorging belangrik?
• U en u medemens is van die grond afhanklik vir voedsel, skuiling en ’n
inkomste.
• Grond is kosbaar en moet opgepas word – anders sal ons dit in die
toekoms nie kan gebruik nie.
• As ons die grond aftakel en misbruik, sal ons lewensgehalte agteruit
gaan.
• As ons nie na die grond omsien nie, gaan die skade aan die grond ons
duur te staan kom.
LandCare gaan oor die volgende:
• regstelling van hulpbron-aftakeling wat in die verlede plaasgevind het
• korrekte hulpbronbestuur
• samewerking tussen gemeenskappe
• versorging van die grond in u omgewing
• u toekomstige lewensgehalte
• verbetering van die omgewing
• voedselsekuriteit vir die toekoms.
Wat kan jy doen?
• Stig of sluit by ’n grondversorgingsgroep in u gemeenskap aan en raak
betrokke.
• Beplan en bestuur grond om agteruitgang te voorkom.
• Herstel beskadigde gebiede.
• Bevorder bewaringspraktyke.
• Stig ’n grondversorging-bewaringsgebied.
• Herwin en hergebruik papier, glas, plastiek en metaal.
3. WaterCare
Hierdie tema voorsien ’n raamwerk vir grondbestuur en die voorkoming
van verslikking van besproeiingsdamme. WaterCare werk in vennootskap
met die gemeenskap om aksieplanne te ontwikkel vir die bestuur en herstel
van besproeiingskemas. Die rehabilitasie van besproeiingskemas verhoog
watertoevoer en huishoudelike voedselsekuriteit. WaterCare bevorder
voorts die ontwikkeling van tegnieke vir waterhulpbronbestuur en bevorder
geleenthede vir opleiding op hierdie terrein.
6. Junior LandCare
Die oogmerke van JuniorCare is om die voorheen-benadeelde jeug deur
opleiding in fasiliterings- en leierskapsvaardighede te bemagtig. Dit sluit
die bevordering van voedselsekuriteit tuis en by die skool, ’n bewustheid
van volhoubare landbou en die stig van jeugklubs en projekte wat ander
komponente van LandCare wil bevorder, in. JuniorCare hanteer jongmense se
behoeftes op geïntegreerde wyse en behels veeldissiplinêre benaderings.
7. Nasionale strategie en regeringskontakte
Besoek www.daff.gov.za. webwerf van die Departement van Landbou, Bosbou en
Visserye. Kry die “Programmes” en “LandCare” opsies. Onder “Publications” kan
u dokumente lees soos Guide for National LandCare Programme Small Community
Grants.
Direktoraat Grondgebruik en Grondbestuur
Tel: 012 319 7656 / 85
www.daff.gov.za
www.agis.agric.za/agisweb/landcare
Streek
Telefoon
Oos-Kaap
040 609 3534 / 082 780 9877
Vrystaat
051 506 1480 / 082 808 1040
Gauteng
011 355 1367 / 082 563 8992
KwaZulu-Natal
033 355 9100 / 082 413 2591
Limpopo
015 294 3625 / 082 670 5670
Mpumalanga
013 752 5671 / 072 648 2423
Noordwes
018 389 5936 / 082 908 8798
Noord-Kaap
053 839 7849 / 071 860 7557
Wes-Kaap
021 808 5006 / 082 907 2813
Wil u ’n LandCare-groep op die been bring?
Tree in verbinding met die plaaslike LandCare-bestuurder of -fasiliteerder
om u by te staan vóór u aansoek doen om ’n groep te stig. As u suksesvol
is, moet ’n programbestuur-ooreenkoms onderteken. Dié ooreenkoms
bepaal die befondsingsvoorwaardes, insluitende u verantwoordelikheid
om behoorlike rekords te hou van die uitgawe van subsidies, en die
vereistes vir verslaglewering oor u program se vordering en resultate.
Bron: Hoofkantoor van Grondgebruik en Grondbestuur, nasionale Departement van
Landbou, Bosbou en Visserye; www.daff.gov.za and www.agis.agric.za.