Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 124

122 2. Bedreigings vir biodiversiteit Die bioloog, E.O. Wilson het die akroniem HIPPO (BBBO in Afrikaans) ontwikkel om bedreigings vir biodiversiteit op te som. Habitatverwoesting en die veranderinge aan ekosisteme is moontlik die grootste rede vir die verlies van biodiversiteit. Bekendgestelde en indringende spesies Bekendgestelde spesies word dikwels indringend wanneer hulle begin teel en hulle die endemiese spesies uit-presteer of opvreet. Indringers het ’n impak op fauna en flora, maar ook op die grond, land en water as hulpbronne. Indringers is geneig om hulpbron-intensief te wees en put natuurlike hulpbronne uit. Besoedeling Sedert die begin van die industriële rewolusie het hoofsaaklik lande in die “geïndustrialiseerde Weste” die omgewing vir bykans twee eeue lank al besoedel. Onlangs het ontwikkelende lande soos Indië, China en SuidAfrika ook by hierdie tendens aangesluit en besoedelingsvlakke wêreldwyd is aan die styg. Sleutel fokuspunte om besoedeling aan te spreek sluit in waterkontaminering deur bemestingstowwe, patogene, mynsuurafvalwater, plaagdoders wat plante affekteer, diere en die omgewing wat die besoedeling ontvang, steenkoolkragsentrales wat hoë vlakke van lugbesoedeling tot gevolg het en water besoedel, onbehandelde riool en afvalwater wat waterstelsels kontamineer, insluitend riviere en grondwater; en die gemors in stortingsterreine wat eksponensieel toeneem met besoedeling en rykdom. Bevolking Bevolkingsgroei is die hoofoorsaak van druk op die ekosisteme en die agteruitgang van die omgewing. Die groeitempo voed die aanvraag vir natuurlike hulpbronne terwyl menslike nedersettings groei en nader aan natuurlike habitatte kom en dit transformeer. • Luister na die uitstekende praatjie by www.ted.com/talks – Pavan Sukhdev: Put a value on nature! Die webwerf lees: “Dink aan Pavan Sukhdev as die omgewing se bankier – hy assesseer die waarde van die Aarde se bates. Sy statistieke sal jou oë laat rek en jou anders laat dink oor die koste van lug, water, bome ... ’n Bankier van nering, Pavan Sukhdev het verskeie berekeninge gemaak oor die koste om meer omgewingsvriendelike praktyke te bewerkstellig – hy het gewys dat groen ekonomieë ’n effektiewe enjin is vir die skepping van werk en welvaart.” • Vind Projek vir Ekosisteemdienste (Project for Ecosystem Services – ProEcoServ) en RNC Alliance onder die belanghebbendes opskrif, of gaan direk na hulle webwerwe by www.proecoserv.org en www. rncalliance.org respektiewelik. • Vind die “Payments for Environmental Services from Agricultural Landscapes” blad en skakels by die VN se Voedsel en Landboukundige Organisasie (FAO) se webwerf, www.fao.org. • Die Ekosisteem Markplein (Ecosystem Marketlace) is ’n belangrike bron van nuus, data, en analisesvan markte en betalings vir ekosisteemdienste (soos waterkwaliteit, koolstofafsondering en biodiversiteit). Besoek www.ecosystemmarketplace.com. • Lees die artikel “Paying for Ecosystem Services – Promise and Peril” (November 2011 by www.sciencemag.org 4. Biodiversiteit en Suid-Afrika Suid-Afrika het ’n wye verskeidenheid k [XX]