Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 102

100 bemarking en finansiële dienste Veilings – lewende hawe 1. Oorsig Kalenderveilings word weekliks, maandeliks, kwartaalliks of selfs jaarliks gehou by dieselfde plek, deur ’n agent wat die veilings in ’n kalender adverteer. Die plek waar dit plaasvind, is waarskynlik lank gelede gekies en toe ontwikkel en die blote feit dat dit bly voortbestaan, bewys dat daar ’n behoefte aan sodanige veiling bestaan. Verkopers en kopers by die kalenderveiling kan wissel ooreenkomstig wat aangebied word en die behoeftes van beide verkopers en kopers. Die afslaer, bemarkingsbeampte, rekenmeester, die registerklerk (roll clerk) en werkers fasiliteer die veiling. • Die bemarkingsbeampte bekom die lewende hawe vir die veiling, ontvang die diere by die veilingkrale, verdeel die diere in lotte volgens kopers se smaak en werk saam met die afslaer om kopers na die veiling te lok. • Die rekenmeester hanteer die finansiële administrasie wat al die statutêre vereistes, asook die insameling van betalings, finansiering van kopers en betaling van verkopers, insluit. • Die registerklerk (die persoon wat alles opskryf) teken alles akkuraat op: wat verkoop word, deur wie, aan wie en teen watter prys per dier. • Die werkers identifiseer die diere en laai hulle op vragmotors vir aflewering by die kopers. Spesiale veilings word deur ’n verkoper/verkopers aangevra vir die verkoop van ’n deel van of al hulle lewende hawe, plase, en dies meer. Indien die boer sy boerdery opgee, is dit ’n finale uitverkoping. By die Stoetveiling word diere met spesiale teeleienskappe verkoop. Die afslaer, kopers en verkopers sal nou saamwerk met ’n telersgenootskappe wat die diere sal uitsoek ooreenkomstig hul standaarde vir hierdie soort veiling. ’n Stoetveiling word hanteer deur ’n afslaer wat in stoetery spesialiseer. Die Handleiding vir Stoettelers sluit ’n volledige hoofstuk in oor die aantekening van diere en hoe hulle presteer, sowel as die beginsels vir die bemarking van opreggeteelde lewende hawe. U kan meer inligting hieroor kry by www.studbook.co.za, of skakel 051 410 0900. Wildveilings – wild kan ten tyde van ’n ope veiling verkoop word, of deur middel van ’n katalogus. Spesiale reëlings moet getref word vir die vervoer van wild, en die veilingkrale asook hanteringsfasiliteite moet aan bepaalde spesifikasies voldoen. Alle veilings word deur personeel van die NDBV (NSPCA) bygewoon sodat hulle seker kan maak dat die diere behoorlik hanteer word en dat die fasiliteite aan die voorgeskrewe kriteria voldoen. Wanneer lewende hawe uit die hand verkoop word, fasiliteer ’n bemarkingsbeampte of agent ’n direkte transaksie tussen ’n verkoper en koper van lewende hawe. Die transaksie word deeglik opgeteken. Boere kan ook hul diere teen gewaarborgde pryse aan slagpale, voerlotte, en dies meer verkoop, met of sonder die hulp van ’n agent. Die koper word die eienaar van die dier. Kontrakslagtery is van toepassing op slagdiere waarvoor die boer per kilogram betaal word. Die vyfde kwart (die vel, ensovoorts) dien as slagfooi. Rolspelers in die bemarking van lewende hawe • Agente – hulle maak ’n beroep daarvan om transaksies tussen kopers en verkopers te fasiliteer • Verkopers – hulle is primêre en sekondêre produsente • Kopers – slagpale, die handel, voerlotte en spekulante • Finansiers – gewoonlik banke Die mark vir lewende hawe en die verwante waardeketting verteenwoordig die enkel grootste nywerheid in die Suid-Afrikaanse landbousektor. Al die rolspelers in die waardeketting voeg waarde by en help die nywerheid oorleef. 2. Nasionale strategie Landbouprodukagenteraad Agricultural Produce Agents Council (APAC) Tel: 011 894 3680 Faks: 011 894 3761 [email protected] www.apacweb.org.za Ingevolge die Wet op Landbouproduk-agente 12 van 1992, soos gewysig, moet agente in Suid-Afrika by APAC registreer. Lede van hierdie raad word deur die Minister van Landbou en Grondsake aangestel. Die doel van die raad is om drie kategorieë van landbouprodukte-agente te reguleer, naamlik varsprodukteagente, lewendehawe-agente en uitvoeragente. Departement Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV) Direktoraat: Bemarking Tel: 012 319 8455 www.daff.gov.za Veilings word in die bespreking oor die bemarking van lewende hawe in Opleidingsverslag Nr 7 van die uiters handige reeks, Agricultural Marketing Extension, ingesluit. Soek dit op by www.daff.gov.za, kies die opsies “Publications” en “General