Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 126

124 Die Grasveld-program mik vir die identifisering en bevordering van biodiversiteit-versoenbare grondgebruike. Beeste, skape en inheemse wildspesies se beweiding is geïdentifiseer as die mees versoenbare landbouaktiwiteite in die bioom. Lees meer hieroor by www.grasslands.org.za en in die hoofstuk getiteld “Veld”. 7. Sakewêreld en biodiversiteit Oor die afgelope paar jaar het bewaringsgesindes van oor die hele wêreld die behoefte geïdentifiseer om biodiversiteit te “hoofstroom” (“mainstream”) deur die bewaring van biodiversiteit te integreer in stelsels waar die primêre fokus op produksie is. In Suid-Afrika het dit ’n toenemende betrokkenheid tussen die sake- en bewaringsektore meegebring, asook die ontwikkeling van sommige innoverende modelle van “biodiversiteits-vriendelike” besighede, meestal in landbou. Industrieë waar inisiatiewe uit die sakewêreld en vanuit biodiversiteitsoorwegings goed gevestig geraak het, is die wynboubedryf, visserye, die heuning-, inheemse snyblomme-, suiker-, rooibostee- en aartappelbedrywe, met opkomende inisiatiewe in die rooivleis- en sitrusbedrywe. Inisiatiewe in hierdie bedrywe skakel in by verskillende stadiums langs die waardeketting, en behels markmeganismes soos dié wat hieronder uitgebeeld word. Die verbintenisse word aangedui as “vrywillig” in die sin dat hulle nie wettige vereistes of reguleringsmeganismes is nie. PRODUSENTE > PRODUKTE > KLEINHANDELAARS > VERBRUIKERS Vrywillige produsentverbintenisse Eko-etikettering/ verkrygingsadvies Vrywillige verkrygingsverbintenisse Verbruikerbewusmakingveldtogte Die belangrikste rolspelers in hierdie inisiatiewe is: • Nieregerings-bewaringsorganisasies (“NROs”) wat in Suid-Afrika gebaseer is, bv. die EWT en die World Wide Fund for Nature (WWF). • Suid-Afrika se biostreeksbewaringsprogramme wat deur die regering en donateurs befonds word – CAPE, SKEP en die Grasveld-Program • Industrierolspelers uit Suid-Afrikaanse maatskappye en multinasionale maatskappye wat in die land verteenwoordig word, asook sommige van die groot kleinhandelaars • Grondeienaars- en produsente-verenigings wat volhoubare boerdery wil beoefen en biodiversiteit op hul grond wil bewaar Die koste van hierdie inisiatiewe en die biodiversiteitsbewarings-maatreëls wat dit behels – hoewel in sommige gevalle gedeeltelik befonds deur donateurs – word toenemend gedek deur die goeie pryse wat hierdie produsente vir hul produkte in nismarkte, soms oorsee, kan vra. Hulle het dit bereik deur die bemarking van hul produkte as biodiversiteits-vriendelik, deur deel te neem in etiketterings- en sertifiseringskemas, of om deur internasionale handelsorganisasies te werk wat produsente akkrediteer. 8. Nasionale strategie en regeringskontakte Tans bestuur die regering verskeie natuurlike hulpbronbestuursprogramme – Work for Water, Working for Wetlands en Landcare. Die New Growth Path, kyk daarna om vyf miljoen nuwe werksgeleenthede teen 2020 te skep kyk egter verder as hierdie programme na die breër groen ekonomie waar aansienlike geleenthede bestaan vir werkskepping, veral in biodiversiteit, afval – en natuurlike hulpbronbestuursdienste. ’n Aantal departemente en agentskappe dra die verantwoordelikheid vir sake aangaande biodiversiteit en landbou, insluitende: • die Departement van Omgewingsake www.environment.gov.za • die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinsitituut www.sanbi.org • die Departement van Waterwese www.dwa.gov.za • die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye www.daff.gov.za • die Nasionale Beplanningskommissie (NPC) www.npconline.co.za • ’n bedrag van R800 miljoen is beskikbaar gemaak deur die Nasionale tesourie vir die Greenfund oor die volgende twee finansiële jare – 2012/13 en 2013/14. Besoek www.treasury.gov.za Provinsiale regering en natuurbewaringsliggame Provinsie, provinsiale natuurbewaring en webwerf Telefoon Oos-Kaapse Parke www.ecparks.co.za 043 705 4400 Departement van Ekonomiese Sake, Omgewing en 043 605 7069 Toerisme Vrystaatse departement van Ekonomiese Ontwikkeling, 051 400 9410/3 Toerisme en Omgewingsake www.detea.fs.gov.za 051 400 4929 Gautengse departement van Landbou en Landelike 011 355 1900 Ontwikkeling www.gdard.gpg.gov.za 011 355 1280 Ezemvelo KwaZulu-Natal Wildlife www.kznwildlife.com 033 845 1999 033 845 1652 Limpopo department van Ekonomiese Ontwikkeling, 015 290 7171 Toerisme en Omgewingsake www.limpopo.gov.za and 015 793 2471 www.ledet.gov.za 015 291 4259 Mpumalanga departement van Ekonomiese 013 759 5300 On