9
a) Die skepping van vennootskappe dwarsdeur die hele
waardeketting – van grondstofvoorsieners tot markverspreiders.
Hierdie vennootskappe of hulle nou privaat tot privaat of openbaar
tot privaat is, word gesien as instrumente wat die landbou-industrie in
Afrika as geheel kan versterk.
Regerings in Afrika moet daartoe verbind wees om beduidend
b)
meer gunstige landboubeleid daar te stel wat instaatstellende
omgewings kan skep vir landbou en landboubesighede om globaal
meer mededingend te wees. Handelsooreenkomste en regulatoriese
wetgewing moet geharmoniseer word op ’n streeksbasis.
c) Infrastruktuurontwikkeling en energietoegang is fundamenteel vir
die groeiproses. Afrika het ’n behoefte aan belegging in infrastruktuur
om markte aan die gang te kry, en belegging in energie, veral skoon
en hernubare energie, om produksie, prosessering, berging en
verspreiding aan te dryf.
d) Markbenutting en -toeganklikheid sal ’n sleutelkomponent in
die volhoubare ontwikkeling van Afrika-landbou wees, om plaaslike,
streeks en globale markdinamiek te verstaan, om waarde toe te voeg,
kwaliteit te verbeter, om gou te innoveer en vinnig by markaanvraag
aan te pas, om saam druk uit te oefen vir handelshervorming vir die EU
en ander na oop markte en handelstruikelblokke uit die weg te ruim en
inter-Afrika-markte en handel te ontwikkel.
e) Doeltreffende en innoverende risiko-delende modelle om toegang tot
krediet te fasiliteer word ontwikkel en is reeds suksesvol bewys. Die
modelle moet beduidend uitgebrei word aangesien toegang tot krediet
een van die grootste beperkende faktore bly wat die ontwikkeling
van Afrika-landbou die hoof moet bied. Kommersiële finansiers, soos
die banke, asook Ontwikkelingsfinansieringsinstellings (Development
Finance Institutions – DFI’s) en selfs die skenkergemeenskap kan ’n
vername rol speel deur hulle pogings as vennote en gekoördineerd
aan te bied. Dit is ook nodig om te kyk na die rol en hervorming van
instellings, veral die rol van sentrale banke
f) Navorsing en ontwikkeling is ’n noodsaaklikheid vir landbouontwikkeling nie net om produksie en produktiwiteit na veel hoër
vlakke op te stoot nie, maar ook om toegevoegdewaarde-prosesse en
produkkwaliteit te verbeter. Die behoefte aan wetenskaplike N&O sal
sekerlik vereis dat alle partye wat betrokke is, beide die privaat sektor
en die regering, soliede maatreëls daarstel om hulle belanghebbers te
onderrig oor die waarde van N&O en hoe nuwe benaderings, insluitende
biotegnologie, ’n waardevolle bydrae kan lewer tot landbougroei.
g) Onderliggend aan baie van wat al genoem is, is die feit dat, ten spyte
van Afrika se groot steun op landbou vir sy BNP (~35%), slegs ’n
handjievol lande (ongeveer 5) 10% van hulle jaarlikse begrotings belê
in landbou-ontwikkeling, gegewe dat die Afrika-regeringsleiers die
Maputo Declaration, onderteken het, wat hulle verbind het tot hierdie
doel. Belegging deur Afrika-regerings in landbou sal ’n baie
duidelike teken gee aan die privaat sektor en belegging van die privaat
sektor sal sekerlik daarop volg.
Bron: Agro-allied industry development across Africa, ’n aanbieding wat in 2011
gelewer is voor die Africa Economic Forum, en Opportunities through agricultural
restructuring and integration of smallholders in the agro-food chain, in 2012 in
Brussels.
Die enkele belangrikste fokus sal moet wees op die opgradering van
landelike infrastruktuurnetwerke en die daarstelling van streeksmarkte.
Regoor die streek, is landbouproduksie besig om in per capita-terme
te verbeter. Die rede daarvoor lê daarin dat daar redelik positiewe
ekonomiese groeikoerse was en dat mense meer geld het om op voedsel
te spandeer. Die grootste toename is egter in die hoeveelheid voedsel
wat ingevoer word. Dit is omdat boere nie hulle produkte by die stedelike
sentrums kan kry nie en dus moet die voedsel van buite kom.
Afrika se beleidmakers moet munt slaan uit die tegnologie en hul eie
tegnologiese oplossings ontwikkel. By navorsingsinstellings in Afrika word
baanbrekerswerk gedoen in besproeiing wat ’n omwenteling te weeg kan
bring in die wyse waarop stapelvoedsel verbou word. Met kunsmis kan
arm grond vrugbaar gemaak word, danksy nuwe variëteite kan groter
oeste gelewer word, en as gevolg van die nuutste boerderytegnieke is
sekere prosesse baie doeltreffender. Dit kan in Afrika gedoen word, en
dit is reeds hier gedoen. Malawi se mielieproduksie het in minder as ses
jaar van twee miljoen ton per jaar tot meer as 3,5 miljoen ton per jaar
gestyg, en Malawi kon mielies na sy buurlande uitvoer.
Daarom is ek ondanks talle struikelblokke steeds optimisties oor landbouontwikkeling in Afrika. Ons vasteland is twaalf keer so groot as Indië en
ons bevolking is die helfte kleiner. Vergeleke met ander gebiede in die
wêreld beskik lande in Afrika suid van die Sahara, op enkele uitsonderings
na, oor volop bewerkbare grond. Daarby bestaan al die nodige tegnologie
reeds, waarvan die suksesvolle kweek van beter variëteite kassawe,
rys en mielies getuig. Ek is oortuig dat ’n groter landbouwonderwerk
hier in Afrika moontlik is as die een wat in die 1970’s en 1980’s in Asië
gebeur het, mits landbou-ontwikkeling met toewyding, die regte beleid
en die jongste tegnologie aangepak word. Dit kan buitendien op ’n
omgewingsvriendelike en volhoubare manier plaasvind.
Bron: Joaqim Chissano, voormalige Mosambiekse president
5. Streeks- Ekonomiese gemeenskappe
(“Regional Economic Communities” – REC’s)
Daar is tans verskeie streeksblokke in Afrika wat ook bekend staan as
Streeks- Ekonomiese Gemeenskappe (Regional Economic Communities
– REC’s), en waarvan die lede dikwels oorvleuel.
Die meeste van hierdie REC’s vorm die “pilare” van AEC. Die oogmerke van
die AEC is vryehandelsgebiede, doeane-unies, ’n enkele mark, ’n sentrale
bank, en ’n gemeenskaplike geldeenheid – wat neerkom op ’n ekonomiese
en monetêre unie.
’n Doeane-unie is ’n vryhandelsgebied met ’n gemeenskaplike eksterne
tarief. Daar bestaan doeane-unies binne hierdie REC’s, byvoorbeeld die
Suider-Afrikaanse Doeane-unie of Southern African Customs Union (SACU),
die East African Community, die Economic and Monetary Community of Central
Africa (CEMAC), en die West African Economic and Monetary Union (UEMOA).
Nie alle REC-lidlande is noodwendig lid van die doeane-unie wat binne die
betrokke REC werksaam is nie.
CEN-SAD (“Community of Sahel-Saharan States”)
Benin
Burkina Faso
Sentraal-Afrikaanse
Republiek
Tsjad
Comore
Ivoorkus
Djiboeti
Egipte
Eritrea
Bron: Prof. Nick Vink van die Universiteit Stellenbosch, www.ngopulse.org/article/
time-prioritise-farming
Bystand alleen sal nie armoede in Afrika uitwis nie. Beter marktoegang,
billike handelsvoorwaardes, en ’n finansiële stelsel wat nie diskrimineer
nie is noodsaaklik om Afrikane uit hul armoede en ontbering op te hef.
Die pad na voorspoed begin op die landerye van ons boere ... Ons boere
het beter saad, beter grond en beter pryse vir hulle produkte nodig. Hulle
moet toegang verkry tot water, markte en krediet. Daar moet nasionale
beleide wees wat ekonomiese groei, belegging en werkskepping op die
platteland sal bespoedig.
Gewese sekretaris-generaal van die VN, Kofi Annan
Gambië
Ghana
Guinee
Guinee-Bissau
Kenia
Liberië
Libië
Mali
Mauritanië
Marokko
Niger
Nigerië
São Tomé en Príncipe
Senegal
Sierra Leone
Somalië
Soedan
Tunisië
Togo
“Arab Maghreb Union” – UMA
www.maghrebarabe.org/en/
Algerië
Libië
Mauritanië
Marokko
Tunisië
“Economic Community of West African States” – ECOWAS
www.ecowas.int
Benin
Burkina Faso
Kaap Verde
Ivoorkus
Gambië
Ghana
Guinee
Guinee-Bissau
Liberië
Mali
Niger
Nigerië
Senegal
Sierra Leone
Togo