Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 121

119 6. Opleiding van veldwagters Die meeste natuurbewaringsdepartemente verskaf opleiding om te verseker dat veldwagters in bewaringsgebiede goed opgelei is en dat daar aan hoë standaarde voldoen word. Opleiding is gewoonlik gratis, maar die bewaringsgebied is verantwoordelik vir verblyf en kos gedurende die opleiding. Borge kan geïdentifiseer word om ondersteuning vir opleidingsprogramme te verskaf. Die volgende word deur die meeste kursusse gedek: • sekuriteit en dissipline • patrollering- en rapporteringsmetodes • natuurbewaringswette • identifisering van plante, insekte, visse, voëls, reptiele en diere • identifisering van uitheemse plante en diere • moetie en medisinale plante • beheer van veldbrande • voordele van herwinning • persoonlike higiëne en werfbestuur • openbare betrekkinge • toerisme • instandhouding van voetslaanpaaie Tree in verbinding met u provinsiale NACSSA-geaffilieerde (kyk opskrif 9) . 7. Sakegeleenthede Die finansiële sy van enige organisasie kan sy sukses of mislukking bepaal, en daarom moet dit ’n fokuspunt wees wanneer ’n bewaringsgebied gevestig word. Die finansiële status en bestuur van die bewaringsgebied moet in sy konstitusie gedek word. Die bewaringsgebied moet ’n begin van ’n finansiële jaar en ’n finansiële jaareinde hê, ’n bankrekening en ’n tesourier wat die fondse bestuur. Dit moet ook op die algemene jaarvergadering aan die lede terugvoering gee oor die bewaringsgebied se finansiële status. Die voorbeelde hieronder is net ’n paar van die gevalle waar fondse ’n belangrike rol in die funksionering van ’n bewaringsgebied kan speel: • indiensneming van veldwagters in die bewaringsgebied • opleiding van veldwagters in die bewaringsgebied • beheer van uitheemse plante en diere in die bewaringsgebied • rehabilitering van habitats in die bewaringsgebied • instandhouding van voorbrande rondom die bewaringsgebied • verkryging van vakkundiges wat met die bestuur van die bewaringsgebied help • oprigting van kennisgewingborde in die bewaringsgebied Bestuursfooie is die vanselfsprekende manier om fondse vir die bewaringsgebied te genereer, maar daar is ander idees wat meestal met samewerking in ekotoerisme-geleenthede verband hou. Die volgende kan deur die grondeienaars ontwikkel word om inkomste in die bewaringsgebied te genereer: • wandelroetes • piekniekterreine • hengelgeleenthede • voëlbesigtiging • bergfietsroetes • oornaggeriewe • plaasvakansies • finansiële bydraes deur borge Arbeidsintensiewe bewaringsgebiedprojekte soos die bestuur van indringerplante behoort werksgeleenthede te skep vir werklose mense uit voorheen benadeelde gemeenskappe. Rentmeesterskap vir biodiversiteit kry tans opnuut ’n hupstootjie deurdat aansporings en ondersteuning aan boere gegee word om gebiede in te sluit wat ter wille van biodiversiteit op hulle plase bestuur word. Doen navraag oor kortings kragtens die Inkomstebelastingwet vir boere wat belasting betaal. Twee hiervan is die volgende: • besteding aan die bewaring en instandhouding van grond ingevolge ’n biodiversiteitsbestuursooreenkoms gesluit tussen die grondeienaar en die minister verantwoordelik vir omgewingsake • ’n belastingaftrekking vir die geld bestee aan die instandhouding van grond kragtens die “National Environmental Management: Protected Areas Act” Vind meer uit by u belastingkonsultant of een van die rolspelers (sien opskrif 9). 8. Projekte en idees vir bewaringsgebiede Enigiemand kan ’n bewaringsgebied begin! Biodiversiteit neem teen ’n onrusbarende tempo af en ekosisteme loop die gevaar om uitgewis te word deur die massa-uitsterwing van spesies. Plant- en dierehulpbronne het ons nog altyd gevoed en onderhou. Die vestiging van bewaringsgebiede is ’n positiewe stap in die beskerming van ons omgewing en ons kulturele hulpbronne. Daar is seldsame plant- en dierelewe asook historiese terreine in ons bewaringsgebiede – dit is noodsaaklik dat daar op AL hierdie kosbare natuurlike bates gelet word. Die manier waarop ’n mens die bewaringsgebied en die beplande projekte organiseer, gaan deur die betrokke gemeenskap en komitee bepaal word. Let egter op dat, hoewel bewaringsgebiede ’n belangri ke rol in die verlaging van misdaad in ’n gebied kan speel, die gebiede nie met sekuriteitsorganisasies soos Plaaswag verwar moet word nie. Idees vir bewaringsgebiede: 1. Kyk na plekke van belang en let op aktiwiteite, historiese plekke en natuurlike plekke: - Historiese plekke, m.a.w. geboue, mure, bome, fonteine, kuile, geskiedenis van die bewaringsgebied en grafte. - Natuurlike plekke, m.a.w. vleilande, strome, ensovoorts. Herstel vleilande en oewers van vleilande, herstel die vloei en oewers van strome; grasvelde: herstel grasvelde deur rommel te verwyder; begin ’n staproete; bou ’n voëlskuiling; bring natuurlewe terug; plant ’n inheemse bos aan; roei uitheemse en indringerplante uit; begin ’n perderoete; vestig ’n kwekery; stig ’n omgewingsklub; help boere met voorbrande, ensovoorts. 2. Stel kontrolelyste van spesies op, bv. voëls, bome, plante, insekte, amfibieë, reptiele en diere. 3. Ander interessante projekidees is om ’n herwinningsprojek te begin, om fondsinsameling te oorweeg, bv. papier-, blik- en plastiekinsameling; begin ’n komposhoop, groentetuin, kruietuin of kwekery vir medisinale plante. Kies ’n reëlingskomitee wat die deelnemers sal inlig oor die oprigting en bestuur van die bewaringsgebied. BEWARINGSGEBIEDE IS DIE BELANGRIKSTE BEWARINGSAKTIWITEIT VIR DIE NUWE EEU. Onthou – elke bewaringsgebied stel sy eie konstitusie op. Raadpleeg die NACSSA-webtuistes vir voorbeelde. Daar is nog idees in die boekie Projects and Ideas for Conservancies verkrygbaar by die Gautengse Bewaringsgebiedvereniging. Rig ’n e-pos conservancy@ conservancies.org of skryf aan Posbus 552, Walkerville 1876. 9. Belanghebbendes Bewaringsbestuursdienste Ken Coetzee – 044 870 8472 [email protected] Ezemvelo KZN Wildlife Bestuurder: KZN-Biodiversiteitrentmeesterskapprogram Tel: 033 845 1805 Diere in bewaringsgebiede, bestuursplanne en Kry aantekeninge oor impakassesserings. rentmeesterskap onder die “Conservation” en “Conservation Cape Nature Planning” opsies by www. Tel: 021 483 0000 kznwildlife.com. Bykomende www.capenature.co.za kontakte word gelys onder “Contact us”. Kry “Stewardship” onder die “programme” kieslysopsie op Janet Edmonds Consulting die webtuiste. Laai dit af op ’n Tel: 033 001 7540 PDF van alle geregistreerde www.jecenviro.co.za provinsiale bewaringsgebiede (Rentmeesterskap natuur- FreeMe Wildlife Rehabilitation Centre reserwes). Tel: 011 807 6993 / 083 558 5658 www.freeme.org.za Endangered Wildlife Trust http://freemekzn.co.za (EWT) Tel: 011 372 3600 [email protected] www.ewt.org.za