8
inleiding
Afrika en die landbou
1. Inleiding
Dit is toepaslik vir hierdie boek om te begin met ’n hoofstuk oor die
kontinent wat ons tuiste is – Afrika. Ons is eers mens, dit is waar, maar
Afrika is die plek wat aan ons konteks gee, ons pyn ervaar en sukses behaal,
ons die geleenthede gegun word om te groei.
Die webwerwe wat in hierdie hoofstuk gelys is, veral dié van finansiële en
beleggingsmaatskappye, skets ’n fassinerende prentjie van die kontinent. Dit
is ’n laslappiekombers van 54 lande (of meer, afhangende van u politieke
siening) en sluit onder meer van woestyne tot tropiese woude in.
Ses van die tien vinnigste groeiende ekonomieë van die wêreld is hier. Met
uitsondering van Suid-Afrika, meet sub-Sahara Afrikalande ’n gemiddelde
groeikoers van meer as 5%, en baie sien die kontinent as ’n nuwe
beleggingsbestemming. Daar was baie opwinding oor groeivooruitsigte vir
Afrika grootliks gebaseer op die ekstraksie-industrieë – olie, mynbou en gas.
Die ongekultiveerde vrugbare grond en teenwoordigheid van water maak
dit ’n verdere aantreklike hulpbron.
Almal deel nie in hierdie optimisme nie: Afrika het in 2011 slegs 5,5% van
wêreldwye Foreign Direct Investment (FDI) ontvang. Miskien moet Afrika
begin om sy storie beter te vertel. Hy kan ook op vier dinge konsentreer:
regeringstabiliteit; die versterking van regeringsoewereiniteit; die versterking
van onderwys; die uitroei van korrupsie. Dit is ook van toepassing op SuidAfrika. Lagos, Nairobi, Abidjan en ander word net so belangrik as poorte
in Afrika in!
“Afrika is besig om ’n voorkeurbeleggingsbestemming te word, ’n
potensiële pool vir globale groei en ’n plek van geweldige innovasie en
kreatiwiteit. Maar daar lê nog ’n lang pad voor en Afrika se regerings
moet dringend hulle aandag skenk aan dié wat agtergebly het”.
Die vorige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Kofi Annan, stel
in 2012 die Africa Progress Panel bekend.
3. Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling
– NEPAD
Die eNuusbrief, NEPAD Dialogue, is beskikbaar in Engels, Frans en Portugees.
Indien u belangstel om dit te bekom, kontak asseblief NEPAD deur te skryf
na [email protected].
Die New Partnership for Africa’s Development (NEPAD), ’n Afrika-unie
strategiese raamwerk vir pan-Afrika sosio-ekonomiese ontwikkeling is beide
’n visie en ’n beleidsraamwerk vir Afrika in die een-en-twintigste eeu.
NEPAD bestuur ’n aantal programme en projekte in ses tema-areas:
• Landbou en Voedselsekuriteit
• Klimaatsverandering en Nasionale Hulpbronbestuur
• Streeksintegrasie en Infrastruktuur
• Menslike Ontwikkeling
• Ekonomiese en Korporatiewe bestuur
• Dwarssnitkwessies, insluitende Gender, Kapasiteitsontwikkeling en
IKT
’n Geskiedenis van NEPAD en besonderhede van NEPAD se bestuurstrukture
kan op die webwerf gekry word.
NEPAD Planning and Coordinating Agency (NPCA)
Tel: 011 256 3600
www.nepad.org
Comprehensive African Agriculture Development Programme
(CAADP)
Die staatshoofde en regerings in Afrika het die “Comprehensive
Africa Agriculture Development Programme” (CAADP) as raamwerk
vir die herstel van groei in die landbou, landelike ontwikkeling en
voedselsekuritieit in Afrika aanvaar. Deur die CAADP vestig NEPAD die
aandag van lidlande op verskeie maniere om nuwe lewe in die landbou te
blaas en dit bied ook ’n raamwerk vir harmonieuse samewerking.
CAADP se werk word ingedeel in vier pilare, wat elk sleutelkwessies
hanteer
• Pilaar 1: Grond en waterbestuur
• Pilaar 2: Marktoegang
• Pilaar 3: Voedselvoorsiening en honger
• Pilaar 4: Landbounavorsing
Lees meer by www.caadp.net.
2. Die Millenniumontwikkelingsdoelwitte (MOD’s)
In 2000 het 147 staatshoofde en regerings die Millenniumverklaring by die
VN se Millenniumspitsberaad onderskryf. In hierdie verklaring word agt
haalbare doelwitte genoem wat teen die jaar 2015 bereik moet word. Die
oorkoepelende doelwit is om die getal mense in die wêreld wat in uiterste
armoede leef, met die helfte te verminder.
Benewens die agt MOD’s, is daar 18 teikens en 48 aanduiders waaraan
vordering met die nastrewing h