Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 122

120 Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -Bestuur Saadmengsels kan gebruik word Tel: 018 299 2510 om wild te lok wat reeds op ’n [email protected] www.nwu.ac.za plaas aanwesig is. KwaZulu Hybrid Seeds Tel: 031 785 1581 [email protected] National Association of Conservancies and Stewardships of South Africa (NACSSA) Tel: 016 590 2914 www.nacssa.co.za NACSSA lewer noodsaaklike ondersteuning en bystand aan die landboubedryf wat die beste grondbestuurpraktyke betref en erken op sy beurt dat boere oor ’n magdom kennis beskik wat van wat van groot waarde kan wees vir diegene wat in die natuurbewaringsveld werk. Dit is NASSA se visie om rentmeesterskap van natuurlikebronne op’n gemeenskapvlak te bevorder Kry die lys van NACSSA provinsiale verteenwoordigers op die webtuiste. Regalis Environmental Services Jan Vlok – 044 279 1987 [email protected] Vegetasie in bewaringsgebeide, bestuursplanne, impakassesserings. Universiteit Stellenbosch Departement Bewaringsekologie en Entomologie Tel: 021 808 3728 www.cons-ent.com Universiteit van die Vrystaat Sentrum vir Omgewingsbestuur Tel: 051 401 2863 www.uovs.ac.za/cem 10. Publikasies en webtuistes • Toegang tot die webtuistes van individuele bewaringsgebiede kan verkry word op www.conservancies.org en www.nacssa.co.za. • Kry die bewaringsgebeid handleidings, NACSSA landbou beeidsdokuemnte en meer op www.nacssa.co.za. • Besoek www.stewardship.co.za • Lees oor die Biodiversiteit-en-Wynbou-inisiatief in die hoofstuk oor wyn. • Vir meer inligting en omvattende handleidings, bv. die NACSSA conservancies handbook, Guidelines for conservancy management planning en School conservancies, gaan na www.conservancies.org, of tree met u naaste bewaringsgebied in verbinding. • ’n Nasionale nuusbrief, NACSSA NEWS, word uitgegee en per e-pos aan belanghebbendes gestuur. • Talle bewaringsgebiede produseer hul eie nuusbriewe, bywerkings wat noodsaaklike leesstof uitmaak, pamflette, handboeke, riglyne, asook inligting oor projekte en idees vir bewaringsgebiede. Voorbeelde van sulke nuusbriewe is KZN se The Guinea fowl en Gauteng se The Ear to the Ground. • Die KwaZulu-Natalse Bewaringsdiens versprei ’n boekie, Guidelines for the formation of a conservancy, en het ’n magdom raad oor waar om te begin, hoe om ’n konstitusie op te stel, ensovoorts. Tel: 033 845 1999. • Share-Net is ’n informele netwerkprojek wat in Suid-Afrika gesetel is en wat omgewingsonderwys en ontwikkeling in die SAOG-streek ondersteun. Vir meer inligting, tree met die Share-Net-span in verbinding deur 033 330 3931 te skakel, of ’n e-pos aan [email protected] te stuur. Trafford Petteron (Nasionale Vereniging van Bewaringsgebiede en Rentmeesterskappe van Suid-Afrika); Ivan Parkes (Gautengse Bewaringsgebied- en Rentmeesterskapsve reniging). Ivan Parkes word bedank vir terugvoering oor die konsephoofstuk. hulpbronne en goeie landboupraktyk Biodiversiteit en ekosisteemdienste 1. Oorsig Biodiversiteit beskryf ’n verskeidenheid lewe in ’n gebied, insluitende: • die aantal verskillende spesies • die genetiese rykdom binne elke spesie • die onderlinge verhoudings tussen spesies • die natuurlike gebiede waarin spesies voorkom U kan vra: “Wat het biodiversiteit al ooit vir my gedoen?” Biodiversiteit voed ons en voorsien aan ons: brandstof- en energiebehoefte s, klerasie, beskutting en maak ons gesond. Sonder biodiversiteit sal daar nie bome wees vir houtkappery, gewasse vir landbou, of vis vir kommersiële of bestaansboere nie. Die kruisbestuiwing van gewasse of selfs wildlewe vir toerisme sal nie daarsonder moontlik wees nie. Daar word gereeld na hierdie voordele van biodiversiteit verwys as ekosistemiese goedere en dienste. Hierdie “dienste” word as volg gekategoriseer: • Voorsiening – biodiversiteit voorsien alle lewende organismes van water, voedsel, brandstof, medisyne en vesels. • Regulasie – biodiversiteit en gepaardgaande lewe-instandhoudende ondersteuningstelsels reguleer die klimaat, water en die verspreiding van siektes. • Kultureel – mense moet aan die natuur verbind word. Daar is verskeie geestelike-, estetiese-, ontspannings- en leervoordele. • Lewe-ondersteunende stelsels – produksie, grondvorming en nutriëntsiklusse. Eenvoudig gestel, sonder biodiversiteit sal die onderhoud van lewe nie moontlik wees nie Enige biodiversiteit is ook direk verwant aan die kwaliteit lewe wat u kan verwag. Oorweeg die volgende: • Sekuriteit – insluitend toegang tot hulpbronne en beskerming teen rampe in die natuur. • Basiese behoeftes – insluitend die vermoë om ’n bestaan te voer of te bestaan, voldoende voedsel, die verskeidenheid in voedingswaarde, beskutting en toegang tot goedere. • Gesondheid – insluitend sterkte en die vermoë om goed te voel, asook toegang tot skoon lug en water. • Goeie sosiale verhoudings – insluitend sosiale kohesie, wedersydse respek en die vermoë om ander te help. Bron: ’n uittreksel van die openingsbladsy by www.stewardship.co.za Biodiversiteit is die basis van landbou. Die handhawing van biodiversiteit is noodsaaklik vir die produksie van voedsel, landbougewasse, en al die voordele wat daarmee gepaard gaan – voedselsekuriteit, voeding en die broodwinning van mense. Die “Hulpbronne en Goeie Landboukundige Praktyk” afdeling van hierdie dokument erken dat terwyl landbou bydra tot bewaring en die volhoubare gebruik van biodiversiteit, dit tog ook ’n groot drywer agter die verlies van biodiversiteit is. Wat kan daaromtrent gedoen word? Die leser sal merk dat daar inligting in ander dele in die boek is wat net so wel in hierdie afdeling kon wees byvoorbeeld die inligting oor die beste manier om bemestingstowwe te gebruik (sien “Bemesting” hoofstuk). Verskeie hoofstukke soos Biobestryding, Hernubare Energie en Reënwater is na die “Insette”-afdeling geskuif sodat dit meer aandag kan geniet.