123
Nasionale Ruimtelike Biodiversiteitsassessering (National Spatial Biodiversity
Assessment) en die Nasionale Biodiversiteitsraamwerk (National Biodiversity
Framework – NBF) gestel is. Die BSSA se doelstellings strook met dié van die
Departement van Omgewingsake se Nasionale Strategie vir die Uitbreiding
van Bewaringsgebiede (National Protected Areas Expansion Strategy) en
die Gemeenskapsgebaseerde Program vir die Bestuur van Natuurlike
Hulpbronne (Community-Based Natural Resource Management Programme).
Lees meer by www.stewarship.co.za.
6. Biostreeksprogramme en landbou
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) is gestig
ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit
(National Environmental Management: Biodiversity Act), met spesiale
verantwoordelikheid vir biodiversiteitsaangeleentheid – dit het betrekking
op die volle diversiteit van Suid-Afrika se fauna en flora. As deel van die SANBI
se afdeling wat biodiversiteit in die hoofstroom moet inbring (Biodiversity
Mainstreaming Division), is biostreeks- en ekosisteemprogramme gevestig,
deur ’n vennootskapsbenadering tot hoofstroom-biodiversiteit in sosioekonomiese ontwikkeling te volg, wat landboukundige rolspelers insluit.
Cape Action for People and the Environment (CAPE) werk deur
’n landskapvlak-benadering tot bewaring en betrek grondeienaars [