133
hulpbronne en goeie
landboupraktyk
Grondsoorte
1. Oorsig
“Om In suksesvolle boer te wees, moet In mens eers weet watter soort grond jy het
– Oeconomicus (400 B.C.) deur Xenophon
Gesonde grond bring lewe voort. Dit is, dus, geen verassing dat, die
skeppingslofgedig wat in die boek Genesis verskyn, meld dat Adam uit
stof geskape is nie. Dit is grond wat bepaal watter gewas geplant sal word
en watter lewende hawe ondersteun word. Wat ons met ons grond doen
bepaal hoe ons ekosisteme ons dien – en hoe ons eet.
Nasionale identiteite en eienskappe word in sommige geskrifte aan die
grond van volkere toegeskryf; selfs al is dit meer metafories bedoel, spreek
dit tog tot iets in ons wat In dieperliggende verband tussen onsself en die
grond erken.
Bykomend tot hierdie hoofstuk, sal die leser ook ander hoofstukke kry in
die boek van openbaring, byvoorbeeld, “Presisieboerdery”, ”Bewaringsgrondbewerking”, “Bemesting”, “Spesialiteitskunsmus”, “Kompos en
organiese kunsmis” en dies meer.
2. Grondmonsters en -ontleding
Die neem van grondsteekproewe is die swakste skakel in die
grondtoetsingsproses – In paar gram grond moet miljoene kilogramme in
die veld verteenwoordig. Die samestelling van grond wissel horisontaal
sowel as vertikaal, en die steekproef moet hierdie variasies insluit. Dit is dus
belangrik dat kontroleerbare faktore soos wanneer die monster geneem
word, die diepte waarop dit geneem word, die verhouding tot rye en die
roete wat gevolg word identies aan dié van vorige jare moet wees.
Daar bestaan verskeie metodes om grondsteekproewe te neem. Hoe,
waar en wanneer die substeekproewe ingesamel moet word, hang af van
die toepassing van die ontledingsresultate. Dalk wil u In bemestingsprogram
formuleer. In hierdie geval sal die metode waarvolgens die grondsteekproewe
geneem moet word, bepaal word deur die gewas wat gekweek word.
Of dalk is u besig om plantproduksieprobleme te ondersoek of om In
nematodetelling te doen (ook hiervoor bestaan daar verskillende riglyne
wat afhang van waar die monsters geneem word – boorde en jaarlikse
gewasse vereis, byvoorbeeld, verskillende metodes vir steekproefneming).
Of dalk wil u die waterhoudende kenmerke van die grond vasstel.
Verskeie rolspelers het riglyne oor die neem van grondsteekproewe vir hul
klante opgestel. Die volgende metodes word in hierdie riglyne gelys:
• grondsteekproewe om ’n bemestingsprogram vir jaarlikse gewasse te
formuleer
• grondsteekproewe om ’n bemestingsprogram vir meerjarige gewasse
te formuleer
• terreinspesifieke steekproewe
• grondsteekproewe om plantproduksieprobleme te diagnoseer
• grondsteekproewe om permanente gewasse te vestig
• grondsteekproewe om die bestaande bemestingsprogram vir
boomgewasse te beoordeel
• grondsteekproewe om die waterhoudende kenmerke van grond te
bepaal
• grondsteekproewe vir nematode-tellings
Rolspelers in die landbou, soos lede van SAGO- en LNR, u naaste
landboukollege of provinsiale departement van landbou sal u ook kan help
met grondsteekproewe.
3. Gronderosie
Lees oor WOCAT en LADA by www.wocat.net en www.fao.org/nr/lada
onderskeidelik.
Gronderosie wat deur die wind veroorsaak word kom voor in plekke waar
droë, los grond redelik fyn verspreid is oor ’n gelyk grondoppervlak met
baie min of geen plantbedekking nie.
• Ongeveer 300 miljoen ton bogrond word elke jaar weggespoel.
• Op die oomblik kan 3 miljoen hektaar bogrond, as gevolg van erosie en
bosindringing, nie vir landboudoeleindes gebruik word nie.
’n Grondgebruiker kan winderosie bekamp deur:
• van ’n wisselboustelsel gebruik te maak
• nie grond onbewerk te laat lê nie
• alternatiewe stroke natuurlike grond en onversteurde dekgewasse af
te wissel
• stroke natuurlike plantegroei reghoekig met die heersende windrigting
te laat loop
• geskikte windskutte meganies of biologies te skep
Sterk reënval op kaal grond veroorsaak aggregaatverspreiding,
oppervlakdigting, erge afloop en weinig infiltrasie van die water.
Die potensiaal vir gronderosie is die grootste wanneer daar net klaar
geploeg is, wanneer saadbeddens voorberei word en wanneer saailinge
besig is om te vestig.
’n Grondgebruiker kan die volgende metodes toepas om watererosie te
bekamp:
• Lê ’n land só uit dat die verspreiding van afloopwater beperk word.